top of page

The Gazette

Mel Die Storieverteller bring ‘Dik Deurmekaar’ na Klerksdorp - 7 Mei

Klerksdorp, hou vas aan julle hoede


Op 7 Mei 2025 gaan dinge Dik Deurmekaar raak in Klerksdorp wanneer Mel die Storieverteller haar tweede eenvrou-vertoning by die Steadfast Life Church (op die hoek van Cory- en Visserstraat, La Hoff) aanbied. Hierdie nuwe stuk is nie sommer net ‘n gewone show nie, dis ‘n mengsel van stand-up comedy, nostalgiese stories en ‘n bietjie chaos… die lekker soort chaos.


Van klas toe chaos toe

In haar kenmerkende styl vertel Mel van daai eerste keer toe sy ‘deurmekaar’ gevoel het in Juffrou Draak se klas, ‘n ervaring wat blykbaar die res van haar skoolloopbaan gevorm het. En van daar af het dinge net meer deurmekaar geraak: matriekafskeide, hare wat nie wil werk nie, en die lewe se ander curveballs.


Visvang en fancy karre ook op die spyskaart

Mel deel ook haar skewe (maar skerp) kyk op die wêreld: van mense wat te veel worry oor wie wie like, tot ouens wat visvang asof dit ‘n sport is, tot hoekom slimfone en 'straight couples' haar soms laat kop krap. Dis snaaks, ja, maar ook bietjie waar.


Alles behalwe ‘n plan

Wat hierdie vertoning spesiaal maak, is dat daar altyd ruimte is vir ‘n bietjie improv. Mel hou daarvan om met die gehoor te chat, so moenie verbaas wees as jou eie storie dalk in haarne beland nie. Dis juis daai spontaniteit wat maak dat geen twee shows dieselfde is nie.


Belangrike details

🗓️ Datum: 7 Mei 2025

📍 Venue: Steadfast Life Church, Klerksdorp

🕖 Vertoning begin: 19:00

🚪 Deure oop: 18:00

🎟️ Kaartjies: R180 per persoon

🚫 Ouderdomsbeperking: Geen kinders onder 16

⏱️ Duur: 70-80 minute, geen pouse


Kaartjies is beskikbaar via Quicket:


Kontakbesonderhede

🌐 Website: meldiestorieverteller

📱 WhatsApp: Colleen – 061 537 8435

📞 Selfoon: Colleen – 061 537 8435


As jy nog nooit vir Mel live gesien het nie, dis dalk tyd. Dis dalk bietjie deurmekaar, maar dis ook dik pret.

ree

Comments

Rated 0 out of 5 stars.
No ratings yet

Add a rating

Our Socials

  • Twitter
  • Youtube
  • Instagram
  • Facebook
  • TikTok

Rights Reserved - The Go-To Guy © ™ (Pty) Ltd 2018 - 2024

Site design and built by Digital Guy

Trademarks Registered CIPC 

Download Our App

google-play-badge-zc_edited_edited_edite

Contact Us: theguy@thegotoguy.co.za

Mia meent, Unit 5

17a Palmiet Street, Potchefstroom

A Few of Our Clients

WhatsApp Image 2024-11-27 at 09.28.30.jpeg
WhatsApp Image 2024-07-19 at 12.28.51.jpeg
369731994_707654494713529_3891009674814759362_n.jpg
438173397_853872976759746_4868760365258440028_n.jpg
328944114_494721249527544_808944456258605501_n (1).jpg
464089070_1055669206348560_5104816180158623830_n.jpg
378890902_217177861350232_4639266243132568662_n (1).jpg
Untitled design (23).png
326134127_1115296055820979_3465257108086407162_n (1).jpg
WhatsApp Image 2025-06-19 at 14.18.02.jpeg
305575021_489423449860897_35481771562383
365626055_697893672359203_3798341232106295039_n.jpg
289627124_437869745011710_8405690850303357096_n.jpg
414474461_779812977493972_2731317494775231884_n.jpg
360157162_763917828863271_4926442861230007361_n.jpg
301963526_491307046333575_4220339095931269264_n.png
420200119_10161581655332603_8341872840245886307_n.jpg
301115582_2022615814592943_5205340550469896770_n (1).jpg
bottom of page