Monique West Live by The Greenhouse Garden Café - 16 Augustus
- Amanda Bekker

- Aug 12
- 1 min read
Op Saterdag 16 Augustus 2025 gaan Parys se Waterstraat bietjie meer klank en kleur kry. Die Greenhouse Garden Café hou ‘n live musiekmiddag van 13:00 tot 16:00 met niemand anders as Monique West nie. Sy is bekend vir haar mix van rock, pop, Afrikaans, country, indie en alternative, so daar gaan vir almal iets wees om saam te neurië of sommer hardop te sing.
Wat jy vir jou R250 kry
Die kaartjies kos R250 per persoon, en ja, dit sluit middagete in. Dis nie net ‘n bord kos en klaar nie, dis ‘n middag se entertainment wat jy kan beleef saam met vriende, familie of sommer net vir jouself as jy bietjie “me time” soek. Die venue is by 14 Waterstraat, Parys, en die plek is bekend vir sy kwekery, tuinwinkel en natuurlik sy koffie.
Hoe om jou plek te verseker
Kaartjies is beperk, so dis nie een van daai events waar jy op die dag kan besluit en nog ‘n sitplek kry nie. Vir besprekings kan jy sommer direk WhatsApp stuur na 084-515-1214. Dis makliker as om jou bank-app oop te maak en probeer onthou wat jou password is.
The Greenhouse Garden Café is nog redelik nuut (gestig in 2024), maar het vinnig ‘n naam gemaak as ‘n lekker kuierplek met ‘n tuin vibe. Dis ‘n kombinasie van plante, koffie en nou ook musiek, amper soos jou tannie se kombuis, maar met beter akoestiek.










Comments