’n Smullekker Gebaar vol Waardering!
- Yolandi Botes

- 4 hours ago
- 1 min read
🍕🍕🍕🍕🍕🍕🍕🍕🍕🍕
Laerskool Goudkop wil graag ’n groot en opregte dankie sê aan Hoërskool Wesvalia vir die heerlike bederf wat ons nuutverkose Leerderraad onlangs ontvang het.

Wesvalia het ons leerders verras met vars, smaaklike pizzas, ’n gebaar wat beslis nie ongesiens verby gegaan het nie! Hierdie spesiale oomblik het nie net hul dag opgevrolik nie, maar het ook gewys hoe sterk vennootskappe tussen skole ’n positiewe invloed op leerderontwikkeling en -verhoudinge kan hê.
Ons Leerderraad het hulself reeds onderskei as leiers van gehalte, en sulke erkenning motiveer hulle om met nog meer ywer, trots en verantwoordelikheid hul nuwe rolle te vervul.
Baie dankie, Hoërskool Wesvalia, vir julle bedagsaamheid, ondersteuning en vir die manier waarop julle jong leiers help inspireer!
’n Klein gebaar, ’n groot indruk.









Comments