top of page

The Gazette

Nuwe klank, nuwe energie: Demi Lee Moore verras met ‘Daai Gevoel’

Met haar album “Klein Dingetjies”, wat verlede jaar uitgereik is, het Demi Lee Moore haar plek as een van die grootste name in Afrikaanse musiek verder versterk. Sedertdien het Demi Lee se lewe ook op ’n persoonlike vlak verander. Benewens haar suksesvolle musiekloopbaan, het sy ’n nuwe en kosbare titel bygekry – dié van ma vir haar klein seuntjie.


Image (Facebook) : Demi Lee Moore
Image (Facebook) : Demi Lee Moore

Nou, byna ’n jaar ná haar laaste musiekvrystelling, is sy terug met ’n splinternuwe enkelsnit wat reeds die potensiaal het om een van die grootste liedjies van haar loopbaan te word. “Daai Gevoel” is ’n energieke, opbouende liefdesliedjie wat deur die geliefde en ontslape liedjieskrywer Johan Oberholzer geskryf is. Dié liedjie dra besondere betekenis vir Demi Lee, wat jare lank met Johan bevriend was.


Hy was ook die skrywer van haar deurbraakwenliedjie, “Mis Eet Slaap Herhaal”, waarmee sy die eerste seisoen van Die Kontrak gewen het. “Dit is en sal altyd ’n voorreg bly om ’n liedjie uit Johan se pen te sing. Hy het net ’n manier gehad om met woorde te speel.


Ek glo vas ek sou nie wees waar ek vandag is sonder Johan se liedjies nie. Hy het my so goed verstaan. Dis ’n voorreg om sy musiek te kan laat voortleef,” sê Demi Lee. Met “Daai Gevoel” waag Demi Lee haarself doelbewus buite haar musikale gemaksone en verken sy nuwe klankelemente wat haar luisteraars moontlik nie van haar sou verwag nie.


“Ek voel dit is altyd nodig. Hoe gaan ’n mens ooit groei as jy nie buite jou gemaksone beweeg nie? Hoe gaan jy weet of daar meer is wat jy kan vermag?” Die liedjie handel oor daardie onbeskryflike gevoel wat mense laat leef, glimlag en hulself vry laat voel. Hoewel die liedjie se kern oor liefde gaan, kan luisteraars hul eie betekenis daarin vind.


“Daai gevoel kan iemand wees, dit kan wees om te dans, om te sing, om net te leef sonder dat jy omgee wat mense dink. Dit kan ’n herinnering aan ’n goeie vakansie wees, dit kan ’n liedjie wees – dit kan enigiets wees,” verduidelik sy.


Die boodskap wat sy met die liedjie wil oordra, is eenvoudig maar kragtig: “Ek hoop mense laat hulself toe om bietjie buite die boks te doen en te dink en nie hulself te briek deur vrees of onsekerheid nie. Doen dit net! En ek hoop hulle gaan lekker dans.”


Image(Facebook) : Demi Lee Moore
Image(Facebook) : Demi Lee Moore

Die vrystelling word vergesel deur ’n indrukwekkende musiekvideo waarin Demi Lee vir die eerste keer haar dansskoene aantrek. Sy deel die skerm met die professionele danser Jac-Louis Snyman, iets wat aanhangers nog nooit van haar gesien het nie. “Ek het nooit in my lewe gedink ek sou dans nie en hier dans ek tog te lekker! Ek dink as ’n nuwe ma het ek net gevoel ek wil die beste weergawe van myself word, en deur dit myself druk om dinge buite die boks te doen.”


Die produksie van die musiekvideo was geen geringe taak nie. Die opname het oor byna vier-en-twintig uur gestrek en is op drie verskillende stelle verfilm. Ten spyte van die lang ure, koue toestande en fisiese uitdagings, beskryf Demi Lee dit as een van die mees vervullende ervarings van haar loopbaan.


“Dit was die beste ervaring. Dit was moeilik en dit was baie lang ure. Ons was in pyn en het so koud gekry, maar absoluut elke bietjie was die moeite werd. Die danser Jac-Louis was só gaaf en het my so mooi gehelp en regtig net ’n wonderlike energie na die stel gebring.”


Die choreografie vir die video is behartig deur Keenan, dieselfde choreograaf en vriend wat verantwoordelik was vir die ‘viral’ dansroetine in Demi Lee se musiekvideo vir “Hart Breek”. Met ’n vars klank, ’n inspirerende boodskap en ’n visueel indrukwekkende musiekvideo, wys Demi Lee Moore weereens waarom sy een van die mees geliefde en dinamiese kunstenaars in die Afrikaanse musiekbedryf is. Demi Lee Moore - Daai Gevoel


Luister Demi Lee Moore se musiek hier YouTube : Kliek Hier Spotify : Kliek Hier Apple Music : Kliek Hier

Comments

Rated 0 out of 5 stars.
No ratings yet

Add a rating

Our Socials

  • Twitter
  • Youtube
  • Instagram
  • Facebook
  • TikTok

Rights Reserved - The Go-To Guy © ™ (Pty) Ltd 2018 - 2026

Site design and built by Digital Guy

Trademarks Registered CIPC 

Download Our App

google-play-badge-zc_edited_edited_edite

Contact Us: 

guy@thegotoguy.co.za

Mia meent, Unit 5

17a Palmiet Street, Potchefstroom

Proudly Supporting

437534739_949282600536083_5430138278526729757_n.jpg
Copy of Copy of Dark Blue Minimalist Rugby Match Instagram Post (1).png
480508683_613349784788292_687399541913790447_n.jpg

A Few of Our Clients

WhatsApp Image 2024-11-27 at 09.28.30.jpeg
462851564_122176550930146076_5897628943819649802_n.jpg
369731994_707654494713529_3891009674814759362_n.jpg
438173397_853872976759746_4868760365258440028_n.jpg
328944114_494721249527544_808944456258605501_n (1).jpg
464089070_1055669206348560_5104816180158623830_n.jpg
378890902_217177861350232_4639266243132568662_n (1).jpg
360157162_763917828863271_4926442861230007361_n.jpg
326134127_1115296055820979_3465257108086407162_n (1).jpg
WhatsApp Image 2025-06-19 at 14.18.02.jpeg
305575021_489423449860897_35481771562383
365626055_697893672359203_3798341232106295039_n.jpg
289627124_437869745011710_8405690850303357096_n.jpg
574454283_122093287503106135_1417410876318841312_n.jpg
Copy of Copy of Dark Blue Minimalist Rugby Match Instagram Post (2).png
301963526_491307046333575_4220339095931269264_n.png
420200119_10161581655332603_8341872840245886307_n.jpg
301115582_2022615814592943_5205340550469896770_n (1).jpg
bottom of page