top of page

The Gazette

Pampoenfeestyd! by Diggers Inn Pub and Grill

Baie van ons wat al daar op die Rysmuurbult pad gery het, het al die Diggers Inn Pub and Grill gesien, gewoonlik bord wat aanwys watter kunstenaar daar optree of watter aktiwiteit die gesellige mense van Diggers Inn aanbied, en party van ons het al lekker koue een daar gedrink ook.


As jy na hulle Facebook blad ook gaan kyk sal jy sien hulle het altyd iets interresant aan die gang, en onlangs het hulle ook nuwe kinder speel area gemaak, waar die jongspan sommer hope pret kan geniet.


ree

Iets wat ons oog gevang het is hulle Pampeonfees wat in maart 2023 plaasvind, dit klink sommer lekker net om die woord oor jou tong te laat rol... Die Pampoenfees beloof nie net om vet pret te wees nie, maar daar is ook groort prys van R10,000 op die spel vir die grootste Pampoen, e4n jy kan selfs by Diggers In plantjies koop om aan jou monster te werk.



ree

Vir interresantheid het ons gaan kyk wat is die grootste pampoen in Suid Afrika op rekord, en volgens tannie Google is dit asemrownde 904.5 kilogram, dis amper een ton! en die rekordhouer is van Mosselbaai, Willem Le Grange.


Dan is daar natuurlik die meneer van alle Pampoene wat die wereldrekord is op 1,226 kilogram, met die rekord wat gehou word deur Italianer met die naam Stefano Cutrupi, dit volgens die Guinness World Records blad.



ree


Volgens OpenAI se Kunsmatige Intiligensie Algoritme (Artificial Intelligence) wat ons gevra het wat jy moet doen as jy die groot menere wil plant en groei is die volgende belangrik:

  • Begin met goeie kwaliteit sade, en kyk vir variante wat al voorheen groot pampoene opgelewer het.

  • Maak seker dat jy spasie het om die pampoen te groei, en as jy die pampoen op stelasie gaan plant maak seker dat jy die eind gewig in gedrang neem, onthou as jy groot begin gaan raak die pampoen nogal swaar.

  • Verskaf aan jou pampoen genoeg water, en voedselstowwe om te verseker dat jou pampoentjie sommer lekker groei.

  • Maak seker dat jy die pampoen area om jou pampoen skoon hou en weg van ander plante af, wat sal verseker jou pampoen is die gulsige een wat al die voedselstowwe kry, jy wil seker maak vettie is lekker vol ten alle tye.

  • Beskerm jou pampoen van die weer, wind, hael ensomeer, jy gaan jou pampoenkind mooi moet oppas.

Die wat al pampoene gegroei het sal jou vertel dat al is jy dalk nie die swaarste pampoen van die dag nie, is dit verskriklik lekker om te sien hoe jou pampoen groei en om die heeltyd na jou pampoen om te sien, dis amper soos jou troeteldier.


So kry daardie sade, plant jou plant en raak betrokke by Diggers Inn se Pampoenfees, hulle gaan al die pampoene wat gegroei word ook skenk aan goeie doel, kontak hulle op die volgende besonderhede om te hoor hoe jy kan betrokke raak by die kompetisie... hoop ons almal kry krulhare :)


ree





 
 
 

Comments

Rated 0 out of 5 stars.
No ratings yet

Add a rating

Our Socials

  • Twitter
  • Youtube
  • Instagram
  • Facebook
  • TikTok

Rights Reserved - The Go-To Guy © ™ (Pty) Ltd 2018 - 2024

Site design and built by Digital Guy

Trademarks Registered CIPC 

Download Our App

google-play-badge-zc_edited_edited_edite

Contact Us: theguy@thegotoguy.co.za

Mia meent, Unit 5

17a Palmiet Street, Potchefstroom

A Few of Our Clients

WhatsApp Image 2024-11-27 at 09.28.30.jpeg
035c03_2458bf672ec84a8ba9efaf95e692ae16~mv2.avif
369731994_707654494713529_3891009674814759362_n.jpg
438173397_853872976759746_4868760365258440028_n.jpg
328944114_494721249527544_808944456258605501_n (1).jpg
464089070_1055669206348560_5104816180158623830_n.jpg
378890902_217177861350232_4639266243132568662_n (1).jpg
Untitled design (23).png
326134127_1115296055820979_3465257108086407162_n (1).jpg
WhatsApp Image 2025-06-19 at 14.18.02.jpeg
305575021_489423449860897_35481771562383
365626055_697893672359203_3798341232106295039_n.jpg
289627124_437869745011710_8405690850303357096_n.jpg
574454283_122093287503106135_1417410876318841312_n.jpg
437537042_869865608488120_7118457527164040386_n.jpg
301963526_491307046333575_4220339095931269264_n.png
420200119_10161581655332603_8341872840245886307_n.jpg
301115582_2022615814592943_5205340550469896770_n (1).jpg
bottom of page