Parys Alle Ras Skou 2025: ’n Plaasfees vir Almal - 1 tot 5 September
- Amanda Bekker
- Aug 25
- 1 min read
Skou kom weer na die Vrystaat
Van 1 tot 5 September 2025 verander die Parys AfriDome in ’n plek waar boere, families en sommer net nuuskieriges bymekaar kom. Die Parys Alle Ras Skou is terug, en dis duidelik daar gaan weer baie gebeur, van groot beeste tot klein konyne.
Wat kan jy verwag?
Die program is propvol verskillende kompetisies en vertonings:
Verskeie bees kampioenskappe
Brahman Nasionale Veiling op Vrydag 5 September
Kleinvee prestasie kampioenskap
Konynskou en pluimveeskou
Informele perdeskou
Daarby kry die South African Boerboel Breeders Society ook ’n kans om hulle honde se krag en trots te wys, spesifiek op 5 en 6 September.
Interras Kampioenskap en Dinee
Op Donderdag 4 September word die Interras Kampioenskap beslis. Die wenners word nie net in die ring aangekondig nie, maar ook by die aand se dinee. Dinee kaartjies kos R400 per persoon.
Skouplek en besonderhede
Venue: AfriDome, 4 Allenby St, Parys
Datum: 1 – 5 September 2025
Kontakpersoon: Lizette Vermaak
Selfoon: 082-412-2868
E-pos: lizette@alfaexpo.com
Geen ticket site nie, maar maklik om plek te kry
Daar is nie ’n webtuiste of aanlyn kaartjieverkope nie, so almal moet sommer direk vir Lizette kontak. Sy is die persoon wat weet wie, wat en waar, en natuurlik, spasie is beperk, so dis wys om vroeg te bespreek.
Die skou bring nie net telers en boere saam nie, maar dis ook ’n lekker gesinsuitstappie. ’n Bietjie plaasstof, ’n bietjie kompetisie en baie geselska, dis hoe die Parys Alle Ras Skou bekend geword het.

Comments