top of page

The Gazette

Potch Geesfees: Die fees waar jy wou wees

“Ons het die G-E-E-S! Ons het die S-P-A-N!” 


Met ‘n laaste rukwind en en-chore het Potch Geesfees 2025 tot 'n einde gekom - en wat ‘n suksesvolle een was dit nie! Met die tema, Ploeg Terug, het feesgangers behoorlik uitgehaal en gewys hoe diep hul harte (en beursies) is.

 

Foto (Potch Gazette): Feesgangers sokkie dat die stof so staan
Foto (Potch Gazette): Feesgangers sokkie dat die stof so staan

Voete, vellies en feesviering

Vandat die hekke Vrydag (29 Augustus) om 14h00 oopgemaak het tot Bok van Blerk se vertoning op Saterdag om 20h00, was daar nie ‘n oomblik wat daar nié voete was by Lekwena Privaat Wildreservaat. Hierdie twee dae het vele feesgangers gesien - van die kleinste babatjie wat deel is van die Aarbeie-en-Room stalletjie, tot ouma en oupa wat die jongspan wys hoe om behoorlik te skoffel, Potch Geesfees 2025 was ‘n naweek vir die hele gesin. Dié twee dae het tussen 3500 en 4000 feesgangers gesien - getalle wat boekdele spreek.


Foto (Potch Gazette): Heerlike vars aarbeie was te koop
Foto (Potch Gazette): Heerlike vars aarbeie was te koop

Daar het meer as stof gewaai

Soos met elke fees, was daar natuurlik ‘n paar hoogtepunte. Een daarvan was sonder twyfel toe Niekie Pullen sy hand opgesteek het om sy baard te laat afskeer en opveil ten bate van Helpende Hand se Noordwes Studiefonds. Onder 'n gejuig en harde applous van die skare het Niekie (en sy kleurvolle hemp) die verhoog betree en toe het die hare behoorlik gewaai! Die manne wie vir die baard betaal het, is Nicolaas Erasmus van Newlyn Asset Management en Koos van Tonder van Newlyn Engineering.


Foto (Verskaf): Niekie offer sy baard op
Foto (Verskaf): Niekie offer sy baard op

‘n Stewige bedrag van R20 000 is ingesamel met hierdie inisiatief. Baie dankie, Niekie, vir jou onbaatsugtige opoffering - die Geesfees span, Potchefstroom gemeenskap én Helpende Hand bedank jou. ‘n Groot dankie ook aan Nduna wat gesorg het vir lekker pryse en die inisiatief wat hul geneem het met die fondsinsameling. 


Foto (Verskaf): Die oomblik was te groot om nié te deel nie
Foto (Verskaf): Die oomblik was te groot om nié te deel nie

"Sing met my 'n lied van die lewe"

Die ATKV Sangkompetisie is natuurlik een van die grootste trekpleisters vir dié fees en vanjaar se deelnemers het gewys wat in hul steek. Van vroegmiddag af het hul die skare vermaak, maar dit was op die ou end van die dag Johan Gouws wat die beoordeelaars uit die veld geslaan het met sy stem en het as die wenner van die 2025 ATKV Sangkompetisie weggestap. Wel gedaan, Johan - ons hou hierdie spasie dop. Baie geluk ook aan MG wat derde is en Alchané wat in die tweede plek weggestap het.


Foto (Potch Geesfees Facebook): Die top 3 wenners van die ATKV Sangkompetisie 2025 (MG, Alchané en Johan)
Foto (Potch Geesfees Facebook): Die top 3 wenners van die ATKV Sangkompetisie 2025 (MG, Alchané en Johan)

Foto (Potch Gazette): Die gehoor word vermaak
Foto (Potch Gazette): Die gehoor word vermaak

Die kunstenaar, Roux, was nie net ‘n beoordeelaar tydens die kompetisie nie, hy het self agter die mikrofoon ingeklim en die feesgangers bederf met ‘n paar lekker treffers. “Om ‘n persoon soos Roux, met sy indrukwekkende CV, as kunstenaar én beoordeelaar by vanjaar se Geesfees te hê, spreek boekdele”, het Elbé Visagie, een van die organiseerders, genoem. 


Groot name vir 'n groot fees

Nóg ‘n naam wat die Geesfees verhoog heel non-chalant betree het as beide seremoniemeester én kunstenaar, is Ichnus. “Hy het homself uitstekend van sy taak gekwyt”, is daar na die tyd genoem. Hy bring eersdaags ‘n nuwe liedjie uit en het ‘n deel van dié lied se musiekvideo tydens vanjaar se Geesfees geskiet - hoe spesiaal is dit!


Foto (Verskaf): Die veiling in volle swang
Foto (Verskaf): Die veiling in volle swang

Volgens die organiseerders was daar stalletjies wat uitverkoop het tydens die fees, wat beslis ‘n goeie probleem is om te hê. Dit wys net weer die samehorigheid onder Potchefstromers wanneer daar fondse ingesamel word vir ‘n goeie doel. Die dag het ook mediadekking geniet van name soos Overvaal Stereo, Boermedia en The Go-To Guy. 


Nuwe toevoegings tot die Geesfees

Nog ‘n nuutjie was die Wynroete (wat inkorporeer is met ‘n kuns galery). Feesgangers kon kaartjies koop om op dié roete te gaan waar hulle plaaslike geure wyn kon proe en meer oor die prosesse, wingerde en eienskappe van die spesifieke wyne leer. ‘n Spesiale dank aan al die Someliers en kelders wat tyd uit hul dag geneem het om feesgangers ‘n smakie van die lewe se fyner dinge te gee.


Foto (Potch Gazette): Die wynroete
Foto (Potch Gazette): Die wynroete

SelfieBox het ook húlle nuwe speelding na die fees gebring - die ‘pop-up’ karaoke masjien wat vir ‘n paar vals note en baie lag gesorg het. Die organiseerders kon ook vir so paar minute die hare laat hang en Elbé het besluit om die beste daarvan te maak deur 'n paar mense te vermaak met Dolly Parton se treffer, Jolene, op die einste karaoke masjien.


Foto (Potch Gazette): Die 'pop-up' karaoke masjien het jonk en oud vermaak
Foto (Potch Gazette): Die 'pop-up' karaoke masjien het jonk en oud vermaak

"Hoe sê mens dankie?"

Dankie aan elke liewe besoeker, vrywilliger en organiseerder wat betrokke was by vanjaar se Geesfees. Of jy deel was van die bemarking of kaartjies verkoop het by die hek, hierdie fees sou nie kon plaasvind sonder die inkoop vanaf die plaaslike gemeenskap. Dit is ‘n riem onder die hart om te sien hoe ‘n gemeenskap kan saamstaan vir ‘n groter doel en ons sien uit daarna om deel te wees van die terugploeg.


Merk maar solank jul kalenders vir Potch Geesfees 2026; ons wéét dit gaan nog groter en beter wees!


_______________________________

Johané van Dyk - Potchefstroom


Potch Geesfees 2025 vasgevang


ree


ree

ree

ree

ree

ree

ree

ree

ree

ree

ree

ree

ree

ree

ree

ree

ree

ree

ree

ree

ree

ree

ree

ree

ree

Comments

Rated 0 out of 5 stars.
No ratings yet

Add a rating

Our Socials

  • Twitter
  • Youtube
  • Instagram
  • Facebook
  • TikTok

Rights Reserved - The Go-To Guy © ™ (Pty) Ltd 2018 - 2024

Site design and built by Digital Guy

Trademarks Registered CIPC 

Download Our App

google-play-badge-zc_edited_edited_edite

Contact Us: theguy@thegotoguy.co.za

Mia meent, Unit 5

17a Palmiet Street, Potchefstroom

A Few of Our Clients

WhatsApp Image 2024-11-27 at 09.28.30.jpeg
035c03_2458bf672ec84a8ba9efaf95e692ae16~mv2.avif
369731994_707654494713529_3891009674814759362_n.jpg
438173397_853872976759746_4868760365258440028_n.jpg
328944114_494721249527544_808944456258605501_n (1).jpg
464089070_1055669206348560_5104816180158623830_n.jpg
378890902_217177861350232_4639266243132568662_n (1).jpg
Untitled design (23).png
326134127_1115296055820979_3465257108086407162_n (1).jpg
WhatsApp Image 2025-06-19 at 14.18.02.jpeg
305575021_489423449860897_35481771562383
365626055_697893672359203_3798341232106295039_n.jpg
289627124_437869745011710_8405690850303357096_n.jpg
574454283_122093287503106135_1417410876318841312_n.jpg
437537042_869865608488120_7118457527164040386_n.jpg
301963526_491307046333575_4220339095931269264_n.png
420200119_10161581655332603_8341872840245886307_n.jpg
301115582_2022615814592943_5205340550469896770_n (1).jpg
bottom of page