top of page

The Gazette

Potch vir Dorp van die Jaar? ‘n Goue Kans of ‘n Goeie Grap?

Toe Potchefstroom onlangs aangekondig is as een van die finaliste in Kwêla se gewilde “Dorp van die Jaar”-kompetisie, het dit vinnig blykbaar geword dat ons dorp nie net mooi bome en geskiedenis het nie, maar ook menings met mening. Soos ’n byenês oopgemaak, het inwoners se reaksies oor sosiale media gerol, en dit was allesbehalwe stil of eentonig.


ree

Een dorp. Twee wêrelde?

Vir sommige is dit ’n gulde geleentheid om die dorp op te hef, maar vir ander klink dit soos ’n slegte grap.


Soos een inwoner dit gestel het: Wat ‘n shi*t show. Wat is dit nou – die dorp met die meeste k*k wat in die strate afspoel en die gate vul?”, ’n Ander een, met ’n soort kreatiewe frustrasie, skryf: Kom maak 'n draai in Miederpark ná vyf in die aande, wanneer die reuk van ontbindende str*nt uit die vlei jou neus tref, in donker strate waar jy vis kan vang uit die damn slaggate…”. Maar, dis nie net gal en gif nie. Party probeer steeds bou aan hoop: Ek hou al jare die sypaadjie self skoon en as daar ‘n slaggat voor my huis is, maak ek hom reg… as ons almal saamwerk kan dit baie goed lyk.”


Dienslewering vs Drome

Die grootste teenstand teen die kompetisie het duidelik minder te doen met die idee van “wen” en meer met die werklikheid van Potch se daaglikse probleme. Die hoofklagtes sluit in:


  • Slaggate en sinkgate wat nie herstel word nie

  • Rou riool in erwe, strate en selfs in die Mooirivier

  • Gebrek aan straatligte, onveilige paaie en oorgroeide parke

  • Persepsie dat die munisipaliteit of raad nie luister of optree nie

  • Bewoording soos “Potholestroom”, “Shitrivier” en “Dump van die Jaar” kom herhaaldelik voor


Hier is paar van hulle:

  • Ek sit al meer as ʼn maand, amper twee, sonder lopende water. Die munisipaliteit steur hulle nie.”


  • Dis nie Potchefstroom nie, dis Potholestroom!”


  • “Ek moet my honde op die stoep hou sodat hulle nie in die riool beland nie.”


Maar wag – daar’s hoop… en humor


Temidde van die kritiek, het ook ’n nuwe vlam begin flikker. Inwoners begin vra:


  • “Wat as ons saamstaan en dit maak werk?”


  • "Ons moet reeds stem sodat ons die geld kan kry om self reg te maak, want die munisipaliteit gaan dit nie doen nie.”


  • "Die kompetisie gee ons die geleentheid om te wys wie wérklik omgee vir die dorp.”


  • “Kom ons gooi ons gewig in die projek en dan maak ons ‘n verskil.”


En dalk is dit juis in hierdie kombinasie van frustrasie én liefde vir die dorp waar die antwoord lê. Soos een inwoner met ‘n glimlag sê:


  • "Ek bly lekker hier, maar daar is ‘n kleinhuisie vol foute om reg te maak.”



Sentimentmeter: Hoe voel Potch regtig?


Op grond van die kommentare kan ons die gemeenskapsentiment so opsom:


  • 😡 Negatief en gefrustreerd: ±70%

  • 🤨 Skepties of vraende: ±15%

  • 🌟 Positief en gemotiveerd om iets te doen: ±15%


Die meerderheid stem kla – en met goeie rede. Maar daar’s ook mense wat regtig glo hierdie kan ’n keerpunt wees.


Wie hanteer die geld?

Een van die groot vrae wat inwoners vra is: “As ons wen, waar gaan die geld heen?”


Teen publikasietyd het ons nog nie ’n amptelike reaksie van die Potchefstroom Sakekamer ontvang nie, maar dit is bevestig deur individue betrokke by die veldtog dat die fondse nie na die munisipaliteit gaan nie. Inteendeel, die Sakekamer sal (indien Potch wen) volgens bronne toesig hou oor die gebruik daarvan, met Kwêla wat streng finansiële beheer toepas.


Laat jou stem tel – letterlik!

Ten spyte van die kritiek is daar iets kragtigs aan hierdie oomblik. Dit herinner ons dat Potchefstroom nie nét sy probleme is nie. Dit is ook sy mense – en baie van hulle is gereed om te bou, te plant, te verf, en ja, te stem.


Stuur "Potchefstroom" na 33157 teen R1.50 per SMS. Jy mag tot 30 keer stem per nommer. Sluitingsdatum: Vrydag, 18 April 2025 om 12:00.


“As jy niks doen nie, kan niks verander nie.”

 
 
 

Comments

Rated 0 out of 5 stars.
No ratings yet

Add a rating

Our Socials

  • Twitter
  • Youtube
  • Instagram
  • Facebook
  • TikTok

Rights Reserved - The Go-To Guy © ™ (Pty) Ltd 2018 - 2024

Site design and built by Digital Guy

Trademarks Registered CIPC 

Download Our App

google-play-badge-zc_edited_edited_edite

Contact Us: theguy@thegotoguy.co.za

Mia meent, Unit 5

17a Palmiet Street, Potchefstroom

A Few of Our Clients

WhatsApp Image 2024-11-27 at 09.28.30.jpeg
035c03_2458bf672ec84a8ba9efaf95e692ae16~mv2.avif
369731994_707654494713529_3891009674814759362_n.jpg
438173397_853872976759746_4868760365258440028_n.jpg
328944114_494721249527544_808944456258605501_n (1).jpg
464089070_1055669206348560_5104816180158623830_n.jpg
378890902_217177861350232_4639266243132568662_n (1).jpg
Untitled design (23).png
326134127_1115296055820979_3465257108086407162_n (1).jpg
WhatsApp Image 2025-06-19 at 14.18.02.jpeg
305575021_489423449860897_35481771562383
365626055_697893672359203_3798341232106295039_n.jpg
289627124_437869745011710_8405690850303357096_n.jpg
574454283_122093287503106135_1417410876318841312_n.jpg
437537042_869865608488120_7118457527164040386_n.jpg
301963526_491307046333575_4220339095931269264_n.png
420200119_10161581655332603_8341872840245886307_n.jpg
301115582_2022615814592943_5205340550469896770_n (1).jpg
bottom of page