Potchefstroom Gimnasium begin deelname aan SA T20-skolekampioenskap
- Yolandi Botes

- 3 days ago
- 1 min read
Die eerste krieketspan van Potchefstroom Gimnasium neem vanaf vandag, 16 Januarie, deel aan die tweede fase van die SA T20-skolekampioenskap. Die wedstryde word oor drie dae op die NWU Oval en Ibbies-veld beslis.

Wedstrydbepalings:
Vrydag, 16 Januarie (NWU Oval):
09:30: Potchefstroom Gimnasium t. Trio
14:00: Potchefstroom Gimnasium t. St Patricks
Saterdag, 17 Januarie (Ibbies-veld):
09:30: Potchefstroom Gimnasium t. St Andrews
Die semifinale rondes volg die middag op die NWU Oval of Ibbies-veld.
Sondag, 18 Januarie:
Die finale wedstryd vind plaas indien die span kwalifiseer.

Die toernooi word regstreeks op DSTV-kanaal 216 uitgesaai deur SuperSport Schools. Toeskouers het toegang tot die pawiljoene by die onderskeie lokale.









Comments