top of page

Potch Gazette

Riana Nel se nuwe liedjie is ’n kragtige poprock-getuienis van keuses

Met haar unieke stem en eerlike lirieke, maak Riana Nel ’n triomfantelike terugkeer na die musiektoneel met haar splinternuwe enkelsnit, “Kies”. Dié liedjie – wat sy as PopRock met invloede uit die 40’s, 70’s én vandag beskryf.

Foto : Coleske Group
Foto : Coleske Group

“Mens maak baie keuses in die lewe,” sê Riana. “Maar die twee belangrikste is: met wie jy trou, en wie jou red. As jy jou keuses op vrede bou, val al die ander in plek. Ek kan sonder twyfel sê dit is die waarheid vir my – en ook die rede vir my vreugde en sekerheid.”


’n Boodskap wat Dieper Gaan as Klanke

Met “Kies” bring Riana nie net musiek nie, maar ’n boodskap – een wat sy self met oorgawe leef. “Ek voel net dinge gaan vinnig agteruit in die wêreld. Dis nie meer so rein soos die 40s of vredevol soos die 70s nie. Wie se hand gaan jy vashou aan die einde?


Die liedjie is ’n familie-ervaring. “Ek verkies om my eie liedjies te skryf – my hart is vol stories. En om my kindertjies te hoor saamsing in die huis voor die liedjie nog eers uit is – dit is vir my alles! Ek glo kinders moet kan saamsing.”

Jongmense en die Soeke na Rigting

“Ek sien soveel jongmense wat reg verby die rooi ligte stap, en ek dink dis omdat niemand hard genoeg rigting wys nie. Alhoewel sy nie weet hoe luisteraars gaan reageer nie, weet Riana dat sy haar hele hart in “Kies” gesit het. “As dit goed genoeg is vir my, my man en my kinders, en ek het my beste gegee, dan glo ek dis goed genoeg vir ander ook.”

’n Musiekvideo wat Letterlik Vuur Vat

Die produksie van die liedjie se musiekvideo was allesbehalwe alledaags. Saam met die span van New Ending Media – wat ook verantwoordelik was vir die “Ek Wonder” en “Wat Nou?” se musiekvideo’s – het hulle ’n video geskep wat sowel dramaties as betekenisvol is. “Ons het letterlik ’n stel afgebrand! Ja, TikTok gaan dit seker verban, maar die wêreld gaan brand – en my vraag is: het jy iets gekies wat nie gaan brand nie?”

’n Samewerking van Hart en Vlamme

Dié video, verfilm op Jacques du Plessis se grond by S2N Mining in Reyton, was ’n samewerking van passie, visie en opoffering. “Ons het ’n ou klavier gebrand – iets wat ek nog altyd wou doen! En danksy Wimpy Cowan en Wessel Pretorius was die vlamme iets om te sien.” Vriende het saamgewerk aan die stel, geverf, braai gehou en die nag deur gelag. “Dis sulke mense wat die proses die moeite werd maak,” sê Riana. Musiek Video Riana Nel - Kies



Comments

Rated 0 out of 5 stars.
No ratings yet

Add a rating

Our Socials

  • Twitter
  • Youtube
  • Instagram
  • Facebook
  • TikTok

Rights Reserved - The Go-To Guy © ™ (Pty) Ltd 2018 - 2024

Site design and built by Digital Guy

Trademarks Registered CIPC 

Download Our App

google-play-badge-zc_edited_edited_edite

Contact Us: theguy@thegotoguy.co.za

Mia meent, Unit 5

17a Palmiet Street, Potchefstroom

A Few of Our Clients

WhatsApp Image 2024-11-27 at 09.28.30.jpeg
WhatsApp Image 2024-07-19 at 12.28.51.jpeg
369731994_707654494713529_3891009674814759362_n.jpg
438173397_853872976759746_4868760365258440028_n.jpg
328944114_494721249527544_808944456258605501_n (1).jpg
464089070_1055669206348560_5104816180158623830_n.jpg
378890902_217177861350232_4639266243132568662_n (1).jpg
403808952_754964333314706_70325916513886999_n.jpg
326134127_1115296055820979_3465257108086407162_n (1).jpg
438832982_404488349140861_8470007565960820605_n.jpg
305575021_489423449860897_35481771562383
365626055_697893672359203_3798341232106295039_n.jpg
Timberman.jpg
305398204_512194314246355_2527638739878484120_n.png
333686395_930504544798429_3149830237844445242_n.jpg
301963526_491307046333575_4220339095931269264_n.png
331430147_589989959691253_3568184503343644284_n.jpg
301115582_2022615814592943_5205340550469896770_n (1).jpg
bottom of page