top of page

The Gazette

Sterk Staan Boeredag kom Parys toe - 2 Oktober

Gemeenskap nooi boere en bure


Die Vredefort gemeenskap hou op Donderdag 2 Oktober 2025 ’n spesiale boeredag by Noble Country buite Parys. Die dag is oop vir boere, boervrouens, sakemense en gesinne – en eintlik sommer enige iemand wat lus is om te hoor hoe ander boere hul uitdagings aanpak.


Die tema is eenvoudig: “Boerdery is nie speletjies nie.” Dis ’n dag om eerlik oor struikelblokke en groot besluite te praat en te hoor hoe geloof en gebed deel is van boerdery se daaglikse realiteit.


Program van die dag

Registrasie begin al 08:00 met ’n sangprogram deur Lizette Combrink en vriende.

Daarna loop die oggend soos volg:

09:00 – Verwelkoming deur Juan Greeff, opening deur ds. Hannes Haggard

09:30 – Jannie Moolman, boer uit die Karoo

10:00 – John Klopper, boer van Potchefstroom

10:30 – Tee/koffie en verversings

11:00 – JB van den Berg, boer van Bothaville

11:30 – Marius Voigt, boer van Kroonstad

12:00 – Gebed vir die seisoen saam met Henru Pieters

12:30 – Afsluiting: Onse Vader deur Erna Rademan

12:45 – Lam spitbraai ete verskaf deur La Oma Slaghuis


Kos en koste

’n Spitbraai ete kos R200 per persoon (7 jaar en ouer). Kinders onder 7 eet verniet. ’n Tafel bespreking vir tien persone beloop R1 800. Jou kaartjie sluit die spitbraai, koffie, tee en verversings in. Koeldrank kan apart by die kiosk gekoop word.


Praktiese inligting

  • Datum: Donderdag 2 Oktober 2025

  • Tyd: 08:30 – 14:00

  • Plek: Noble Country, Parys

  • GPS: -26.926997, 27.393237

  • Besprekings: Google Forms

    • Betaal teen 1 Oktober per EFT of kontant/kaart op die dag.

  • Navrae:

    • Juan Greeff – 079 874 1860

    • Jani Greeff – 082 256 7755

    • Henru Pieters – 076 113 6696

    • Lizanne du Toit – 071 704 2796


Die Sterk Staan Boeredag is ’n inisiatief van die Vredefort kerke, boereverenigings en die breër gemeenskap. Dis nie net ’n dag vir boere nie, maar vir almal wat saam wil gesels, luister en eet. En natuurlik, niemand sê nee vir ’n lam spitbraai nie.

ree

Comments

Rated 0 out of 5 stars.
No ratings yet

Add a rating

Our Socials

  • Twitter
  • Youtube
  • Instagram
  • Facebook
  • TikTok

Rights Reserved - The Go-To Guy © ™ (Pty) Ltd 2018 - 2024

Site design and built by Digital Guy

Trademarks Registered CIPC 

Download Our App

google-play-badge-zc_edited_edited_edite

Contact Us: theguy@thegotoguy.co.za

Mia meent, Unit 5

17a Palmiet Street, Potchefstroom

A Few of Our Clients

WhatsApp Image 2024-11-27 at 09.28.30.jpeg
WhatsApp Image 2024-07-19 at 12.28.51.jpeg
369731994_707654494713529_3891009674814759362_n.jpg
438173397_853872976759746_4868760365258440028_n.jpg
328944114_494721249527544_808944456258605501_n (1).jpg
464089070_1055669206348560_5104816180158623830_n.jpg
378890902_217177861350232_4639266243132568662_n (1).jpg
Untitled design (23).png
326134127_1115296055820979_3465257108086407162_n (1).jpg
WhatsApp Image 2025-06-19 at 14.18.02.jpeg
305575021_489423449860897_35481771562383
365626055_697893672359203_3798341232106295039_n.jpg
289627124_437869745011710_8405690850303357096_n.jpg
414474461_779812977493972_2731317494775231884_n.jpg
360157162_763917828863271_4926442861230007361_n.jpg
301963526_491307046333575_4220339095931269264_n.png
420200119_10161581655332603_8341872840245886307_n.jpg
301115582_2022615814592943_5205340550469896770_n (1).jpg
bottom of page