top of page

The Gazette

Liggiefees, tyd vir gee, nie vir vat nie

Potchefstromers ken die Abraham Kriel Kinderhuis baie goed, en elke jaar kersfeestyd is veral die Liggiefees die hoogtepunt van die jaar, nie net vir die dorp se genot nie maar ook vir die Kinderhuis se fonds insameling inisiatiewe wat deur die jaar gebeur.


Hierdie jaar is dit geen verskil nie, en die kinderhuis het weereens asemrowende liggies gebou wat oud en jonk vermaak, en sommer lekker laat voel dat ons weereens by Kersfees uitgekom het, om nie eers van die vertoonings by die kinderhuis te praat wat hierdie jaar plaasvind nie, name soos Demi-Lee Moore, Brendan Peyper, Robbie Wessels, Jo Black, Spoegwolf, Bok van Blerk, Elvis Blue, is op die spyskaart van vermaak hierdie jaar, dis sommer lekker.


Maar daar was ook die week n slegte smaak geplaas in die monde van die publiek, en het sommer hele klomp Potchefstromers warm onder die kraag gehad, dit weens die feit dat party besoekers aan die fees die ligte van tafel af steel tydens hulle besoek, soveelmeer is dat die liggies at van tafel af gesteel is al meer as R8,000 se skade is, met ander woorde die kinderhuis verloor eintlik daardie fondse, en eina dit maak seer.


Die kinderhuis het met swaar hart gevrae dat mense asseblief moet uitkyk waneer die skou aan is dat mense nie die liggies vat nie, maar ai dis werklik bitter pil om te sluk om te dink dat daar gesmeek moet word dat mense nie lang vingers moet kry tydens n kinderhuis fondsinsameling nie, dink daaroor en laat dit insink... iemand besoek n kinderhuis, wat fondsinsameling hou, en dan steel daardie persoon die kinderhuis se goed tydens die besoek... dit maak absoluut geen sin dat iemand so sal kan redeneer nie.


Maar bitter smaak in die mond is nie waarop die fokus moet wees nie, kom ons almal ondersteun die kinderhuis die jaar en probeer om dit weereens baie suksesvolle jaar afsluiting vir die kinderhuis te maak.





 
 
 

Comments

Rated 0 out of 5 stars.
No ratings yet

Add a rating

Our Socials

  • Twitter
  • Youtube
  • Instagram
  • Facebook
  • TikTok

Rights Reserved - The Go-To Guy © ™ (Pty) Ltd 2018 - 2026

Site design and built by Digital Guy

Trademarks Registered CIPC 

Download Our App

google-play-badge-zc_edited_edited_edite

Contact Us: 

guy@thegotoguy.co.za

Mia meent, Unit 5

17a Palmiet Street, Potchefstroom

Proudly Supporting

437534739_949282600536083_5430138278526729757_n.jpg
Copy of Copy of Dark Blue Minimalist Rugby Match Instagram Post (1).png
480508683_613349784788292_687399541913790447_n.jpg

A Few of Our Clients

WhatsApp Image 2024-11-27 at 09.28.30.jpeg
462851564_122176550930146076_5897628943819649802_n.jpg
369731994_707654494713529_3891009674814759362_n.jpg
438173397_853872976759746_4868760365258440028_n.jpg
328944114_494721249527544_808944456258605501_n (1).jpg
464089070_1055669206348560_5104816180158623830_n.jpg
378890902_217177861350232_4639266243132568662_n (1).jpg
360157162_763917828863271_4926442861230007361_n.jpg
326134127_1115296055820979_3465257108086407162_n (1).jpg
WhatsApp Image 2025-06-19 at 14.18.02.jpeg
305575021_489423449860897_35481771562383
365626055_697893672359203_3798341232106295039_n.jpg
289627124_437869745011710_8405690850303357096_n.jpg
574454283_122093287503106135_1417410876318841312_n.jpg
Copy of Copy of Dark Blue Minimalist Rugby Match Instagram Post (2).png
301963526_491307046333575_4220339095931269264_n.png
420200119_10161581655332603_8341872840245886307_n.jpg
301115582_2022615814592943_5205340550469896770_n (1).jpg
bottom of page