Volkie-Krieket Vier Groot Oorwinnings!
- Yolandi Botes
- 5 days ago
- 2 min read
🏏 🏏🏏 🏏🏏 🏏🏏 🏏🏏 🏏
Volkies se krieketspanne het hierdie naweek weer gewys waarom hulle nie onderskat moet word nie! Van dominante boulvertonings tot vuurwarm kolwers, dit was ’n vertoning om trots op te wees.

🏏 1ste Span teen KHS – Wen met 9 paaltjies
KHS het eerste gekolf en is vir 129 uitgehaal in 38 beurte. Dit was ’n puik spanpoging met Nolan Roets wat 3 paaltjies neem, en Johandre Jacobs en Ben Oosthuizen elk met 2 paaltjies.
Met die kolf het Louis van Wyk (59) en Riekert Kruger (50) die saak vinnig afgehandel in net 16 beurte vir ’n gemaklike 9-paaltjie oorwinning.
🏏 o.15A Span teen KHS – Wen met 274 lopies
’n Monumentale wen! Volkies het eerste gekolf en ’n massiewe 346/9 in 50 beurte op die bord geplaas. Sterk bydraes deur Hanru Combrinck (71), Righardt Kruger (70) en Daniel Jacobs (65) het gesorg vir ’n onmoontlike teiken.
Die boulers het dadelik druk geplaas met Janco de Lange wat blink met 5-23, ondersteun deur Janu de Beer (3-19). KHS is vir net 67 lopies uitgehaal.
🏏 2de Span teen Lichtenburg (T20) – Wen met 227 lopies
Volkies het gesorg vir vuurwerk met die kolf: 267 in 20 beurte! Juan van Niekerk was die ster met ’n ongelooflike 160 van slegs 68 balle, ’n ware meesterklas!
Die boulers het die oorwinning verseker deur Lichtenburg vir 40 lopies uit te haal. Eizer Behrens (6-5) en Andries Venter (4-13) was verwoestend met die bal.
🏏 2de Span teen KHS – Wen met 257 lopies
Nog ’n reuse-telling! Volkies slaan 337 in 47 beurte, danksy ’n puik 121 van Christiaan Venter en 77 van Andries Venter. KHS kon net 80 lopies aanteken met Olefa Padi wat blink met 5-27.
Welgedaan, Volkies!
Baie geluk aan al die spanne, spelers en afrigters met hierdie merkwaardige uitslae. Julle maak ons ongelooflik trots, hou aan bou aan sukses!
Deel Jou Storie
Het jy ’n sport- of kultuurhoogtepunt wat jy met die gemeenskap wil deel? The Go-To Guy se joernalistieke span is hier om dit wyer te vertel. Ons vertel jou storie.
Oor The Go-To Guy
The Go-To Guy (www.thegotoguy.co.za en www.potchefstroom.com) is jou digitale inligtingsentrum met meer as 75,000 maandelikse bladsybesoeke. Ons dek plaaslike nuus, sport en skole via The Gazette, en bied ’n aktiewe besigheidsgids met meer as 2,500 ondernemings en ’n uiters gewilde gebeurteniskalender.
Met ons groeiende sosiale media-platforms, Facebook (77,000+ volgers) en TikTok (2 miljoen kyke), help ons om plaaslike stories verder te neem as ooit.
Ons vertel jou stories.
The Go-To Guy Kommersiële Pakkette
Herhalende Pakkette – ’n Tuiste vir jou Besigheid
Business Card Standard (Gratis): Basiese besigheidslys.
Business Card Plus (R50 p.m.): Verifikasie en ’n uitgebreide profiel.
Maandelikse Bemarkingspakkette
Starter Package (R499 p.m.): Webbie Page, Gazette-profiel, 1 gratis gebeurtenislysing, en Facebook-boosts.
Growth Package (R1,499 p.m.): Meer advertensie-ure, eie rekeningbestuurder en navorsingsfunksies.
Premium Package (R4,499 p.m.): Alles-insluitende bemarking, video-inhoud, strategiese promosie en live onderhoude.
Addisionele Dienste
Sosiale media bestuur, Google Ads, TikTok-promosies.
Eenmalige Opsies
Video-advertensies vanaf R2,000, vertoonadvertensies vir R750, en One Hit Gazette
Comments