Volkie-redenaar Maré Coetzee op pad na ATKV-finaal!
- Yolandi Botes

- Jun 17
- 1 min read
🎙️ 🎙️ 🎙️ 🎙️🎙️ 🎙️🎙️ 🎙️🎙️ 🎙️
Volkies is vol trots! Ons wil vir Maré Coetzee baie geluk sê met haar deurdringing na die ATKV-redenaars finaal. Hierdie groot gebeurtenis vind plaas op 5 en 6 Augustus by ATKV Goudini Spa, en ons weet sy gaan haar storie laat tel. 💬

Harde werk wat vrugte dra 🍎
Om dit tot by die finaal te maak is nie sommer niks nie. Dit verg ure se voorbereiding, herskryf, slyp en selfvertroue. Maré het gewys sy het die dryfkrag en deursettings vermoë om op die verhoog te staan, en om met haar woorde mense te laat luister.
’n Stem vir die Volkies 🎓
Ons weet Maré gaan haar skool en gemeenskap met trots verteenwoordig. Die finaal gaan beslis nie maklik wees nie, maar sy is gereed om haar sê te sê, en dit reguit uit die hart.
👏 Hou so aan!
Volkies hou duim vas en wens jou alle sterkte toe, Maré. Jy is al klaar ’n wenner in ons oë. Sterkte daar by Goudini, ons sien uit om te hoor hoe dit gegaan het!









Comments