Volkies Fietsry ry hul hart uit by Koedoeslaagte
- Yolandi Botes
- Sep 2
- 2 min read
🚵♀️ 🚵♀️ 🚵♀️ 🚵♀️ 🚵♀️ 🚵♀️ 🚵♀️ 🚵♀️ 🚵♀️ 🚵♀️
Op 30 Augustus het Volkies Fietsry se dapper span die derde Skole MTB Liga wedren aangedurf by Koedoeslaagte Trail Park & Venue. Die son het gebrand en die stof was dik, maar dit het ons ruiters nie gekeer nie, hulle het met moed, deursettingsvermoë en spangees die uitdagende roete baasgeraak.

Elke ruiter het hul beste gegee en weereens gewys dat Volkies se gees onbreekbaar is. Hierdie dag het nie net die sportmanne en -vroue se talent uitgelig nie, maar ook hul vermoë om in moeilike omstandighede vas te byt.
Nou is die oë op die pad vorentoe gerig: 13 September neem die span die volgende groot uitdaging aan tydens die vierde wedren by Wagpos in Brits. Ons glo vas dat hulle weer met trots, vasberadenheid en ’n liefde vir fietsry die skool se naam hoog sal hou.
Baie geluk aan elkeen van ons ruiters, ons is ongelooflik trots op julle!
Deel Jou Storie
Het jy ’n sport- of kultuurhoogtepunt wat jy met die gemeenskap wil deel? The Go-To Guy se joernalistieke span is hier om dit wyer te vertel. Ons vertel jou storie.
Oor The Go-To Guy
The Go-To Guy (www.thegotoguy.co.za en www.potchefstroom.com) is jou digitale inligtingsentrum met meer as 75,000 maandelikse bladsybesoeke. Ons dek plaaslike nuus, sport en skole via The Gazette, en bied ’n aktiewe besigheidsgids met meer as 2,500 ondernemings en ’n uiters gewilde gebeurteniskalender.
Met ons groeiende sosiale media-platforms, Facebook (77,000+ volgers) en TikTok (2 miljoen kyke), help ons om plaaslike stories verder te neem as ooit.
Ons vertel jou stories.
The Go-To Guy Kommersiële Pakkette
Herhalende Pakkette – ’n Tuiste vir jou Besigheid
Business Card Standard (Gratis): Basiese besigheidslys.
Business Card Plus (R50 p.m.): Verifikasie en ’n uitgebreide profiel.
Maandelikse Bemarkingspakkette
Starter Package (R499 p.m.): Webbie Page, Gazette-profiel, 1 gratis gebeurtenislysing, en Facebook-boosts.
Growth Package (R1,499 p.m.): Meer advertensie-ure, eie rekeningbestuurder en navorsingsfunksies.
Premium Package (R4,499 p.m.): Alles-insluitende bemarking, video-inhoud, strategiese promosie en live onderhoude.
Addisionele Dienste
Sosiale media bestuur, Google Ads, TikTok-promosies.
Eenmalige Opsies
Video-advertensies vanaf R2,000, vertoonadvertensies vir R750, en One Hit Gazette
Comments