top of page

Potch Gazette

Vordering by Vyfhoek Reservoir / Progress Report Vyfhoek Reservoir


Image: The Go-To Guy Creations
Image: The Go-To Guy Creations


’n Tydlyn van Gebeure


’n Groot opgradering van waterinfrastruktuur by die Vyfhoek Reservoir in Potchefstroom het tussen 20 en 22 Mei 2025 tot ’n beplande wateronderbreking gelei. Die JB Marks Plaaslike Munisipaliteit het ’n komplekse operasie aangepak om verouderde kleppe te vervang en nuwe pyplyne te koppel. Ten spyte van aanvanklike voorbereiding en ’n vol reservoir, het verskeie tegniese en veiligheidsuitdagings tot langer onderbrekings gelei. Dit het logistieke aanpassings en gemeenskapsamewerking vereis.


📅 Dinsdag, 20 Mei 2025


Werk het begin aan die ou kleppe by die Vyfhoek Reservoir. Die infrastruktuur, wat dekades oud is, was in swak toestand en moes dringend vervang word. Die eerste koppeling is voorberei en uitgrawing is voltooi. Teen 15:05 was die werk op koers.



📅 Woensdag, 21 Mei 2025


Voor die werke is die reservoir tot volle kapasiteit gevul. Geen nuwe water is egter vanaf die watersuiweringsaanleg gepomp nie, wat beteken dat die kraanwater begin opdroog het.

🔧 Die eerste koppeling is teen 13:18 suksesvol voltooi, en werk aan die tweede een het omstreeks 16:15 begin. Teen 21:30 het werkers in yskoue weer, onder ligte, steeds gewerk.


📅 Donderdag, 22 Mei 2025


Teen 06:35 was die tweede koppeling nog nie voltooi nie en kon pompe nog nie geaktiveer word nie. Die reservoir moes minstens 20% vol wees voor water aan huishoudings verskaf kon word.


’n Slootwal het vroegoggend ineengestort, wat die werk onderbreek het. Die span het gewag totdat dit weer veilig was om voort te gaan.


Image: The Go-To Guy Creations
Image: The Go-To Guy Creations


Watertenkwaens het water afgelewer by:

  • Ferdies

  • Pick & Pay Van der Hoffpark

  • Albuquerque Spur (Waterberry)

  • Spar Baillie Park (13:15)

  • Vyfhoek Sentrum (13:45)


Die NG Gemeente Potchefstroom-Oos, hoek van Burger- en Lanyonstraat, het hul krane tot 16:00 vir die publiek oopgestel.


Teen 13:20 is die laaste vasdraaiwerk aan die pype gedoen en beoog is om teen 15:00 water na die reservoir te begin pomp.  Munisipale Opdatering: Donderdag, 22 Mei 2025


Volgens die openbare kennisgewing wat die JB Marks Munisipaliteit vanmiddag uitgereik het, is bevestig dat die tegniese span die werk voltooi het. Pompopersies het begin, maar weens lae vlakke in die stelsel sal die meeste gebiede eers later die middag weer water begin ontvang.


“Ons vra opreg omverskoning vir die ongerief en vertraging wat veroorsaak is deur onvoorsiene omstandighede. Ons waardeer u geduld en begrip terwyl ons werk om die betroubaarheid van ons waterinfrastruktuur te verbeter.”— Kommunikasie-eenheid, JB Marks Munisipaliteit

Oorsig en Waardering


Hierdie omvangryke opgradering het kundigheid, uithouvermoë en samewerking vereis. Werkers het dag en nag, dikwels in moeilike omstandighede, gewerk. Inwoners word bedank vir hul geduld en ondersteuning


Alle inligting in hierdie verslag is verkry deur direkte opdaterings op die WhatsApp-groep: Wyk 3 Baillie Park.






Vyfhoek Reservoir Works


A major water infrastructure upgrade at the Vyfhoek Reservoir in Potchefstroom led to a planned water outage from 20 to 22 May 2025. The JB Marks Local Municipality initiated a complex operation to replace outdated valves and connect new pipelines. Despite early preparation and a full reservoir, various technical and safety challenges resulted in prolonged disruptions, requiring logistical adaptations and community coordination.


📅 Tuesday, 20 May 2025


Work commenced on the aging valves at the Vyfhoek Reservoir. The infrastructure, several decades old, was in poor condition and in urgent need of replacement. Excavations were completed and the first coupling was prepared. By 15:05, progress was on track.


📅 Wednesday, 21 May 2025


The reservoir was filled to capacity before the work began. However, no new water was pumped from the purification plant, leading to dry taps by midday.

🔧 The first coupling was completed by 13:18, and work on the second began around 16:15. By 21:30, contractors continued working in freezing temperatures under lights.


📅 Thursday, 22 May 2025


By 06:35, the second coupling was still incomplete, and pumping could not begin. The reservoir had to reach at least 20% capacity before water could be restored to households.


A trench wall collapsed in the early morning, causing a pause in operations. Work resumed later under safe conditions.


Image: The Go-To Guy Creations
Image: The Go-To Guy Creations

Water tankers were deployed to the following locations:

  • Ferdies

  • Pick & Pay Van der Hoffpark

  • Albuquerque Spur (Waterberry)

  • Spar Baillie Park (13:15)

  • Vyfhoek Centre (13:45)


The Dutch Reformed Church Potchefstroom-East, on the corner of Burger and Lanyon Streets, also opened its taps to the public until 16:00.


By 13:20, final tightening and pipe stabilization were underway, with plans to start pumping to the reservoir by 15:00.


Image: The Go-To Guy Creations
Image: The Go-To Guy Creations


Overview and Appreciation


This large-scale operation demanded technical skill, endurance, and cooperation. Crews worked day and night, often in difficult weather conditions. Residents are thanked for their patience and community spirit during the outage.


All information in this report was obtained via direct updates shared on the WhatsApp Group: Wyk 3 Baillie Park.


Comments

Rated 0 out of 5 stars.
No ratings yet

Add a rating

Our Socials

  • Twitter
  • Youtube
  • Instagram
  • Facebook
  • TikTok

Rights Reserved - The Go-To Guy © ™ (Pty) Ltd 2018 - 2024

Site design and built by Digital Guy

Trademarks Registered CIPC 

Download Our App

google-play-badge-zc_edited_edited_edite

Contact Us: theguy@thegotoguy.co.za

Mia meent, Unit 5

17a Palmiet Street, Potchefstroom

A Few of Our Clients

WhatsApp Image 2024-11-27 at 09.28.30.jpeg
WhatsApp Image 2024-07-19 at 12.28.51.jpeg
369731994_707654494713529_3891009674814759362_n.jpg
438173397_853872976759746_4868760365258440028_n.jpg
328944114_494721249527544_808944456258605501_n (1).jpg
464089070_1055669206348560_5104816180158623830_n.jpg
378890902_217177861350232_4639266243132568662_n (1).jpg
403808952_754964333314706_70325916513886999_n.jpg
326134127_1115296055820979_3465257108086407162_n (1).jpg
438832982_404488349140861_8470007565960820605_n.jpg
305575021_489423449860897_35481771562383
365626055_697893672359203_3798341232106295039_n.jpg
Timberman.jpg
305398204_512194314246355_2527638739878484120_n.png
333686395_930504544798429_3149830237844445242_n.jpg
301963526_491307046333575_4220339095931269264_n.png
331430147_589989959691253_3568184503343644284_n.jpg
301115582_2022615814592943_5205340550469896770_n (1).jpg
bottom of page