Weiveld Fun Rally 2025: Parys maak reg vir groot jol - 4 Oktober
- Amanda Bekker

- Sep 18
- 1 min read
Op 4 Oktober 2025 gaan Parys weer rock wanneer die Weiveld Fun Rally plaasvind. Die aksie speel af rondom die Weiveld Boerevereenigingsaal, waar die registrasies en wegspring sal gebeur. Hekke maak al 07:00 oop, so die manne en vroue wat hou van stof en petrol moet vroeg daar wees.
Wat om te verwag
Die rally bied iets vir almal wat hou van wiele en bietjie modder:
Dirt bikes
ATV’s
Karre
Bakkies
Trokke
Pypkarre
Die baan is ‘n 45 km plaasroete, so daar gaan genoeg tyd wees om stof te byt en bande se klippe uit te skud. Daar’s ook Quarter Mile resies vir die manne (en vroue) wat nie kan wag om die throttle oop te draai nie.
Vir die gesin
Dis nie net petrolkoppe wat gaan lekker kry nie. Daar’s ook stalletjies, games en groot pryse om te wen. Dis regtig pret vir oud en jonk, so niemand hoef agter te bly nie.
Kaartjies en pryse
Die kaartjies is baie reguit:
R100 per motorfiets
R150 per motor (drywer ingesluit)
R50 per persoon in voertuie
So, of jy nou op twee wiele, vier wiele of sommer agt wiele wil rol, daar is plek vir jou.
Die Weiveld Rally 2025 is nie net nog ‘n petrolkop-byeenkoms nie, dis ‘n dag waar die hele familie saam kan kom, van jong tot oud. Met games, stalletjies en resies, gaan Parys se grondpaaie weer wys wie’s baas.
So, bring jou kar, bike of bakkie, en laat die modder spat!










Comments