Wen 'n Een-in-‘n-Miljoen Herdenkingstrui
- Karen Scheepers
- Jun 6
- 1 min read
Potchefstroom Dorp Rugbyklub vier 135 jaar se ryk rugbygeskiedenis, en nou kry jy die kans om deel te wees van dié geskiedenis!
Slegs 135 kaartjies word verkoop vir hierdie eksklusiewe trekking, en daar is net één wenner.
Die prys? Net R50 per kaartjie, ‘n klein bedrag vir ‘n unieke trui wat spesiaal ontwerp is om die klub se 135-jarige mylpaal te vier.
Hierdie is nie net ‘n trui nie, dis ‘n simbool van trots, erfenis en ware Dorp-gees.
🎟️ Kaartjies te koop vanaf 7 Junie 2025 by die klubhuis
🏆 Trekking op 14 Junie 2025
Wees vinnig, jy gaan die enigste persoon wees met so ‘n trui ooit!

Comments