top of page
The Go-To Guy Site Search Results
Search this site
All (27487)
Main Pages (17063)
Blog Posts (6023)
Community Corner (4366)
Products (27)
Events (8)
Filter by
Type
Category
4366 results found with an empty search
- Makarios - Waar Jou Droomtroue 'n Werklikheid WordIn Wedding, Beauty and Love Talk·March 25, 2025Dis een ding om van ’n droomtroue te praat. Dis ’n ander storie as jy moet begin beplan. Skielik gaan dit nie net oor blomme en liggies nie. Jy’t besluite om te maak oor kos, musiek, plek, weer, stoele, tye, mense… en jou een tannie wat altyd kla. Gelukkig is daar plekke soos Makarios wat presies weet wat om te doen – sodat jy nie hoef nie. Image : Facebook Makarios : Events Planning , Wedding & Function Venue Makarios is ’n trou- en funksievenue in Leeudoringstad, sowat 1 uur en 24 minute van Potchefstroom af (125 km via die R501 en R59). Dis ver genoeg om jou werklik uit die stad se gejaag te kry, maar naby genoeg dat jou gaste nie hul paspoorte nodig het nie. So, as jy iemand is wat hou van mooi dinge, goeie diens en min stres, lees verder. Wat is Makarios? Makarios beteken “’n skatkamer van God se seën” – en jy voel dit sodra jy daar aankom. Dis nie net ’n mooi plek nie, dis ’n venue met ’n hart. Die span agter Makarios verstaan wat dit beteken om ’n troue te beplan – hulle wíl hê dit moet werk. Hulle wil hê jy moet gelukkig wees. En hulle werk hard om dit so te maak. Of jy nou droom van ’n romantiese buitelug-seremonie onder die bome, of ’n elegante onthaal binne met kerse en sagte musiek, Makarios het dit. Wat bied Makarios? Jy kry nie net ’n venue nie. Jy kry ’n ervaring. En ’n klomp gemoedsrus daarmee saam. 1.Natuurskoon Dis een van die eerste dinge wat mense opmerk. Die plek is regtig mooi. Majestueuse bome, rustige landskappe, en ’n atmosfeer wat kalmeer. Dis die tipe plek waar jy maklik foto’s kry wat nie eers ’n filter nodig het nie. Of jy nou in die somer trou met son en groen gras, of in die winter met sagte kleure en warm ligte – Makarios werk deur al die seisoene. 2.Binnenshuise en buitelug-opsies Ons almal weet, weer kan jou planne omver gooi. Gelukkig het Makarios beide binne- en buite-opsies wat ewe elegant is. As dit dus begin reen op jou troudag, hoef jy nie paniekerig te raak nie – die span spring dadelik in om Plan B in plek te sit. En dis nie eens ’n afgradering nie. Dis net ’n ander tipe mooi. 3.Alles-in-een pakket Hier’s waar dinge regtig maklik raak. By Makarios kry jy alles op een plek. Jy hoef nie 10 verskillende mense te bel en koördineer nie. Hulle help met beplanning, versiering, tafel uitleg, tydsberekeninge, en al die klein goedjies wat maklik vergeet word. Hulle verstaan dat jy nie ’n troubeplanner is nie. Dis nie jou werk nie. En dis hoekom hulle alles so ontwerp het dat jy net kan opdaag, smile, en trou. 4.Persoonlike aandag Elke paartjie is anders. En Makarios weet dit. Hulle probeer nie jou troue in ’n boksie druk nie. Hulle luister. Hulle vra vrae. Hulle leer jou ken. Want hulle wil hê jou troudag moet weerspieël wie julle is – nie net nog ’n Pinterest-copy nie. Jy werk saam met ’n span wat regtig omgee. Dis nie net “netjies en vinnig nie”. Dis regtig persoonlik. Kos en onthaal ’n Goeie troue het altyd goeie kos. Dis hoe mense dit onthou. En by Makarios het hulle dit reggekry om kwaliteit kos aan te bied sonder dat jy jou hele spaarrekening moet leegmaak. Die spyskaart is buigbaar, en jy kan saam besluit oor die geregte, sodat dit sin maak vir jou begroting én vir jou gaste. Jy kry nie net hoender of bees en dis dit nie. Hulle gee jou opsies, gee raad, en hou dit prakties. Geen 12-gang-fynproewersdinee wat almal honger huis toe stuur nie. Wat kos dit? Ons gaan nie lieg nie – troues kan duur wees. Maar Makarios probeer altyd werk binne jou begroting. Pakkette word aangepas, afhangend van wat jy nodig het. Of jy nou ’n groot troue beplan met 150 gaste, of iets kleiner en intiem, hulle sal jou help om ’n plan te maak wat sin maak – finansieel én logisties. Jy betaal vir diens, ervaring, en die gemak van weet jy’t ’n span wat alles hanteer. En daai gemoedsrus is goud werd. Ander funksies Makarios is nie net vir troues nie. Hulle hanteer ook ander funksies soos verjaarsdae, jaareindfunksies, doopgeleenthede, konferensies en meer. As jy dus na jou troue verlief raak op die plek (en dit gaan gebeur), kan jy teruggaan vir jou eerste herdenking, jou baba se eerste verjaarsdag, en alles tussenin.Dis lekker om te weet jy bou herinneringe by ’n plek wat jy weer en weer kan besoek. Sosiale media en beelde As jy nie seker is of dit vir jou gaan werk nie, gaan kyk gerus op hulle Facebook of Instagram. Daar’s tonne foto’s en video’s van vorige troues. Dis nie net mooi nie – dis regtig indrukwekkend. En jy kan sommer dadelik sien hoe buigbaar die venue is. Elke troue lyk anders. Elke een het sy eie karakter. Dis hoe jy weet hulle doen moeite. ’n Paar wenke as jy Makarios oorweeg 1. Bespreeek vroeg – gewilde datums raak vinnig vol. 2. Moenie skaam wees om vrae te vra nie – hulle is daar om te help. 3. Wees eerlik oor jou begroting – hulle sal help om ’n plan te maak. 4. Gaan kyk self – foto’s is mooi, maar dis altyd goed om die plek self te sien en voel. Slotgedagtes Makarios is nie net ’n venue nie. Dis ’n span mense wat glo in wat hulle doen. Dis ’n plek waar jy kan stil raak, liefde vier, en onthou hoekom julle trou in die eerste plek. Troues hoef nie perfek te wees nie – hulle moet net eg wees. En by Makarios kry jy juis dit: ’n egte ervaring, sonder oordrewe drama, maar met genoeg flair om dit onvergeetlik te maak. Fotos van Makarios : Event planning, Wedding & function venue Image : Facebook Makarios : Events Planning , Wedding & Function Venue Image : Facebook Makarios : Events Planning , Wedding & Function Venue Image : Facebook Makarios : Events Planning , Wedding & Function Venue Sosiale Media Platforms Facebook : Kliek Hier Instagram : Kliek Hier0018
- 🌼 Geniet die Welverdiende Vakansie! 🌼In School Talk·March 31, 2025🌼🌼 🌼🌼 🌼🌼 🌼🌼 🌼🌼 Met die klanke van die skool klok wat die einde van die eerste kwartaal aankondig, wil ons graag vir elke leerder, ouer en personeellid sê: baie dankie en welgedaan!Kwartaal 1 van 2025 het teen ’n spoed verbygevlieg – gevul met harde werk, opwinding, nuwe uitdagings en kostbare herinneringe. Van akademiese prestasies tot sportoefeninge, kultuurbyeenkomste en nuwe vriendskappe – almal het hulle deel gedoen om hierdie kwartaal besonders te maak. Image: The Go-To Guy Creations Tyd om asem te haal 😌 Die vakansie is die ideale tyd om te rus, nuwe energie op te bou en tyd saam met geliefdes te spandeer. Moenie vergeet om ook bietjie af te skakel van skerm tyd nie – lees ’n boek, kuier saam met familie of geniet die buitelewe. Dankie aan almal 👏 Ons wil elke ouer en voog bedank vir julle volgehoue ondersteuning. Aan ons onderwysers – dankie vir jul toewyding en die rol wat julle speel in elke kind se ontwikkeling. En aan ons leerders – ons is trots op julle! Ons sien julle weer binnekort 📚✏ Mag hierdie vakansie ’n tyd van rus en vreugde wees. Kom terug met nuwe moed en entoesiasme vir die tweede kwartaal – gereed om aan te pak en te groei. Geniet dit – julle het dit verdien! 🌟 🌼🌼 🌼🌼 🌼🌼 🌼🌼 🌼🌼 #GoeieWerk #EindeVanKwartaal1 #Vakansietyd #TrotsOpOnsLeerders #PotchGazette #TheGoToGuy #StroomStories #Potchefstroom #Sportstroom0013
- Remembering Gerrie Coetzee, the Boksburg Bomber and Africa’s First Heavyweight ChampionIn Sport Talk·January 14, 2025Few boxers have ever captured the imagination of a nation the way Gerrie Coetzee did. Born Gerhardus Christian Coetzee on April 8, 1955, in Boksburg, Gauteng, he emerged from modest beginnings to make history as the first African-born fighter ever to challenge for—and win—a world heavyweight title. His untimely passing on January 12, 2023, at the age of 67, has left the boxing world reflecting on a singular career marked by grit, determination, and a fighting spirit that transcended boundaries. Image: The Go-To Guy Creations Early Glimpses of Greatness Gerrie Coetzee’s ascent began in 1974, when he stepped into the professional ring for the first time. Boxing fans in South Africa soon had a new hero to rally behind—a heavy puncher whose combination of strength and skill signaled an exciting future. Before long, he had dispatched local competition, from Christian Roos (twice) to fellow South African Mike Schutte, who, at one point, had been under consideration as a possible opponent for Muhammad Ali. But Coetzee’s star truly began to rise on the international stage when he notched knockout wins against American contenders Ron Stander and Randy Stephens. Then came the electrifying first-round demolition of former undisputed world heavyweight champion Leon Spinks in Monte Carlo. Coetzee didn’t just beat Spinks—he knocked him down three times in the opening round. It was a statement victory that reverberated around the boxing world, lighting up headlines and sending an unmistakable message: the Boksburg Bomber was a force to be reckoned with. The First African World Heavyweight Title Challenger In an era when sporting events in South Africa were marred by the policies of apartheid, Gerrie Coetzee’s career stood out. As a white South African, he fought at a time when racial segregation was still entrenched. Yet he was vocal in his opposition to apartheid and took pride in participating in multiracial bouts. His fights helped pave the way for a more inclusive, if still imperfect, sporting landscape in the country. In 1979, Coetzee had already earned the right to fight for the vacant WBA heavyweight title left behind by the retiring Muhammad Ali. This made him the first African-born heavyweight to challenge for a world championship. Though he lost that bout to John Tate, Coetzee had taken a giant step forward—not only for himself but for South Africa and African fighters everywhere. The Bionic Hand For many fans, Gerrie Coetzee will forever be remembered as “The Bionic Hand.” Persistent troubles with his right hand led to three surgeries and the insertion of corrective items in his gloves and hand, giving rise to the nickname. It was also humorously dubbed “Seer Handjies” (Afrikaans for “Sore Little Hands”) by his compatriot and fellow heavyweight Kallie Knoetze. Despite his hand issues, Coetzee was rarely deterred. He soldiered on, often training and entering the ring at less than 100%. Whenever he launched his signature right, fans held their breath, knowing it could end the night for his opponent—or reinjure his own hand. In many ways, this determined struggle against both opponents in the ring and his own physical challenges typified Coetzee’s spirit. Triumph Over Michael Dokes The crowning achievement of Coetzee’s career came on September 23, 1983, against WBA titleholder Michael Dokes. Fighting in Richfield, Ohio, the South African found himself the underdog—an outsider up against a Don King–promoted champion. Yet the Boksburg Bomber proved the doubters wrong. Over ten punishing rounds, Coetzee outworked and outpunched the American champion, scoring a knockdown along the way. In the tenth, the South African unleashed a decisive blow that knocked out Dokes, sending shockwaves through the heavyweight division. That night, Gerrie Coetzee became the first African heavyweight to wear a major world championship belt and the first Caucasian heavyweight champion in 23 years. Fittingly, it was named “Upset of the Year” by KO Magazine. A twist of fate that showcased his grit: the punch that ended Dokes’s reign also seriously injured Coetzee’s fragile right hand. He would require surgery shortly after the fight, illustrating both his unwavering toughness and the precarious nature of his “Bionic Hand.” Fighting On and Leaving a Legacy Unfortunately, hopes for a unification fight between Coetzee and longtime IBF champion Larry Holmes fizzled due to financial disputes and injuries. Instead, Gerrie faced Greg Page, losing his WBA title in a controversial eighth-round stoppage marked by timing errors. Despite the disappointment, Coetzee made several comebacks, notching wins over noteworthy opponents such as James “Quick” Tillis before finally retiring in the late 1980s. A brief return in the 1990s included a loss to Iran Barkley, after which Gerrie stepped away from the ring for good. Yet while his record ended with 33 wins (21 by knockout), 6 losses, and 1 draw, Coetzee’s place in boxing history remains indelible. His winning of the WBA crown was a historic milestone for African boxing. Beyond his achievements between the ropes, Coetzee’s willingness to challenge norms, fight in racially mixed bouts, and demonstrate sportsmanship amid a fraught political landscape made him a potent symbol of change. Saying Goodbye to a Legend When Gerrie Coetzee passed away from lung cancer on January 12, 2023, the boxing world lost one of its most courageous and groundbreaking figures. South Africans from all backgrounds—indeed, fans across the globe—mourned the passing of a fighter who wore his national pride on his sleeve, championed change during a tumultuous time, and forever etched his name in the annals of heavyweight boxing. The “Boksburg Bomber” left us with a legacy of perseverance and triumph. Long after the echoes of the final bell, Gerrie Coetzee’s story continues to inspire new generations—proof that determination can conquer adversity, and that a champion’s heart can break barriers as powerfully as any punch. Farewell, champion. Your life and career will remain a reminder that sometimes the impossible can become possible when grit, talent, and an unbreakable spirit meet in the ring. May you rest in peace, knowing the milestone you set will continue to resonate with everyone who dares to dream big.0019
- Hoe om ‘n Trou- of Verlowingsring van Nuut af te MaakIn Wedding, Beauty and Love Talk·January 13, 2025Die idee om jou eie trou- of verlowingsring te ontwerp klink romanties en spesiaal, maar dit kan ook intimiderend wees. Gelukkig is die proses makliker as wat jy dink, solank jy weet waar om te begin. Hierdie gids verduidelik elke stap van die proses om jou perfekte ring te skep – van beplanning tot die finale produk. Foto : The Go-To Guy Creations Kan jy ’n ring van nuuts af maak? Ja, enigeen kan! Of jy nou jou eie kreatiewe visie het of hulp van ’n professionele juwelier nodig het, dit is moontlik om ’n unieke ring van nuuts af te ontwerp en maak. Die sleutel is om georganiseerd te wees en ’n paar belangrike dinge in gedagte te hou. ’n Volledige Kontrolelys vir die Ontwerp van Jou Perfekte Ring 1. Stel ’n Begroting Vas Die heel eerste stap is om te besluit hoeveel jy bereid is om te spandeer. Onthou, ’n ring is nie net ’n simbool van liefde nie, dit is ook ’n belegging. Bepaal ’n realistiese bedrag wat jy kan bekostig, of dit nou R5,000 of R50,000 is. Jou begroting sal die keuse van materiaal, die ontwerp en die steenkeuses beïnvloed. 2. Maak Tyd Beskikbaar Dit vat tyd om die perfekte ring te ontwerp en maak. Gee jouself ten minste 4-6 weke vir die hele proses, en dalk langer as jy meer ingewikkelde ontwerpe of skaars materiale oorweeg. Moenie jaag nie; dit is ’n belangrike besluit wat lank by jou gaan bly. 3. Versamel Inspirasie Begin deur na ringontwerpe te kyk wat jy aantreklik vind. Blaai deur aanlyn galerye, besoek juwelierswinkels of kyk na jou maat se bestaande juweliersware. Neem foto’s of maak aantekeninge oor wat jou opval. Foto : The Go-To Guy Creations 4. Kies ’n Ontwerpstyl Ringontwerpe wissel van minimalisties tot uitspattig. Besluit op die algemene styl wat jy wil hê: • Solitaire: Klassieke enkelsteenring. • Halo: Klein steentjies omring ’n groter middelsteen. • Drieklip: Drie stene wat simboliseer verlede, hede en toekoms. • Vintage: Ontwerpe met ouwêurige patrone en detailwerk. 5. Besluit oor die Materiaal Die materiaal van die ringband speel ’n groot rol in die algehele voorkoms en duursaamheid van die ring. Populêre keuses sluit in: • Geelgoud: Klassiek en warm. • Witgoud: Elegant en modern. • Rosegoud: Sag en romanties. • Platinum: Duursaam en luuks. Onthou om die karat-gewig van goud in ag te neem (bv. 14k of 18k) en om te oorweeg of jy dalk twee kleure wil kombineer. 6. Kies ’n Steen Die sentrumsteen is dikwels die fokuspunt van die ring. Diamante is die tradisionele keuse, maar jy kan ook ander edelstene oorweeg soos saffiere, smaragde of robyne. Let op die 4 C’s van diamante: • Sny: Die snit bepaal hoe goed die diamant lig weerkaats. • Kleure: Die kleur wissel van duidelik tot liggeel. • Helderheid: Hoe minder onsuiwerhede, hoe beter. • Karaat: Die grootte van die diamant. 7. Kies ’n Setting Die manier waarop die steen in die ring vasgehou word, is ook belangrik: • Prysing: Klasieke tande wat die steen in plek hou. • Bezel: ’n Gladde metaalrand om die steen. • Pavé: Klein steentjies wat in die band ingewerk is. • Kanaal: Steentjies wat in ’n metaalbaan vasgehou word. Foto : The Go-To Guy Creations Dinge wat jy nie moet doen nie Moenie te goedkoop wees nie Dit mag aanloklik wees om koste te bespaar, maar goedkoop materiale of swak werk kan op die lange duur duurder wees. Kies eerder duursame metale soos goud of platinum en vermy sagte materiale soos silwer of koper. Moenie jaag nie.Ontwerp en maak van ’n ring neem tyd. Dit is beter om stadig en seker te werk as om haastige besluite te neem waaroor jy later spyt is. Moenie skerp of brose ontwerpe kies nie Skerp hoeke of te delikate patrone kan maklik vassteek of breek. Werk saam met jou juwelier om ’n ontwerp te skep wat mooi, maar ook prakties is. Moenie gom gebruik nie Steeninstellings moet meganies en duursaam wees. As jy hoor van gomgebruik, hardloop eerder na ’n ander juwelier. Moenie ‘n amateur gebruik nie.Maak seker jy werk met ’n gekwalifiseerde juwelier met goeie resensies. Jou ring moet gemaak word deur iemand wat weet wat hulle doen en kwaliteit werk lewer. Foto : The Go-To Guy Creations Laaste wenke Doen jou navorsing.Neem tyd om jou opsies te verken. Kyk na resensies en vra vrae. ’n Goeie juwelier sal bereid wees om jou deur die hele proses te lei. Geniet die proses Die ontwerp van ’n ring is ’n spesiale geleentheid. Maak dit romanties en opwindend. Dit is nie net ’n juweel nie, maar ’n simbool van jou liefde. Deur hierdie stappe te volg, kan jy ’n unieke ring skep wat perfek by jou en jou maat pas. Van die eerste idee tot die finale produk, elke stap is ’n kans om iets besonders te maak wat vir altyd gekoester sal word.0010
- Coffee Snobs – Musiek, Koffie en 'n Goeie VibeIn Performing Arts Talk·February 5, 2025Daar is twee dinge wat die meeste mense in die oggende aan die gang kry: musiek en koffie. En as jy ‘n fan van albei is, dan behoort Coffee Snobs reeds op jou radar te wees. Hierdie sangpaar, Marius en Vernette Wessels, is nie net ‘n talentvolle duo nie, maar hulle bring ook daardie warm, geurige en verslawende energie wat goeie koffie – en goeie musiek – behoort te hê. Foto : Facebook Coffee Snobs Hoe Dit Alles Begin Het Vernette, gebore in Pretoria, het al van ‘n jong ouderdom af ‘n passie vir musiek gehad. Klavierlesse op agt, kitaar op 14 en toe begin sy self liedjies skryf – duidelik ‘n natuurlike talent. Na skool het sy informele optredes begin doen in kerke en restaurante, maar haar talent is vinnig raakgesien. Toe Laurika Rauch haar liedjies hoor, het sy Bly Nog So Bietjie en Die Reis op haar eie albums opgeneem. Nie ‘n slegte begin nie, né? Marius se storie is ‘n bietjie anders. Hy het ‘n korporatiewe loopbaan van 20 jaar gehad voordat hy uiteindelik besluit het om sy liefde vir musiek voltyds te volg. Sy pa was deel van ‘n boeremusiek orkes en sy ma was ook baie musikaal – musiek het dus in sy bloed gevloei, al het dit ‘n paar dekades geneem om dit voltyds na te jaag. Die Geboorte van Coffee Snobs In 2009 is Marius en Vernette getroud en uiteindelik het hulle in 2012 Coffee Snobs gestig. Aanvanklik was hulle ‘n groep van vier, maar uiteindelik het hulle besluit om as ‘n duo voort te gaan. In 2014 het hulle hul eerste enkelsnit vrygestel – en dit was ‘n treffer! Dit het gelei tot ‘n vollengte album met Wicus Struwig as vervaardiger en Vernette as mede-vervaardiger. Een van hul grootste mylpale was toe twee van hul liedjies in die Afrikaanse film ‘n Man Soos My Pa gebruik is – Draai Terug en Bloed Is Dikker As Water. Dis nie net ‘n groot prestasie nie, maar dit bevestig ook dat Coffee Snobs se musiek diep sny en ‘n emosionele reaksie by luisteraars uitlok. Musiek Wat Smaak Soos Goeie Koffie Wat maak Coffee Snobs se musiek uniek? Hulle kombineer intelligente, sensitiewe lirieke met ‘n styl wat veelsydig en toeganklik is. Hulle debuutalbum Storm is later as Aroma heruitgereik in 2016, met twee bonus snitte. Een van die hoogtepunte? ‘n Vernuwende weergawe van die ikoniese Kinders Van Die Wind. En dan is daar Eie Land, ‘n enkelsnit wat in 2015 uitgereik is en ‘n nommer een posisie op Groot FM en SFM behaal het. Hierdie liedjie het selfs die amptelike temalied geword vir die 2016 Old Mutual Joburg2c bergfietsresies – ‘n bewys dat hulle musiek nie net in koffiewinkels of op ‘n Sondagmiddag werk nie, maar selfs vir ‘n adrenalien-gelaaide sportgebeurtenis! ‘n Onvergeetlike Live Ervaring Een ding is verseker: Coffee Snobs weet hoe om ‘n gehoor te vermaak. Hulle lewendige optredes het ‘n ontspanne, gesellige atmosfeer, waar hulle musiek uit verskeie genres insluit om by ‘n wye gehoor te pas. Dis nie net ‘n konsert nie – dis ‘n ervaring. Dis die tipe musiek wat jy geniet saam met ‘n warm cappuccino in die hand en ‘n klomp vriende om jou. ‘n Huisgenoot Tempo Genomineerde Duo Hulle talent is nie net iets wat aanhangers raaksien nie – die Afrikaanse musiekbedryf het dit ook erken. Coffee Snobs is ‘n Huisgenoot Tempo genomineerde duo, ‘n bewys dat hulle ‘n spesiale plek in Afrikaanse musiekliefhebbers se harte het. Branderkind - Coffee Snobs Branderkind | Coffee Snobs Sosiale Media Platforms Facebook : Kliek Hier Luister Coffee Snobs musiek hier YouTube : Kliek Hier Spotify : Kliek Hier Apple Musiek : Kliek Hier005
- White Eagle Guest Lodge and Wedding Venue: Your Dream Wedding in the Magaliesburg MountainsIn Wedding, Beauty and Love Talk·March 13, 2025If you’re searching for a wedding venue that blends classic elegance with a relaxed bushveld charm, then White Eagle Guest Lodge and Wedding Venue in the Magaliesburg mountains is exactly what you need. Just a scenic drive away from Potchefstroom, this Cape Dutch-style lodge offers the perfect balance of sophistication and nature, making it an ideal location for couples looking for a wedding venue that stands out. Image : Facebook White Eagle Guest Lodge and Wedding Venue A Venue with a View Nestled in the breathtaking Magaliesburg mountains, White Eagle Guest Lodge offers a stunning backdrop for your wedding day. Whether you’re looking for a romantic outdoor ceremony or a more traditional indoor setting, the venue provides multiple options to suit your vision. The beautiful garden areas and water chapel/gazebo make for a dreamy outdoor ceremony, while the main reception area allows guests to celebrate in comfort without losing the natural beauty of the surroundings. If you’ve always imagined a wedding with endless photo opportunities, you won’t be disappointed. A Wedding Tailored to You White Eagle offers wedding packages that cater to both intimate and larger weddings. With options for 50 to 80 guests, you get the freedom to plan your special day without worrying about overcrowding or losing that personal touch. The venue provides stunning wooden tables, stylish black chairs, and a choice of elegant décor to bring your wedding theme to life. Attention to detail is key here, and the team ensures everything is set up exactly how you want it. From a DJ to keep the dance floor alive to a full-service bar for your guests to enjoy, no effort is spared in making your wedding day one to remember. Food and Drinks to Impress One of the highlights of any wedding is the food, and White Eagle delivers with a delicious buffet meal featuring a variety of menu options. Champagne is provided for the bridal party as they get ready, and welcome drinks are served to guests upon arrival. Each table is set with a bottle of champagne for toasts, ensuring a touch of class throughout the evening. For those who love their coffee, a self-serve coffee station is available to keep guests fuelled for the night ahead. Water and juice are also provided at every table, keeping everyone refreshed throughout the celebration. Extra Touches for a Perfect Day The venue doesn’t just stop at providing a space for your wedding; they go the extra mile with additional services to make your day as stress-free as possible. A dedicated team handles the setup and cleaning, so you don’t have to lift a finger. A spacious bridal suite and groom’s dressing room ensure that both the bride and groom have a comfortable space to prepare for their big moment. There are also general photography areas around the venue, so you can capture every special memory in a stunning setting. And let’s not forget the large swimming pool – perfect for cooling off on a hot day or just adding to the relaxed, fun atmosphere of your celebration. Celebrate Under the Stars The reception area allows you to dance the night away, with a DJ included in the package to keep the party going until late. Whether you’re planning a formal dinner or a more laid-back celebration, White Eagle gives you the flexibility to create the wedding you’ve always dreamed of. With a raised platform for a bridal table or live band, your reception will have just the right mix of elegance and entertainment. Why Choose White Eagle Guest Lodge? • Stunning mountain views and Cape Dutch architecture • Flexible ceremony options (garden, water chapel, or reception hall) • Wedding packages for 50 to 80 guests • Full buffet meal with multiple menu choices • Champagne for toasts and welcome drinks for guests • Dedicated bridal and groom suites • Swimming pool and safe parking area • Professional team to handle setup, decor, and cleaning • DJ and dance floor for an unforgettable celebration Book Your Wedding Today Your wedding day should be unforgettable, and White Eagle Guest Lodge and Wedding Venue is committed to making that happen. Whether you’re planning a simple and intimate affair or a grand celebration, this venue offers everything you need to make your dream wedding a reality. Photos of White Eagle Guest Lodge and Wedding Venue Image : Facebook White Eagle Guest Lodge and Wedding Venue Image : Facebook White Eagle Guest Lodge and Wedding Venue Social Media Pages Facebook : Click Here0063
- Oukraal – ‘n Klassieke kuierplek met ‘n plaasgevoel in die hart van PotchIn Food and Health Talk·March 19, 2025🍽️🐄 🍽️🐄 🍽️🐄 🍽️🐄 🍽️🐄 As jy op soek is na daardie plattelandse gasvryheid met lekker kos en ‘n rustige atmosfeer, hoef jy nie verder te soek as Oukraal Restaurant en Plaashuis nie. Geleë op die bekende Bult in Potchefstroom, bring Oukraal vir jou die beste van twee wêrelde – ‘n gesellige restaurant en ‘n plaasvenue vir groot groepe. Oukraal Restaurant – ‘n legendariese eetervaring Die restaurant spog met ‘n lewendige maar knus kafee-styl atmosfeer en is ideaal vir ‘n vinnige koffie, ‘n lekker bord kos of ‘n spesiale funksie. Geleë by Classic Square, 78 - 80 Steve Biko Avenue, is dit maklik bereikbaar en perfek vir ‘n kuier op die Bult. Hier kan jy platters, vaste spyskaarte, privaat partytjies en selfs funksie-spyseniering verwag. Oukraal se passie is om elke keer vir jou ‘n legendariese ervaring te bied. En of jy nou wil dine-in, buite sit of jou kos kom optel, hulle is reg vir jou.Kontak hulle gerus by 018 294 4678 of stuur ‘n e-pos na oukraalpotch@hotmail.com. Oukraal Plaashuis – perfekte venue vir groot geleenthede As jy ‘n groter groep is of ‘n unieke venue soek, bied die Oukraal Plaashuis net buite Potch by Vredefort Dome, Schoemansdrift die ideale opsie.Hier word spitbraais, buffet-etes, akkommodasie en groot groepfunksies aangebied. Dis perfek vir familiefeeste, spanbou of selfs ‘n troue met ‘n plaasgevoel. ‘n Lekker plaasatmosfeer met ‘n moderne tikkie 🌾🔥 Oukraal bring vir Potch daardie klassieke plaasgevoel met ‘n moderne flair – of jy nou in die dorp kuier of ‘n uitstappie soek. Maak seker jy draai daar in vir daardie legendariese ervaring waarvan almal praat. 🍽️🐄 🍽️🐄 🍽️🐄 🍽️🐄 🍽️🐄 #OukraalPotch #Plaaskuier #PotchKos #PotchBult #PotchPlaaservaring #PotchGazette #TheGoToGuy #StroomStories #Potchefstroom0010
- Mindsets of Extraordinary Achievers: Lessons for Everyday LifeIn Food and Health Talk·March 7, 2025🧠🧠 🧠🧠 🧠🧠 🧠🧠 🧠🧠 Success isn’t just about talent or luck – it’s about mindset. The way we approach challenges, opportunities, and setbacks shapes the results we achieve. Whether in school, work, sports, or personal growth, the right mindset can make all the difference. Here are some key mindsets that set extraordinary achievers apart: The Go-To Guy Creations Achieving More Together (Collaboration) 🤝 • Great things happen when people work together. • Successful individuals know the value of teamwork and different perspectives. • Whether in sports, business, or education, collaboration brings out the best in people. • No one achieves greatness alone. Adapting to Change (Adaptability) 🔄 • Life is unpredictable, and things don’t always go as planned. • The best achievers don’t panic – they embrace change and adjust to new situations. • Flexibility is key in a fast-changing world, whether in careers, studies, or sports. Focusing on What Matters (Focus) 🎯 • Distractions are everywhere, but extraordinary achievers concentrate on their goals. • They don’t let unnecessary noise pull them away from what’s important. • Staying focused helps in schoolwork, sports, and everyday decisions. Taking the Lead (Proactive) 🚀 • Successful people don’t wait for things to fix themselves. • They take charge and make things happen through their own efforts. • Instead of complaining about problems, they find solutions. • Being proactive means taking responsibility for your own success. Thinking Ahead (Strategic Thinking) 🧠 • Achievers don’t just live day to day – they plan their next move carefully. • They align their actions with long-term goals to ensure every step leads to success. • Whether it’s saving money, studying, or building a career, thinking ahead makes a difference. Learning from Setbacks (Resilience) 💪 • Failure is not the end – it’s a lesson. • Strong-minded people don’t give up. • Every hardship is a chance to learn and come back stronger. • This mindset is crucial in academics, business, sports, and personal growth. Always Seeking New Ideas (Curiosity) 🔍 • Great achievers ask questions and are eager to learn. • They explore new ideas and opportunities, which help them grow. • The more curious you are, the more you discover and improve. Whether you’re a student, an athlete, or just someone looking to grow, these mindsets can help you achieve more. Start applying them in your daily life, and watch how things change for the better! 🧠🧠 🧠🧠 🧠🧠 🧠🧠 🧠🧠 #PotchGazette #TheGoToGuy #StroomStories #Potchefstroom005
- Hoe om in die Musiekbedryf te KomIn Music Talk ·February 18, 2025Baie mense droom daarvan om in die musiekbedryf te werk. Of jy nou daarvan hou om te sing, instrumente te speel of agter die skerms aan musiekproduksie te werk, daar is baie moontlikhede. Dit is 'n uitdagende, maar opwindende wêreld met groot geleenthede vir kreatiewe mense. Hier is 'n paar stappe en wenke om jou kans te vergroot om dit in die musiekbedryf te maak. Foto : The Go-To Guy Creations Wees duidelik oor jou doel Die musiekbedryf is baie breed. Wil jy 'n musikant, 'n vervaardiger, 'n liedjieskrywer of 'n klankingenieur wees? Dalk is jy meer geïnteresseerd in bestuur, bemarking of die besigheidskant van musiek. Wees eerlik met jouself oor wat jy wil doen en waar jou sterk punte lê. Sodra jy weet watter rigting jy wil inslaan, stel klein doelwitte. Wil jy jou eerste optrede binne drie maande hê? Wil jy 'n EP opneem? Begin met haalbare stappe en werk daarvandaan. Bou jou netwerk Kontak is alles in die musiekbedryf. Gaan na musiekfeeste, konserte en netwerkevenemente. Praat met mense, maak vriende en leer by ander wat alreeds sukses behaal het. Volg musikante en vervaardigers aanlyn en stuur vriendelike boodskappe. Dit is nie net oor wie jy ken nie, maar oor wie jou ken! As jy belangstel in musiekproduksie, probeer om tyd in 'n opname-ateljee deur te bring. Selfs al is dit net as 'n toeskouer, kan jy baie leer en die regte mense ontmoet. Aanvaar dat dit tyd neem Niemand raak oornag beroemd nie – behalwe miskien op TikTok, maar selfs dit verg baie agter-die-skerms werk. Dit vat jare van oefen, skryf, optree en foute maak voor mense jou musiek begin raaksien. Hou aan met werk, selfs al voel dit soms of niks gebeur nie. Baie bekende musikante moes jare lank ander werk doen om hulself te onderhou. Dit is nie 'n teken dat jy misluk nie – dit is net deel van die reis. Bou jou aanlyn-teenwoordigheid As jy nie aanlyn is nie, bestaan jy nie vir baie mense nie. Maak seker jy het 'n webblad, sosiale media-profiele en 'n YouTube- of TikTok-kanaal. Deel gereeld jou musiek, video's en optredes. Jou aanlyn-teenwoordigheid is jou digitale visitekaartjie. Maak dit professioneel, maar wys ook jou persoonlikheid. Mense hou daarvan om 'n musikant se storie te leer ken, so wees eerlik en deel jou reis. Kry soveel optredes as moontlik Speel soveel as moontlik voor mense – al is dit by koffiewinkels, skole, markte of troues. Hoe meer jy optree, hoe beter raak jy en hoe groter is die kans dat iemand jou raak sien. Soms sal jy vir min of geen geld speel, maar moenie altyd verniet werk nie. Dit is belangrik om waarde aan jou talent te heg. Balans is die sleutel – kry ervaring, maar leer ook om jouself te bemark en 'n regverdige fooi te vra. Kry 'n mentor As jy iemand ken wat al ervaring het in die musiekbedryf, vra of hulle bereid is om jou te mentor. 'n Mentor kan jou help om foute te vermy en jou wys hoe die industrie regtig werk. As jy nie 'n mentor persoonlik ken nie, kan jy steeds leer deur podcasts, boeke en aanlynklasse van ervare musikante en vervaardigers te volg. Doen 'n internskap As jy studeer of 'n voet in die deur probeer kry, oorweeg dit om 'n internskap te doen. Baie plate-etikette, studios en musiekmaatskappye het internskappe waar jy ervaring kan opdoen. Soms is dit nie goed geadverteer nie, so bel en vra self uit.Al is dit nie 'n betaalde internskap nie, kan die kontakte en ervaring die moeite werd wees. Bly passievol en geduldig Die suksesvolste musikante is diegene wat regtig lief is vir musiek. Dit is nie altyd maklik nie, en daar sal dae wees wat jy moedeloos voel. Fokus op jou passie en hou aan skep en leer. Finansiële bestuur Musiek is ‘n passie, maar ook ‘n besigheid. Leer hoe om jou geld reg te bestuur. Dit is aanloklik om al jou geld op nuwe instrumente of opname-toerusting te spandeer, maar doen dit net as jy dit werklik kan bekostig. Huur eerder toerusting totdat jy die inkomste het om jou eie te koop. As jy begin om geld uit optredes te verdien, sit 'n gedeelte weg vir bemarking en toekomstige projekte. Jy weet nooit wanneer ‘n goeie geleentheid kan opduik nie, en dit help om voorbereid te wees. Wees konsekwent Groot musikante hou aan om nuwe musiek te skep en dit met hul aanhangers te deel. Selfs al is jy besig, maak tyd om nuwe idees te skryf, op te neem en aanlyn te deel. As mense sien jy is aktief en toegewyd, is hulle meer geneig om jou musiek te ondersteun. Samewerking maak die industrie sterker Jy hoef nie alleen te werk nie. Werk saam met ander musikante, vervaardigers en klankingenieurs. Dit help jou om nuwe vaardighede te leer en om ‘n groter gehoor te bereik. In die musiekbedryf werk almal op een of ander manier saam – van kunstenaars en bestuurders tot promotors en agente. Deur vennootskappe te bou, vergroot jy jou kanse op sukses. Die musiekbedryf is ‘n lang speletjie Elke musiekkunstenaar se reis is uniek, en daar is nie ‘n enkele resep vir sukses nie. Hou aan werk, leer en pas jou strategie aan soos jy vorder. Die belangrikste is om jou musiek en jou gehoor te respekteer, en aan te hou met jou passie. So, as jy wil deel wees van die musiekwêreld, begin nou. Skryf daardie liedjie, oefen daardie instrument, gaan na daardie optrede en praat met mense. Jou groot kans is dalk net om die hoek. Sterkte!0019
- Tamlyn Wessels - Van Verlamming Tot MusieksterIn Performing Arts Talk·February 26, 2025Op net 20 jaar oud het Tamlyn Wessels al meer uitdagings aangepak as wat die meeste mense in ‘n leeftyd sal ervaar. In 2017, toe sy in Graad 7 was, is sy met Guillain-Barré-sindroom (GBS) gediagnoseer—‘n outo-immuunsiekte wat die senuweestelsel aantas en tot verlamming kan lei. Maar vir Tamlyn was dit nie ‘n einde nie—dit was net die begin van ‘n ongelooflike reis. Foto : Facebook Tamlyn Wessels ‘n Skielike Verandering Dit het begin met ‘n vreemde gevoel in haar duim. Die volgende dag het sy swak begin voel, met ‘n tinteling in haar ledemate. Hospitaalbesoeke het aanvanklik niks opgelewer nie, maar haar toestand het vinnig agteruitgegaan. Sy het gesukkel om asem te haal en kon nie meer self opstaan nie. Die aand toe sy in intensiewe sorg opgeneem is, het sy vir haar ouers gesê: "Ek kan regtig nie asemhaal nie." Dit was ‘n stryd om te oorleef. Vier maande in die waakeenheid, nog vier maande in rehabilitasie, en ‘n pad vol uitdagings het gevolg. Tamlyn moes van voor af leer asemhaal en loop. Maar sy het nie moed opgegee nie. Sy het Graad 8, nadat sy amper ‘n hele akademiese jaar gemis het, in net drie maande voltooi. Vandag dra sy steeds enkelspalks terwyl haar enkels aansterk, maar sy weier om stil te sit. Hardloop na Genesing Voor GBS was hardloop ‘n groot deel van Tamlyn se lewe. Nou is dit ‘n simbool van haar deursettingsvermoë. Sy is vasberade om ‘n 17km-wedloop te voltooi—nie net vir haarself nie, maar as bewys dat sy kan. Dit gaan nie net oor fisiese genesing nie, maar oor ‘n gees wat weier om gebreek te word. Musiek as Uitlaatklep In matriek het musiek van ‘n stokperdjie na ‘n loopbaan verander. Tamlyn het reeds enkelsnitte soos “Ek’s Verlore” en “Enigste Een” vrygestel, en sy gebruik haar musiek om ander te inspireer. Haar nuutste lied, “Lui Voete”, wat sy saam met Emil Paul geskryf het en deur Murray Lubbe vervaardig is, bring ‘n nuwe draai in die sokkie-genre. Die liedjie moedig mense aan om hul vrese en beperkings eenkant te skuif en net te dans—al is jou voete ‘n bietjie lui. Tamlyn lag en sê: "Ek wou nog altyd ‘n lied oor my gebrek skryf, maar op ‘n positiewe manier. Baie mense vra of ek kan sokkie. Ja, natuurlik! Maar my enkels is nie so lekker saam nie, so hulle is ‘n bietjie lui." Sy glo die lied gaan mense laat besef dat jy nie perfek hoef te wees om die lewe voluit te leef nie. As jy ‘n maat het wat die dansvloer wil vermy? Sê vir hom: “Laat my lui voete jou lei.” ‘n Dieper Boodskap Maar Tamlyn se missie gaan verder as net musiek. Sy gebruik haar sosiale media nie om ‘n influencer te wees nie, maar om mense te motiveer. "Ek wil nie hê mense moet vir my volg omdat ek bekend is nie. Ek wil hê hulle moet volg omdat ek hulle inspireer." Vir haar gaan dit nie oor simpatie nie—dit gaan oor geloof en hoop. "Ek wil nie hê mense moet na my kyk en sê, ‘Wow, sy is sterk’ nie. Ek wil hê hulle moet kyk en sê, ‘Wow, God is goed.’" Wat Kom Volgende? Met ‘n kontrak by Select Musiek, ‘n groeiende diskografie en groot drome, is Tamlyn besig om haar merk te maak. Haar storie wys dat jy enige struikelblok kan oorkom en jou drome steeds kan najaag—selfs as dit beteken dat jy dit met ‘n klein bietjie wyn moet doen. Een ding is seker—Tamlyn Wessels is hier om te bly, en sy gaan veel meer as net ‘n klein bietjie golwe maak. Tamlyn Wessels - Lui Voete Tamlyn Wessels - Lui Voete (Official Music Video) Sosiale Media Platforms Facebook : Kliek Hier Instagram : Kliek Hier0055
- Dan Patlansky - A Blues Rock PowerhouseIn Performing Arts Talk·February 24, 2025Dan Patlansky is more than just a blues guitarist—he is a storyteller, performer, and one of the most respected musicians in the blues rock scene. With a career spanning over two decades, he has crafted a sound that blends blues, rock, and raw emotion. Whether performing for thousands alongside Bruce Springsteen or headlining international festivals, Patlansky continues to push the boundaries of modern blues. Image : Facebook Dan Patlansky Early Career and Breakthrough Moments Patlansky’s journey began with a passion for the blues and an old guitar. Over the years, his style evolved into a powerful mix of soulful lyrics, intricate guitar solos, and electrifying live performances. He released his first album in 1999, and since then, his music has consistently received international acclaim. One of his defining career moments came in February 2014, when he was handpicked by Bruce Springsteen to open for his High Hopes Tour at FNB Stadium in front of 64,000 people. For an artist who had spent years perfecting his craft, this was a moment of validation—and it was only the beginning. International Recognition Dan has performed extensively in the United Kingdom, Europe, and the United States, earning a loyal global fanbase. In 2015, legendary guitarist Joe Satriani invited him as a special guest on his UK Shockwave Tour, exposing Patlansky’s music to an even wider audience. His 2014 album, Dear Silence Thieves, was a game-changer. Produced by Theo Crous, the album was voted #1 Blues Rock Album by Blues Rock Review USA, standing alongside industry giants like Joe Bonamassa and Rival Sons. It set a new standard for his music, and in 2016, he repeated the feat with Introvertigo, which also topped the Blues Rock Review rankings. The Evolution of Sound Patlansky is not one to rest on past achievements. Every album he releases brings something fresh to the table. His 2018 album, Perfection Kills, took a rawer, less polished approach, reflecting his vision for a more authentic blues experience. The album was met with critical acclaim, landing him a SAMA Award for Best Rock Album and a spot on Blues Rock Review’s list of top albums of the year. His 2022 album, Shelter of Bones, was recorded over three years, capturing the ups and downs of life during the pandemic. The album was voted #2 Best Blues Rock Album by Blues Rock Review USA and ranked among the Top 5 Albums of 2022 by Classic Rock Magazine. The Latest Chapter: Movin’ On (2024) Dan’s latest album, Movin’ On, was released in March 2024, marking another evolution in his sound. Unlike previous records, this album was a collaborative effort, with Andy Maritz and Greg Van Kerkhof joining him in the writing process. Patlansky describes the album as his most honest and raw work yet, capturing the essence of live performance with minimal production polish. The title track, “Movin’ On”, encapsulates the album’s theme of self-discovery and artistic freedom. The album was well received, earning the #3 Best Blues Rock Album of the Year title from Blues Rock Review USA. A Guitarist Among the Best Patlansky’s guitar skills have earned him international recognition. He has been voted among the Top 10 Blues Guitarists in the World multiple times by Total Guitar Magazine and MusicRadar. His ability to blend technical precision with raw emotion sets him apart in the blues rock world. Live Performances and Touring One thing that sets Dan Patlansky apart is his explosive live performances. Whether it’s an intimate acoustic show or a full-band electric set, he brings a level of passion and energy that leaves audiences wanting more. He has toured extensively, playing major festivals in Europe, the UK, and the US, as well as sold-out shows across South Africa. His 2024 tour schedule includes stops in Germany, the Netherlands, Belgium, and the UK, as well as a special tribute tour in South Africa. Final Thoughts Dan Patlansky is not just a blues guitarist—he is an artist dedicated to his craft, continuously evolving while staying true to his roots. His ability to connect with audiences through his music makes him a standout figure in the blues rock world. With each album, he proves why he remains one of the most respected musicians in the genre. Whether you’ve been a fan for years or are just discovering his music, Dan Patlansky is an artist worth listening to. Dan Patlansky -Dog Day Dan Patlansky - 'Dog Day' - Official Music Video Social Media Pages Facebook : Click Here Instagram : Click Here0010
- Troufoto’s - Wat julle as paartjie moet onthou vir daai perfekte kiekiesIn Wedding, Beauty and Love Talk·March 26, 2025Troufoto’s is nie net mooi prentjies vir ’n fotoalbum nie. Dis die goed wat julle later gaan wys vir julle kinders, of in die gang gaan opsit waar almal dit kan sien. Dis dus belangrik om nie net ’n goeie fotograaf te kies nie, maar ook reg voor te berei vir die groot dag. Foto : The Go-To Guy Creations Wat moet julle gereed hê? 1. Jou rok en bykomstighede Sit jou trourok, sluier en skoene op ’n mooi hanger (nie daai plastiek een van die winkel nie). Jou fotograaf gaan dit afneem nog voor jy dit aantrek. Voeg ook jou juweliersware, parfuum, kousband en iets ouds of iets blou by. Pak dit alles saam in een boksie. Dit help dinge vlot laat verloop. 2. Die uitnodigingstel Jou uitnodiging, RSVP-kaartjie, omslag – als wat met jou troue se papierwerk te doen het – moet ook gereed wees. Hierdie foto’s neem gewoonlik tyd, so hoe vinniger dit reg is, hoe beter. 3. Die ringe Ja, al drie – verloofring, die bruid se trouring en die bruidegom s’n. Sit dit saam sodat die fotograaf nie moet soek nie. ’n Ringfoto is ’n moet. 4. Blomme As jou ruiker en die oortjies van die bruidegom en strooimeisies al afgelewer is voor jy begin regmaak, perfek! Jou fotograaf kan hulle mooi afneem saam met ander detail. Los blommetjies van die florist help ook vir mooier komposisie. 5. Die bruidegom se goed Moet hom nie vergeet nie. Sy das, horlosie, manchetknope en parfuum vertel ook deel van die storie. ’n Paar foto’s van hom wat regmaak is altyd ’n wenner. Foto : The Go-To Guy Creations 6. Ken jou styl en begroting Besluit vooraf watter tipe troufoto’s julle wil hê – klassiek en sag, of meer natuurlik en spontaan. En wees realisties oor julle begroting. Troufotografie kan tussen R25 000 en R100 000 kos, afhangend van styl en ervaring. 7. Wees eerlik oor familie As daar moeilike familiedinamika is, sê vir jou fotograaf. Laat hulle weet wie belangrik is vir foto’s, of as daar iemand is wat dalk bietjie buite die groep gehou moet word. Dis nie ’n tyd vir verrassings nie. 8. Moenie alles beheer nie Vertrou die fotograaf. Jy het hulle gekies vir ’n rede. Moenie elke foto probeer regie nie. Laat hulle hul werk doen – hulle weet wanneer die lig reg is, en hulle sien oomblikke wat julle dalk mis. 9. Tydsberekening is belangrik Gee genoeg tyd vir foto's van julle as paartjie. Trek 30-45 minute af vir familie, en nog 45 minute vir net julle twee. Jy gaan bly wees jy’t dit gedoen. 10. En laastens… watermerke en wagtyd Moenie skrik as jy eers net foto’s met watermerke kry nie – dis vir die fotograaf se beskerming. Gewoonlik neem dit tussen 2 en 8 weke om jou finale foto’s te kry. Maar party fotograwe gee vroeë “sneak peeks”. Die slotgedagte As julle wil hê julle troue moet onthou word soos dit regtig was – vol emosie, spesiale oomblikke en ’n tikkie chaos – sorg dat julle fotograaf al die regte goed het om mee te werk. En geniet dit! Want dis julle dag, julle storie, en daardie foto's is wat dit vir altyd gaan vasvang. Fotograwe in Potchefstroom Kliek Hier0042
- deMILKo: Die Beste Koffieplek in Potch!In Food and Health Talk·March 13, 2025☕🔥 ☕🔥 ☕🔥 ☕🔥 ☕🔥 As jy "lekker koffie" in jou GPS intik, gaan hy jou reguit na deMILKo vat – en met goeie rede! Hierdie gunsteling kuierplek in Kanonnierspark, Potchefstroom is bekend vir sy topgehalte koffie, ontspanne atmosfeer en vriendelike geselskap. Hoekom Mense Demilko Liefhet ✔️ Die beste koffie in Potch – As jy ernstig is oor koffie, is dit die plek vir jou.✔️ Perfekte ligging – Gerieflik geleë in Kanonnierspark, maklik om te kry.✔️ Lekker atmosfeer – Of jy nou kom werk, gou ’n koffietjie soek, of nuwe mense wil ontmoet, Demi Lko bied dit alles. Meer as Net Koffie deMILKo is nie net oor goeie koffie nie – dit is ’n plek waar Potch se gemeenskap bymekaarkom. Of jy nou ’n student, werker of net op soek na ’n lekker kuierplek is, jy gaan altyd ’n warm welkom en goeie geselskap hier kry. Kom Kuier by Demilko! 📍 Adres: 26 Borcherds St, Kanonnierspark, Potchefstroom 📧 E-pos: demilko.bult@gmail.com Volgende keer as jy lus is vir topgehalte koffie en ’n lekker atmosfeer, weet jy waar om te gaan! ☕👌 ☕🔥 ☕🔥 ☕🔥 ☕🔥 ☕🔥 #LekkerKoffie #PotchGunSteling #KoffieKultuur #PotchGazette #TheGoToGuy #StroomStories #Potchefstroom009
- Opening position!In Job Board Students·March 2, 20250023
- Hoe Om Erfstukke in Jou Troue In Te SluitIn Wedding, Beauty and Love Talk·January 9, 2025Jou troudag is nie net ’n viering van jou liefde en verbintenis nie, maar ook ’n geleentheid om jou familie se geskiedenis en tradisies te eer. Een van die mooiste maniere om dit te doen, is deur erfstukke by jou troue in te sluit. Hierdie kosbare items dra herinneringe, stories en generasies se liefde, wat jou spesiale dag nog meer betekenisvol maak. Foto : The Go-To Guy Creations 1. Draagbare Herinneringe Een van die maklikste en gewildste maniere om erfstukke in jou troue te gebruik, is deur dit aan te trek of saam te dra. Dit is ’n pragtige manier om jouself te verbind met jou familiegeskiedenis. • Trourok: As jou ma of ouma se trourok steeds in goeie toestand is, oorweeg dit om dit aan te pas of sekere dele daarvan by jou rok in te werk. ’n Stukkie kant of stof van die oorspronklike rok kan in jou nuwe rok ingewerk word. • Juwele: Dra familiejuwele soos ’n string pêrels, ’n hangertjie, of jou ma se diamantoorbelle. Dit voeg nie net sentiment nie, maar ook iets spesiaal by jou “iets oud” of “iets geleen”. • Grootman-toebehore: Vir bruidegomme is opsies soos oorerflike mansknopies, strikdasse, of sakdoeke perfek om ’n subtiele huldeblyk aan familie te bring. 2. Versier Jou Ruiker Die ruiker is ’n wonderlike plek om erfstukke in te sluit. Dit is simbolies en hou jou geliefdes naby terwyl jy na die altaar stap. • Borsspeld: Heg ’n ouerlike broche aan die ruikerstam vas vir ’n klassieke, elegante voorkoms. • Foto's: Sit ’n klein hangertjiemet foto’s van spesiale geliefdes aan jou ruiker vas. Dit is ’n tasbare herinnering aan wie jy vereer. • Kant: Gebruik ’n stuk kant van jou ma se trourok om die steel van jou ruiker te draai. 3. Seremonie-dekor met ’n Erfenis Maak jou seremonie-area meer persoonlik deur erfstukke by die dekor in te sluit. • Altaar-items: Gebruik erfstukke soos kandelare, fotoraamwerke, of spesiale voorwerpe wat belangrik is in jou familie se geskiedenis. • Eenheidskerse: As jou familie ’n eenheidskers gebruik het in vorige troues, oorweeg dit om dieselfde kers in jou seremonie in te sluit. • Lappieskombers: Gebruik ’n familiehandgemaakte kombers as agtergrond of dekor vir jou seremonie. Foto : The Go-To Guy Creations 4. Ontvangsdekor met ’n Boodskap Die ontvangs is ’n uitstekende plek om erfstukke in te werk en jou gaste deel te maak van jou familie se geskiedenis. • Tafeldekking: Gebruik erfstukke soos porseleinborde, silwer eetgerei, of kristalglase as deel van jou tafeldekking. Dit voeg ’n nostalgiese en elegante gevoel by. • Middelstukke: Sluit familievase of ornamente in as deel van jou tafelmiddelstukke. • Fotowand: Skep ’n galery van familie troufoto’s by jou ontvangs. Dit gee gaste ’n blik op jou familie se liefdesverhaal oor die jare. 5. Gebruik Familieresepte Kos speel ’n belangrike rol in enige troue, en wat is meer spesiaal as om familieresepte in te sluit? • Spyskaart: Werk saam met jou spysenier om geregte van jou ouma se resepteboek by jou spyskaart in te sluit. Dink aan tuisgebakte broodjies of ’n spesiale nagereg wat al generasies lank in jou familie is. • Troukoek: Gebruik jou ouers of grootouers se koekversieringsitem, soos hul oorspronklike koektopper of snyer, vir jou troukoek. 6. Moenie die Kleintjies en Mans Vergeet Nie Erfstukke kan ook gebruik word om die kinders en mans in die familie te betrek. • Ringdraerkussing: Skep ’n kussing uit ’n stuk stof van jou ouma se rok. Dit gee die klein ringdraer iets spesiaals om vas te hou. • Sakdoeke of dasse: Heg ’n klein stukkie kant of stof van ’n erfstuk aan ’n mans-sakdoek of das. Foto : The Go-To Guy Creations 7. Sentimentele Geskenke Verander erfstukke in betekenisvolle geskenke wat jou familie vir altyd kan koester. • Sakdoeke: Skep monogram-sakdoeke vir jou ma of ouma uit ’n stuk van jou trourok of hul eie. • Fotoraam: Gee ’n erfstuk-fotoraam met ’n spesiale foto aan jou ouers as ’n geskenk om hulle te bedank. 8. Stel ’n Tradisionele Seremonie Op ’n Gesins-eenheidsritueel is ’n wonderlike manier om familie in jou troue in te sluit. • Simboliese Voorwerpe: Laat familielede belangrike items by ’n tafel of altaar plaas om die vereniging van twee gesinne te simboliseer. • Persoonlike boodskappe: Laat familielede hul stories of wense op erfstukke skryf wat deel van jou huisversiering kan word. Die Finale Gedagte Erfstukke bring ’n diep gevoel van verbinding, tradisie, en betekenis na jou troudag. Of dit nou deur mode, dekor, kos, of simboliese tradisies is, die gebruik van hierdie spesiale items hou jou familiegeskiedenis lewendig en gee jou gaste ’n blik op wat jou verhouding en gesin spesiaal maak. As jy jou groot dag beplan, neem die tyd om saam met jou familie te gesels oor watter erfstuk ingesluit kan word. Hierdie klein gebare maak jou troue uniek en skep herinneringe wat vir geslagte lank gekoester sal word.0010
- Chilled Vibes and Rooftop Views at SKYDECK Sunset CafeIn Food and Health Talk·March 27, 2025🍹🌇 🍹🌇 🍹🌇 🍹🌇 🍹🌇 If you’re looking for a lekker spot in Potch to unwind after a long week, look no further than SKYDECK Sunset Cafe. This open-air rooftop cocktail bar and restaurant has quickly become a favourite for locals who enjoy great views, good company, and even better drinks. Image: SkyDeck What’s on Offer? SKYDECK isn’t just about sunsets – their menu has something for everyone. Here’s a quick look at what you can expect: • 🍸 Photo-worthy cocktails that taste just as good as they look • 🍴 Tapas, snack platters, and light meals for a relaxed dining experience • 🥂 Bubbly, sparkling wines, and a proper selection of white and red wines • 🍺 Cold beers and ciders – ideal for our hot Potch days • 🍸 Gin lovers, take note – there’s a variety that’ll definitely hit the right note • 🥃 A wide range of distilled liquor, from medium to high-end labels Bookings and Functions Planning a little get-together or special event? SKYDECK’s got you covered. • 🪑 Tables for 2–4 people work on a first come, first serve basis • 👥 Groups of 6–30 can book in advance – just contact the team to check availability • 🎉 Private functions like birthdays, year-end parties, bachelorettes, or gender reveals are also welcome. The venue can host 30–100 guests, and the team will help tailor the menu to suit your vibe From wine pairings to whiskey tastings, SKYDECK is the ideal spot for a small to medium intimate gathering with a view. Image: SkyDeck When to Go Here are their current trading hours: 📍 17 Walter Sisulu Avenue, Potchefstroom • Monday & Tuesday: Closed • Wednesday to Saturday: 12:00 – 21:00 • Sunday: 12:00 – 19:00 Get in Touch 📞 Call or WhatsApp: 071 198 9133 📧 Email: bookings@skydeck.co.za 🌮Menu: Click Here Whether you’re after a sundowner, a chilled bite, or a stylish event space, SKYDECK Sunset Cafe is definitely worth a visit. 🍹 🍹🌇 🍹🌇 🍹🌇 🍹🌇 🍹🌇 #SkydeckPotch #RooftopVibes #PotchEats #SunsetSessions #PotchGazette #TheGoToGuy #StroomStories #Potchefstroom #Sportstroom0016
- Die Wetenskap Agter 'Perfect Pitch'In Music Talk ·January 23, 2025Dink net, jy sit by ’n braai en iemand slaan per ongeluk op 'n bottel se nek, en Dis ‘n perfekte B-flat! Wat ‘n talent, reg? Hierdie vermoë word bekend as “perfect pitch” of absoluut gehoor, en hoewel dit baie raar is, het wetenskaplikes begin om ‘n bietjie meer lig te werp op hoe dit eintlik werk. Foto : The Go-To Guy Creations Wat is Perfect Pitch, regtig? Perfect pitch is basies die vermoë om ‘n musieknoot te hoor en dit dadelik te identifiseer sonder enige verwysing. Dis soos om kleure te kan benoem: rooi, blou, groen – net hier is dit C, D, E. Die meeste mense het relatiewe gehoor: hulle weet dat ‘n sekere noot hoër of laer is as ‘n ander, maar om ‘n noot se naam net so uit die lug uit te weet? Dis ‘n ander storie. Volgens studies kan slegs ‘n klein persentasie van mense dit doen. Sommige sê dit’s 1 uit 10,000, maar ‘n 2019-oorsig dui aan dat ten minste 4% van musiekstudente absoluut gehoor het. Dis min, maar as jy dit het, kan jy jou vriende (en moontlik jou baas) nogal beïndruk. Hoe werk dit in jou brein? Navorsing deur wetenskaplikes aan die Universiteit van Chicago het probeer uitvind hoe mense met perfect pitch klanke verwerk. Hulle het 31 mense getoets – 16 met perfect pitch en 15 sonder – en elektrodes aan hul koppe gekoppel om te kyk hoe hul breine op musiek reageer. Die studie het “FFR” (“frequency following response”) gemeet, wat basies ‘n kiekie is van hoe goed jou brein klanke kan kodeer. En raai wat? Die FFR was ‘n beter voorspeller van hoe goed mense toonhoogtes kan benoem as selfs hul musikale opleiding. Foto : The Go-To Guy Creations Selfs mense met perfect pitch gesukkel om klanke wat nie op ‘n tradisionele instrument gespeel is nie, te benoem. Hulle was gemiddeld 98% akkuraat met klavierklanke, maar slegs 77% akkuraat met suiwer sinusgolwe (klanke wat geen instrumentale klankkleur het nie). Dit wys dat ervaring met instrumente ‘n groot rol speel. Kan jy dit aanleer? “Practice makes perfect,” sê mense altyd, maar kan jy perfect pitch aanleer? Die antwoord is... soort van. Absolute gehoor is nie heeltemal vas nie. Die FFR, daardie breinreaksie wat klanke kodeer, kan moontlik verbeter word deur oefening. Maar dit beteken nie almal kan “perfect” word nie. Sommige wetenskaplikes glo daar is ‘n kritieke periode tydens kinderontwikkeling wanneer dit makliker is om hierdie vaardigheid te ontwikkel, veral as jy ‘n musiekinstrument leer speel. Mense wat ‘n toon-taal soos Mandaryns praat, het ‘n hoër kans om perfect pitch te ontwikkel. Hierdie tale gebruik toonhoogtes om die betekenis van woorde te verander, wat beteken hul ore is al van kleins af meer ingestel op spesifieke klankfrekwensies. In Afrikaans (en Engels) het ons ongelukkig nie dieselfde voordeel nie. Is dit ‘n geskenk of ‘n las? Mense met perfect pitch mag dalk soos rockstars klink, maar dit het sy nadele. Byvoorbeeld, as musiek “uit” gestem is (soos Barokmusiek wat dikwels gestem is by A=415Hz eerder as 440Hz), kan dit vreeslik irriterend wees vir iemand met absoluut gehoor. Hulle kan ook sukkel met musiek wat in die “foutiewe” sleutel getransponeer is. Dan is daar die probleem van musiek wat elektronies geskep word met ongewone stemmings of skale – dit gooi perfect pitch-eienaars heeltemal van hul spel af. So, as jy ‘n DJ is en jou set is vol eksperimentele klanke, wees voorbereid op ‘n paar vreemde kykies van die musiekliefhebbers met perfect pitch. Foto : The Go-To Guy Creations Kan dit jou ryk maak? Wel, miskien nie ryk in rande en sente nie, maar dit kan beslis ‘n musiekloopbaan help. Mense met absoluut gehoor vaar dikwels beter met musiektranskripsies en kan vinniger musiek leer. As jy ooit in ‘n talentkompetisie beland en jy kry ‘n geleentheid om te wys wat jy kan doen, kan jy miskien ‘n prys wen. Dalk net nie ‘n miljoen rand nie, tensy jy regtig gelukkig is. Perfect pitch is ‘n ongelooflike talent, maar dit kom met sy eie uitdagings. Alhoewel dit lyk of sommige mense daarmee gebore is, speel oefening en ervaring ‘n groot rol. En selfs al het jy dit nie, beteken dit nie jy kan nie ‘n uitstekende musikant wees nie – relatiewe gehoor is net so waardevol. Dus, as jy volgende keer hoor hoe iemand spog oor hul perfect pitch, weet jy nou dat dit ‘n kombinasie van genetika, breinreaksies en baie oefening is. En onthou, solank jy musiek geniet, is jy reeds ’n wenner – perfect pitch of nie.004
- Noord-Kaapse Bos van Fortuin: Die Soektog na Liebenberg se Vermeende Begrawe MiljoeneIn News Talk·February 2, 2025(Satiriese Korrespondent] NOORD-KAAP – Gryp jou graaf, vul jou waterbottel en laai die bakkie vol – want daar is gerugte dat Louis Liebenberg se “verlore” miljoene iewers in die stowwerige veld onder bome begrawe lê. Skuif opsy, Kruger-miljoene; die Liebenberg Skatkis is nou hier om die kollig te steel in Suid-Afrika se nuutste skattejag-saak. Volgens onlangse hofverrigtinge word daar gefluister dat Liebenberg dalk “buitengewone” bates onder die Noord-Kaapse bome versteek het. Plaaslike akasias is blykbaar alreeds op hul hoede en wag vir skattejagters met grawe, metaalsoekers en wilde drome. “Ons oorweeg om veiligheidshelms vir al ons wortels te begin uitdeel,” spot ’n verteenwoordiger van die boomgemeenskap. “Dis duidelik mense kom nie net meer vir ’n rustige piekniek nie.” Image: The Go-To Guy Creations ’n Geval vir ’n Hollywood-avontuur? Die drama is gewortel in bewerings dat Liebenberg, wat na bewering sowat R150 miljoen skuld, ’n groteske R144 miljoen daarvan in dobbelaktiwiteite verloor het. Hy dring egter daarop aan dat sommige van dié “transaksies” eintlik wettige besigheidstransaksies was. Die hof blyk nie heeltemal oortuig te wees dat hierdie “besigheidsaktiwiteite” eindig in ’n blik onder ’n kameeldoringboom nie. Vir nou kry hy ’n kans om weer te probeer bewys hy is nié so bankrot soos dit mag lyk nie – al moet hy dalk ’n metaalverklikker saambring hof toe. Fokus op die Noord-Kaap Met dié nuwe soektog-manie is daar gerugte dat toerisme-amptenare alreeds ’n bemarkingsveldtog uitwerk: “Kom kuier in die Noord-Kaap: Waar elke boom ’n bankkluis kan wees!” Verwaagde entrepreneurs oorweeg glo “Liebenberg Miljoene”-toere, volledig met tent-oornag pakkette, grawe, en oulike kampvuur-stories oor verlore diamante. Terwyl finansiële kenners hulle koppe krap oor hierdie skattejaggerugte, is daar ’n paar dapper dromers wat swoer hulle het al “vars grond” raakgesien naby ’n sekere kierieklapper. ’n Ander bewering sê diamante kan dalk in die hol stam van ’n baobabboom versteek wees, alhoewel die baobabs swyg oor enige betrokkenheid. Kruger-miljoene 2.0? Ons ken almal die legendariese verhaal van President Paul Kruger se goud, vermoedelik iewers in die Afrika-wildernis verlore. Nou lyk dit of ons die opvolgversie van hierdie legende het: die “Liebenberg Skatkis,” met diamante en goud en ’n paar hofstukke ingegooi. Miskien sal kampvuurvertellers oor ’n paar dekades nog steeds praat van dié soektog, met avonturiers wat deur die bosse loop en hoop ’n flinke hou met die graaf sal ’n paar blink klippe onthul. In elk geval is daar ’n skielike oplewing in verkope van skopgrawe, sê hardewarewinkels. Die Pad Voorentoe Intussen het die hof ’n bevel gemaak vir voorlopige sekwestrasie van Liebenberg se boedel, terwyl ons wag om te sien of hy sy bates kan opspoor – al is dit dan nou onder ’n doringboom in die middel van nêrens. Totdat die finale beslissing bekend is, kan ons maar net verbeel hoe entoesiastiese avonturiers in die nag rondsluip, luisterend vir ’n klink van goud of ’n gefluister van diamante. Geen boom word in elk geval meer vertrou nie – want as daar nou eers sprake is van begrawe skatte, sal elke bos se wortels gereeld ondersoek word. So, maak skerp jou grawe en hou jou sin vir humor byderhand, want of dit nou tong-in-die-kies is of nie, ons weet nooit watter geheime onder die Noord-Kaapse grond skuil nie. En as jy op ’n dag ’n houtkissie vol blink skatte onder daai eensame kameeldoringboom vind, laat ons asseblief weet – net ter wille van hofprotokol, natuurlik!0034
- Hoe Musiek Jou Kan Help Ontspan en Stres VerminderIn Music Talk ·January 28, 2025Kom ons wees eerlik – lewe kan soms soos ’n oneindige lys van "to do's" voel. Werk, gesondheid, finansies, die pandemie (onthou jy nog daai dae?) – dit alles kan jou laat voel of jy deur 'n woedende storm probeer swem. Maar wag, daar is hoop – en dit lê in iets so eenvoudig soos musiek. Ja, daardie klanke wat jou voete laat tik of jou laat snik oor ’n treurige ballade. Kom ons gesels oor hoe musiek jou kan help om bietjie rustiger asem te haal. Foto : The Go-To Guy Creations Musiek Verminder Streshormone Stres is nie net iets wat in jou kop gebeur nie – jou liggaam speel ook saam. Wanneer jy gestres is, stel jou liggaam ’n hormoon genaamd kortisol vry. Nou, as jy deur 'n leeu in die veld gejaag word, is kortisol handig. Maar wanneer jy aanhoudend stres oor werk of rekeninge, raak dit giftig – dit lei tot ontsteking, swak immuniteit en selfs slapelose nagte. Hier kom musiek tot jou redding. Studies wys dat luister na musiek jou kortisolvlakke kan verlaag. Of jy nou klassieke musiek speel of ’n rustige jazztune, jou brein raak kalmer, en jou liggaam volg. Musiek Gee Jou ’n “Feel-Good” Skop Luister na musiek is soos daardie eerste sluk koffie in die oggend – dit gee jou ’n vinnige bietjie geluk. Wanneer jy musiek luister, stel jou brein dopamine vry, daardie chemiese stof wat geassosieer word met plesier en beloning. Dit is jou brein se manier om te sê: "Dis lekker, doen dit weer!" So, volgende keer as jy oorweldig voel, sit jou oorfone aan en luister na iets wat jou laat glimlag. Jy sal verbaas wees hoe vinnig jou bui kan lig. Musiek Kalmeer Jou Liggaamlike Prosesse Musiek het ’n magiese manier om jou liggaam te kalmeer. Stadige musiek, veral met ’n tempo van 60-80 BPM, kan jou hartklop, bloeddruk en asemhaling vertraag. Dis soos ’n reset-knoppie vir jou liggaam. As jy gespanne voel, speel iets stadig en kalm. Jy sal voel hoe jou liggaam as’t ware “uitasem” van die stres. Foto : The Go-To Guy Creations Skep Musiek en Laat Gaan Het jy al probeer om jou gevoelens met woorde te beskryf en net nie die regte manier gevind nie? Hier is waar musiek magie maak. Om ’n instrument te speel of jou eie liedjies te skryf, kan help om saamgeperste emosies vry te laat. Dis soos om ’n boks vol emosionele energie oop te maak en dit uit te stort – op ’n veilige manier. Of jy nou op ’n kitaar tokkel of sommer net ’n tamboeryn slaan, dit gaan nie oor hoe goed jy speel nie, maar oor hoe goed dit voel. Musiek Bring Jou Terug na Die Hede Stres kom dikwels van dinge wat jy nie kan beheer nie – die verlede of die toekoms. Maar musiek help jou fokus op wat hier en nou is. Dans op die ritme, tik jou vingers, of klap jou hande. Dit bring jou brein terug na die oomblik waar jy nog beheer het – jou eie liggaam en jou reaksies. Musiek Distraksie Van Stres Wanneer die wêreld om jou oorweldigend voel, bied musiek ’n welkome ontsnapping. Dit is soos om vir ’n rukkie in ’n ander wêreld in te stap. ’n Goeie liedjie met ’n begin en ’n einde gee jou brein ’n eenvoudige, beheerde ervaring – iets wat sosiale media (met sy oneindige skrol) beslis nie doen nie. Musiek Help Jou Kreatiwiteit Herontdek Wanneer jy gestres is, skakel jou brein oor na “oorlewing” modus – jy reageer net en vergeet hoe om kreatief te wees. Musiek dwing jou om te herlaai. Skep iets – of dit nou 'n eenvoudige melodie is of net 'n lekker improvisasie. Dit gee jou brein die kans om uit te asem en weer helder te dink. Foto : The Go-To Guy Creations Musiek Verbind Jou Met Ander Ons is sosiale wesens, en stres word net erger as ons geïsoleer voel. Musiek bring mense bymekaar, of jy nou by ’n konsert is of net saam sing met vriende om ’n braaivleisvuur. Daardie gemeenskaplike ervaring skep ’n gevoel van verbondenheid – en dit is presies wat jou hart (en jou siel) nodig het. Die Krag van Musiek Musiek is nie net vir lekker luister nie – dit is ’n kragtige hulpmiddel om stres en angs te verminder. Of jy nou luister, speel, sing, of dans – elke noot dra by tot jou gesondheid. So, draai die volume op en laat musiek jou help om rustiger, gelukkiger en minder oorweldig te voel. Jy skuld jouself ’n musieklys vol vreugde00156
- Lechwe Lodge Wedding Venue – Waar 'n Troue Nog 'n Opskop is!In Wedding, Beauty and Love Talk·March 24, 2025As jy al ooit in die platteland was en gedink het, “Hier wil ek trou,” dan is Lechwe Lodge daai plek. So tussen die voëls wat sing en die plaasdam wat blink, lê daar ‘n venue wat nie net groot genoeg is vir ‘n troue nie, maar ook daai gemaklike, warm gevoel gee – daai tipe gevoel wat jy kry as jy by mense kuier wat regtig weet hoe om 'n troue aan te pak. Foto : Facebook Lechwe Lodge Lechwe Lodge is sowat 1 uur en 35 minute (137 km) van Potchefstroom af – net ver genoeg dat dit voel soos 'n wegbreek, maar naby genoeg dat jy nie hoef te bekommer oor ‘n vliegtuig of ’n paspoort nie. Jy klim in die motor, sit goeie musiek aan, en voor jy kan sê "waar’s die padkaart?" is jy al daar. ‘n Venue Met Ruimte – En Karakter Wat eerste uitstaan by Lechwe, is die spasie. Dis nie een van daai venues waar almal teen mekaar moet sit en probeer lag sonder om ‘n drankie op iemand se skoot te mors nie. Hier’s plek vir almal – van ouma met die stapstok tot die bruidegom se rugby-span. Dis ‘n plek met daai lekker plaasgevoel – groot, oop areas, bome wat skadu gooi, en ‘n atmosfeer wat jou sommer laat ontspan. Maar moenie dink dis net plaas en pêrels nie. Hierdie venue is professioneel opgestel vir troues, verjaarsdae en konferensies, en hulle weet wat hulle doen. Jy kan sien hulle’t al menigte troues hanteer – van formeel tot heeltemal lekker-los. Alles Op Een Plek Een van die beste dinge van Lechwe is dat jy nie alles self hoef te reel nie. Hulle bied ook : Spyseniering , Dekor en Verblyf . So jy hoef nie oor elke klein detail te bekommer nie – hulle sorteer dit uit, en hulle doen dit goed. Die kos? Heerlik. Dis nie een van daai tipe “drie ertjies en ’n stukkie hoender op ’n groot bord” nie. Die spyskaart kan aangepas word vir jou styl en smaak – of jy nou wil fancy gaan of eerder net ordentlike, smaaklike boerekos wil hê wat mense laat terugkom vir tweede rondte. Die dekor span is ook flink. Hulle luister na jou idees, voeg ‘n bietjie van hul eie ervaring by, en voor jy jou oë uitvee, lyk die plek soos iets uit 'n Pinterest-plaatjie – maar sonder dat jy ‘n week lank jou hare uittrek het om dit self reg te kry. Oornag en Ontspan Wat is ‘n troue sonder ‘n plek om te oornag? Niemand wil ná die dansvloer leeg is nog probeer terugry dorp toe nie – veral nie as die wyn vloei soos die Vaalrivier nie. Gelukkig bied Lechwe akkommodasie wat regtig gerieflik is – ideaal vir 'n naweek wegbreek. Dis gemaklik, skoon en naby genoeg aan die winkels as jy vinnig iets nodig het. En as jy dalk besluit om ‘n dag of twee langer te bly ná die troue, is daar genoeg te sien en doen in die omgewing om die troudag behoorlik af te sluit met bietjie rus en vrede. Net die Regte Kombinasie Wat Lechwe Lodge spesiaal maak, is daai balans tussen plaas en professioneel. Dis nie net 'n stukkie grond met ‘n saal nie. Dis ‘n plek waar daar al baie liefde gevier is, en jy voel dit sodra jy instap. Die personeel is vriendelik en hulpsaam. Hulle weet hoe om dinge aan te pak, hulle is aanpasbaar, en hulle het ‘n goeie humorsin – iets wat jy nodig het as die bruidegom se skoen verloor raak of as dit begin reën 10 minute voor die seremonie. Fotos van Lechwe Lodge Foto : Facebook Lechwe Lodge Foto : Facebook Lechwe Lodge Foto : Facebook Lechwe Lodge Foto : Facebook Lechwe Lodge Sosiale Media Platforms Facebook : Kliek Hier0013
bottom of page




















