top of page
Stroom Stories
The Go-To Guy bied aan: SportStroom saam met Adriaan Kruger en Jeandré Boshoff
Description:
The Go-To Guy bied aan: SportStroom saam met Adriaan Kruger en Jeandré Boshoff
Twee sterspelers van Laerskool Mooirivier se 1ste krieketspan én NW Dragons o/13A-spelers kom gesels oor hul indrukwekkende laerskool krieketloopbane. 🏏
Hoor meer oor hul hoogtepunte, uitdagings en wat krieket vir hulle beteken het tot dusver.
#SportStroom #TheGoToGuy #KrieketSterre #LaerskoolMooirivier #NWDragons #JeugKrieket #Potchefstroom #thegazette
The Go-To Guy bied aan: SkoolKompas saam met Mnr Jackie Golden🎓
Description:
Na jare van toegewydheid en diens aan Laerskool Mooirivier, tree Mnr Golden aan die einde van 2025 af. Hy deel met ons die hoogtepunte, uitdagings en waardevolle lesse uit sy indrukwekkende onderwysloopbaan. 🎓
#SkoolKompas #TheGoToGuy #OnderwysStories #LaerskoolMooirivier #JackieGolden #AfskeidMetErkenning #potchefstroom #thegazette
🎪 The Go-To Guy bied aan SkoolKompas 🎤
Description:
Vandag gesels Drikus Viljoen met die Laerskool Mooirivier leerders oor hulle Bybelvasvra-span wat gaan deelneem aan die Super 12 Skolekompetisie en die Rapportryers Nasionale Kompetisie. 📖✨
Skakel in om meer te hoor oor hul voorbereiding en passie vir God se Woord! 🙌
#TheGoToGuy #SkoolKompas #LaerskoolMooirivier #Bybelvasvra #Super12 #Rapportryers #Potchefstroom
The Go-To Guy bied aan: SportStroom saam met Max Williamson
Description:
The Go-To Guy bied aan: SportStroom saam met Max Williamson
175 km se hart, deursettingsvermoë en hoop — van Lichtenburg tot Potchefstroom.
Max deel oor hoe hy hierdie merkwaardige uitdaging om fondse in te samel vir die Abraham Kriel Kinderhuis aangepak het. Hoor hoe hy ‘n verskil gemaak het in kinders se lewens. ❤️
#SkoolKompas #TheGoToGuy #MaxMaakMyle #GeeHoop #AbrahamKrielKinderhuis #LichtenburgNaPotch #HelpMaxGeeTerug
🎓 The Go-To Guy bied aan SkoolKompas 🎤
Description:
🎓 The Go-To Guy bied aan SkoolKompas 🎤
Vandag gesels Drikus Viljoen met Michelle Jerling, hoof van E.S. Le Grange Skool, saam met adjunkhoofde Hetta Barnard en Fanus Wiese. 🏫✨
Hulle deel meer oor die skool se visie, waardes en hoe E.S. Le Grange elke leerder help om hul volle potensiaal te bereik – binne én buite die klaskamer. 📚💪
🎧 Skakel in en hoor meer op SkoolKompas!
#TheGoToGuy #SkoolKompas #ESLeGrange #Potchefstroom #Onderwys #StroomStories #TheGazette #SkoolTrots
The Go-To Guy bied aan SkoolKompas
Description:
Vandag gesels Drikus Viljoen met Hettie Conradie die hoof van Hasie Hop Kleuterskool oor hulle opwindende Opedag wat voorlê! 🐰🏫
Kom hoor wat hierdie kleuterskool uniek maak, watter waarde hulle aan vroeë kinderontwikkeling heg en hoekom jy die opedag nie wil misloop nie!
🎧 Skakel in en hoor meer op SkoolKompas!
#TheGoToGuy #SkoolKompas #Potchefstroom #Opedag #Kleuterskool #HasieHop #StroomStories
🥊 The Go-To Guy bied aan SportStroom saam Micky Cloete 🎥
Description:
🥊 The Go-To Guy bied aan SportStroom saam Micky Cloete 🎥
Drikus Viljoen gesels met Micky Cloete, 'n internasionale MMA-vegter wat meeding in die Midde-Ooste en Afrika-streek as Vlieggewig – en trots 'n inwoner van Potchefstroom! 🇿🇦🔥
Hy deel meer oor sy uitdagings, oorwinnings en die pad wat hom tot hier gebring het in sy MMA-loopbaan. Moenie hierdie inspirerende storie misloop nie! 👊💥
📺 Bly ingeskakel op Sportstroom vir nog ware sportstories!
#TheGoToGuy #potchefstroom #thegazette #mmafighter
The Go-To Guy bied aan: SportStroom saam met Pieter Wiid en Wynand Schmitt
Description:
Drikus Viljoen gesels oor Volkies se krieketseisoen – hoe hulle vir 2026 voorberei én terugkyk na die hoogtepunte van 2025 op en van die veld af. 🏏
Skakel in om te hoor hoe hulle jong krieketspelers bou en die spel na die volgende vlak neem.
#SportStroom #TheGoToGuy #VolkiesKrieket #Krieketseisoen2026 #Terugblik2025 #potchefstroom #thegazette
🎓 The Go-To Guy bied aan: SportStroom! 🏅
Description:
Vandag gesels Drikus Viljoen saam die NWU Bemarking- en Studentewerwing-span oor hoe hulle deur skoleborgskappe jong talent ondersteun — van akademie en sport tot kultuur en gemeenskapsprojekte.
Met die NWU Sportreeks en atletiekbyeenkomste regoor die land, wys hulle dat bemarking ook oor geleenthede en groei gaan. 💜💪
#TheGoToGuy #SportStroom #NWU #PotchefstroomSport #NWUSportreeks
The Go-To Guy bied aan: SportStroom
Description:
Vandag gesels Drikus Viljoen met ’n jong krieketster wat reeds van 2022 af die velde oorheers!
Met hoogtepunte soos 100 lopies van 46 balle en 6 paaltjies vir net 2 lopies, blink hy uit op plaaslike én streeksvlak. Hy speel vir Potchefstroom-distrik en SAINTS se 1ste span, en help sy spanne wen!
🎧 Skakel in op SportStroom vir sy inspirerende storie.
#TheGoToGuy #SportStroom #JeugKrieket
🎾 The Go-To Guy bied aan: SportStroom!
Description:
Vandag gesels Drikus met Alwyn en Cara oor hoe hulle squash onder laerskoolkinders in Potch wil bevorder. Al het hoërskole reeds 'n liga, glo hulle dat kinders vroeg moet begin speel.
Met muurbal wat in 2028 by die Olimpiese Spele ingesluit word, is dit die ideale tyd om belangstelling te kweek. Dis ook een van die gesondste sporte wat kinders se vaardighede in ander sporte soos rugby en netbal versterk.
🎧 Skakel in en hoor hoe muurbal in Potch nuwe momentum kry!
#TheGoToGuy #SportStroom #SquashPotch
The Go-To Guy bied aan SkoolKompas
Description:
Vandag gesels Drikus Viljoen met Berdine Henning en Ds. Willie Henning van Agapé Gemeente oor hierdie jaar se BIG TOP Vakansie Pret! 🎉🎈
Met die tema "Bybel Helde", beloof hierdie week propvol pret en geloof om die hoogtepunt van die vakansie vir kinders in Potchefstroom te wees! 🦁👑🐋
📅 6 – 10 Oktober
🕖 07:00 – 17:00
💰 R80 p/k per dag
📍Agapé Gemeente, Potchefstroom
Dis 'n week van sang, speletjies, flieks, Bybellesse, bak & brou en nog baie meer! Kom luister wat hulle alles beplan het. 🎬🍪🎨
🎧 Skakel in en hoor meer op SkoolKompas!
#TheGoToGuy #stroomstories #potchefstroom
bottom of page





