M-Care Hospitaal
Town:
Potchefstroom
Position:
Studente ontvangs skofte
Starting Date:
6 July 2025
Date Created:
Jul 3, 2025
Contact Nr:
Email:
Description:
Studente ontvangs skofte te M-Care Hospitaal (deeltyds):
Studente aansoek aangaande deeltydse skofte in ontvangs te M-Care Hospitaal (Hoek van Hennie Bingle en Ametis str, Vyfhoek Potchefstroom) Voltooi die aansoek vorm asb so volledig as moontlik.
Sluitings datum Saterdag 05 Julie 12h00 pm
Additional Info:
Neem asb kennis van wat die skofte behels, die ure en die betaling. Is jy aanpasbaar vir die deeltydse skofte?
*
Meer inligting aangaande die deeltydse skofte:
Graag bevestig ek dat die skofte deeltyds, betaalbaar is R32.60 per uur, ure word aan die einde van die maand ingedien en betaling sal geskied na aanleiding van ure gewerk.
Werks ure is: Maandae - Vrydae 16:00 - 19:00 - 3 ure
Naweke & Publieke vakansie dae: 07:30 - 19:00 - 11.5 ure
L.W. Die hospitaal sluit nie gedurende fees tydpreke nie (Paasfees, kersfees, nuwe jaar ens).
Wat behels ñ skof om en by?
Dit behels instaan in ontvangs, besoekers verwys na waar hul behoefte is, telefone antwoord, ons vending machine net "refill", voorraad opname en asook administratiewe take waarmee ons hulp benodig (ontslag leêrs van pasiënte voorberei ens). Dit behels ook oop maak van ingaan en uitgaan hek - via 'n kamera sisteem.
Oor 'n naweek sal daar besoek ure wees, wat behels om behulpsaam te wees met die besoekers asook saam met die saal te werk / kommunikeer. (Goeie kommunikasie en vertroulikheid is baie belangrik)
Opleiding met ñ basiese handleiding word voorsien.
L.W. jy is welkom om studie werk saam te bring, sal in meer detail gedurende die onderhoud bespreek word.