Op Vrydag, 24 Mei, het Tokkies se seniorkoor met groot opgewondenheid op die "trein" vertrek na Pretoria. Hierdie geleentheid by die Super 12-Koorfees was iets waarna almal uitgesien het, en die uitslae was niks minder as indrukwekkend nie.
'n Breë-bors Cum Laude
Tokkies is ongelooflik trots om aan te kondig dat die Koor weggestap het met 'n breë-bors Cum Laude by die fees! Hierdie prestasie is 'n bewys van die harde werk, toewyding en talent van die koorlede.
Baie Geluk Tokkies
Baie geluk aan elke koorlid en dankie vir julle harde werk en passie. Julle het weereens bewys dat Tokkies kan uitblink en die naam hoog hou. Hierdie is net die begin van nog vele sukses verhale wat voorlê.









.jpeg)
