top of page

The Gazette

Die fees met soveel meer as net gees: 'n Kykie agter die Potch Geesfees skerms

Die Potchefstroom gemeenskap sien jaar na jaar uit na die gesogte Potch Geesfees wat by Lekwena Wildreservaat gehou word en vanjaar is geen uitsondering nie. Met name soos Bok van Blerk, Ruhan du Toit en Juanita du Plessis (om slegs ‘n paar te noem), beloof Potch Geesfees 2025 om een vir die boeke te wees. 

Beeld: Potch Geesfees
Beeld: Potch Geesfees

Die Potch Gazette het met Elbé Visagie en Leanie van Ronge gesels oor wat dié fees aanvanklik inspireer het, wat agter die skerms gebeur en waarna die gemeenskap kan uitsien. 


Inspirasie en ontwikkeling van Potch Geesfees


COVID-19 het byna ses jaar gelede ‘n behoefte geskep - nie net vir kunstenaars om hul brood en botter te verdien nie, maar die mensdom het ook na interaksie en sosialisering gehunker. ‘n Paar besighede en maatskappye in die dorp het saamgespan om só ‘n geleentheid te skep om na beide behoeftes om te sien en so is Geesfees gebore. 


Die span het eers vir twee jaar saam met Solidariteit Helpende Hand se #StopHonger projek gewerk en ondersteun, maar het in 2024 besluit om die fokus meer na Potchefstroom te draai, aangesien bogenoemde projek meer nasionale aandag geniet het. Hulle het betrokke geraak by verskillende inisiatiewe wat ons dorp bevorder en op só ‘n wyse het Potch Geesfees ontwikkel en ontaard in die fees wat dit vandag is. 


“Ons wil skoonmaak, ons wil regmaak en ons wil geleenthede skep.” Vanjaar se tema, Ploeg Terug, beoog om juis dít te doen - terug te gee aan die gemeenskap om ons dorp te verbeter en bevorder. 


Die uitdagings met die reël van só 'n fees


Almal wat betrokke is by die reël van die fees, doen dit as ‘n vrywilliger. Niemand kry ‘n finansiele ‘kickback’ nie; diegene wie by die fees betrokke is, doen dit uit en uit vir die bevordering van Potchefstroom en sy gemeenskap. Alle winste wat gegenereer word, word ‘weg gegee’ aan kunstenaars, bemarkers en al die ander rolspelers wie betrokke is by die operasionele kant van Potch Geesfees. “Ons begin nie elke jaar op ‘n nul nie, maar op ‘n minus”, het Elbé tong in die kies genoem. 


Wat gebeur agter die skerms?


“Stres, min slaap en baie koffie”, het Elbé laggend genoem, terwyl Leanie dié antwoord beaam. Op ‘n ernstiger noot, “noukeurige beplanning en bemarking.” Hulle is dankbaar vir elke besigheid en individu wat inkoop in dié fees en die beplanning wat daar in gaan. Met die reël van só ‘n fees is daar baie goeie idees om die tafel en om die spreekwoordelike goue draadjie te kry, is ‘n kuns wat hierdie span besig is om jaar na jaar te bemeester. 


Beeld: The Go-To Guy Creations
Beeld: The Go-To Guy Creations

Waarna kan feesgangers uitsien by vanjaar se Geesfees?


Die klem is beslis op veiligheid by vanjaar se fees. Veiligheid in terme van die terrein, feesgangers se besittings en natuurlik die kinders. “Dit is ‘n fees waar mamma deur die stalletjies kan loop, pappa ‘n verversing kan geniet en die kinders in die speel area tekere kan gaan”. Dinkskrums word ook voor die tyd gehou om die fees so gesinsvriendelik as moontlik te maak en verskillende opinies word in ag geneem. Lekwena Wildreservaat is bekend vir sy natuurskoon en oop, wye spasies - net wat die dokter voorskryf op ‘n naweek. 


Feesgangers word aangemoedig om hul dansskoene aan te trek, want die kunstenaars wat vanjaar die verhoog gaan betree, gaan die voete behoorlik laat jeuk, “dink aan Afrikaans Is Groot of Krone” was daar genoem. Die verwagting is groot en die kunstenaars se name nog groter - ons kan nie wag nie!


Beeld: The Go-To Guy Creations
Beeld: The Go-To Guy Creations

Local is lekker!


Die plaaslike gemeenskap en besighede speel serkerlik die grootste rol by ‘n fees soos dié. “Ons was oorweldig die vorige jaar met die kwaliteit kunstenaars wat ingeskryf het vir die sang kompetisie”. Potch Geesfees dien ook as platform vir plaaslike kunstenaars en Elbé noem dat hulle met hordes navrae oorval word van individue wat juis dít soek - ‘n platform om hul talent ten toon te stel. En dit is hul voorreg, as organiseerders, om dan hierdie plaaslike kunstenaars ná die tyd voor te stel wanneer daar fondsinsamelings gehou word of wanneer ander feeste en geleenthede kunstenaars benodig. Op só ‘n wyse ploeg Potch Geesfees reeds terug in die gemeenskap. 


‘n Fees soos hierdie bied ook die geleentheid aan nie-winsgewende organisasies om addisionele fondse in te samel, bv. die Dienssentrum wat elke jaar kerrie en rys en pannekoek verkoop by Geesfees. Potchefstroom besighede, individue en/of organisasies kry voorkeur bo dié van buite, juis met die oog op plaaslike bevordering. 


Wat sou julle sê is die opwindendste of lonendste deel van die organisering van Potch Geesfees?


Vir hierdie span is een van die lonendste dele van Potch Geesfees wanneer daar ‘n kompliment ontvang word van ‘n persoon of instansie van wie jy dit die minste verwag. Die tevredenheid, trots en verligting wat jy ervaar wanneer jy maande se stres, beplanning en slapelose nagte voor jou oë sien afspeel met die besef “you pulled it off” is nóg ‘n aspek. Die impak ná die fees is vir dié dinamiese span ‘n ander lonende deel van die fees; om te weet dat jy, as vrywilliger, ‘n aandeel daarin gehad het wanneer slaggate reggemaak word of rommel opgetel word. 


“Die doel is om elke maand ‘n klein projek aan te pak en op só ‘n wyse die volhoubaarheid van die fees voort te sit”. Dit is ‘n tasbare manier waarop inwoners kan sien dat hul werklik ‘n bydrae in hul dorp het - “jy moet die verskil kan sien, voel en ervaar in jou gemeenskap.”


Beeld: The Go-To Guy Creations
Beeld: The Go-To Guy Creations

Sukses en doelwitte


Om die sukses te meet van hierdie fees, word daar na meer as een aspek gekyk. Alhoewel daar altyd eerste aan die finansiële aspek gedink word, kyk die span verder as dit - hul kyk na die geleenthede wat geskep word, asook die reaksie van uitstallers, kunstenaars en die gemeenskap. “Wanneer uitstallers wíl terugkom en ons stories uit die gemeenskap hoor”. Dit is ook ‘n riem onder die hart wanneer enige van die organiseerders hoor dat Geesfees die geleentheid geskep het vir ‘n individu of besigheid om nuwe kontakte te verkry, nuwe mense te ontmoet en te netwerk met plaaslike besighede. En soveel meer wanneer dié persone of instansies ‘n inkomste genereer waar hul nie voorheen kon nie. 


Die doelwit van Geesfees bly ten alle tye voor oë: Om ‘n finansiële bydrae te kan maak om die volhoubaarheid van Potchefstroom te verbeter en te bewys dat die finansies wel terug geploeg word in die dorp. 


'n Uitnodiging aan die Potchefstroom gemeenskap


Die boodskap is eenvoudig: “Kom maak ‘n draai, dit is regtig die moeite werd. Jy, as feesganger, is besig om werklik ‘n verskil te maak in ons dorp; moet nooit dink dat jou bydrae te min is om ‘n verskil te maak nie. Koop jou kaartjie, kom kuier saam en kom kyk hoe ons in ons dorp gaan terugploeg.” 


Koop jou kaartjies nou en maak gereed vir ‘n opskop soos geen ander! Ons sien julle by Lekwena Wildreservaat die naweek van 29 en 30 Augustus 2025!



ree

_____________________________________________


Johané van Dyk - Potchefstroom






Comments

Rated 0 out of 5 stars.
No ratings yet

Add a rating

Our Socials

  • Twitter
  • Youtube
  • Instagram
  • Facebook
  • TikTok

Rights Reserved - The Go-To Guy © ™ (Pty) Ltd 2018 - 2024

Site design and built by Digital Guy

Trademarks Registered CIPC 

Download Our App

google-play-badge-zc_edited_edited_edite

Contact Us: theguy@thegotoguy.co.za

Mia meent, Unit 5

17a Palmiet Street, Potchefstroom

A Few of Our Clients

WhatsApp Image 2024-11-27 at 09.28.30.jpeg
035c03_2458bf672ec84a8ba9efaf95e692ae16~mv2.avif
369731994_707654494713529_3891009674814759362_n.jpg
438173397_853872976759746_4868760365258440028_n.jpg
328944114_494721249527544_808944456258605501_n (1).jpg
464089070_1055669206348560_5104816180158623830_n.jpg
378890902_217177861350232_4639266243132568662_n (1).jpg
Untitled design (23).png
326134127_1115296055820979_3465257108086407162_n (1).jpg
WhatsApp Image 2025-06-19 at 14.18.02.jpeg
305575021_489423449860897_35481771562383
365626055_697893672359203_3798341232106295039_n.jpg
289627124_437869745011710_8405690850303357096_n.jpg
574454283_122093287503106135_1417410876318841312_n.jpg
437537042_869865608488120_7118457527164040386_n.jpg
301963526_491307046333575_4220339095931269264_n.png
420200119_10161581655332603_8341872840245886307_n.jpg
301115582_2022615814592943_5205340550469896770_n (1).jpg
bottom of page