Die Kaap kom kuier in Potch - Trots aangebied deur Suidsentrum Wine Affairs
- Amanda Bekker

- 2 hours ago
- 2 min read
Potchefstroomers, maak reg vir 'n bietjie winter-pret. Snowflake Venue verander op 30 Mei 2026 in 'n klein stukkie van die Kaap. Dit is die Winter WynWandel, aangebied deur Suidsentrum Wine Affairs, en die idee is dat jy lekker rustig tussen die stalletjies kan wandel en proe. Dit is nie sommer net nog 'n geleentheid nie, maar 'n kans om die Kaapse wyn-ervaring in ons eie dorp te kry sonder om in 'n vliegtuig te klim.
Wat behels die dag?
Die konsep is heel eenvoudig. Jy kry jou wynglas by die ingang en dan stap jy van plaas tot plaas. Daar gaan meer as 20 wynplase wees wat hul wyne kom uitstal. As jy dalk moeg raak vir die plaaslike druiwe, is daar ook 'n "Wines of the World" stalletjie waar jy wyne van ander lande kan proe. Die plase word versprei oor die perseel sodat jy regtig die gevoel van 'n wynwandel kan kry.

Kos en Vermaak
Mens kan natuurlik nie net wyn drink op 'n leë maag nie. Daar gaan verskeie kosstalletjies wees met dinge soos pizzas, sliders, sop met vars brood en kaasborde. Om die atmosfeer reg te kry, gaan Spoken Two en Red Wine Acoustics musiek maak. Daar is ook 'n verrassings-optrede deur 'n plaaslike musikant, maar die organiseerders hou dit nog stil vir eers. Vir die mense wat dalk na iets anders dors is, sal Stella Artois en KWV ook stalletjies hê waar jy bier en brandewyn kan koop.
Die Reëlings
Die Winter Wyn Wandel vind plaas op Saterdag, 30 Mei 2026 by die Snowflake Venue in Kockstraat, Potchefstroom. Die hekke is oop van 11:00 tot 17:00. Kaartjies kos R250 per persoon en dit sluit jou glas en die wynproeë by die plase in.
Vir enige navrae kan jy vir Sherien kontak by 082-895-6437.
Om by te bly met al die nuus en watter wynplase nog aangekondig word, kan jy Die Winter WynWandel Facebook-blad hier volg: Facebook. Kaartjies is beskikbaar by:




Comments