Dr Gwenneth Miller se Solo-uitstalling in Potchefstroom - 7 Oktober
- Amanda Bekker

- Oct 2
- 1 min read
Potchefstroom kry weer iets besonders om oor te praat: Dr Gwenneth Miller se nuwe solo-uitstalling met die titel “Omgekeerd”. Dit open amptelik op 7 Oktober 2025 om 16:00 by die bekende Snowflake Venue, geleë op die hoek van Piet Bosman- en Wolmaransstraat. Die openingsrede word gedoen deur Dr Louisemarie Combrink. Die uitstalling vorm deel van die Momentum Aardklop Nasionale Kunstefees en is oop tot 11 Oktober.
Wat om te verwag
Miller beskryf haar werk as ’n gesprek met haarself, die kuns “praat terug” en sy antwoord dan weer deur nuwe temas of deur vorige werke om te keer. Die resultate is digitale drukwerke, collages, installasies, skilderye en tekeninge wat almal op ’n manier oor “behoort” en sisteme van samehorigheid praat. Sy hou daarvan om die mediums deurmekaar te gebruik en die grense van kunsvorme te toets.
Die projek word aangebied in samewerking met Momentum Aardklop en UNISA, met Snowflake as die gasheer.
As mens vir net ’n glasie wyn en bietjie kuns soek, lyk dit soos die regte stop in Oktober. En natuurlik, dis Potch, so jy kan sommer ná die opening gaan koffie drink en kuier soos net Potchefstroom dit kan doen.










Comments