Eksamenvoorbereiding vir Laerskoolleerders: Hoe leer ’n mens vir Wiskunde sonder om mal te raak -
- Amanda Bekker

- Nov 10
- 2 min read
Mites oor Wiskunde
Baie kinders (en ouers) glo dat jy nie regtig vir wiskunde hoef te leer nie, jy’s óf slim daarmee, óf nie. Ander sê dis net vir mense met ’n “wiskundige brein”. Dis natuurlik nonsens. Soos met enige ander vak, help oefening, begrip en ’n bietjie geduld baie meer as “talent”.
Oefen, Oefen, Oefen!
Dis soos sport, jy kan nie net oor sokker lees en dan dink jy gaan môre vir Bafana speel nie. Hoe meer jy oefen, hoe beter gaan dit. Miki Maths stel dit eenvoudig: deur elke dag wiskunde te oefen, leer jy hoe om vrae reg aan te pak en sien jy waar jy foute maak. Hulle het ook hulpbronne beskikbaar as jy nie weet waar om te begin nie. ’n Paar ekstra oefenvrae per dag kan later ’n groot verskil maak.
Verstaan wat jy leer
Wiskunde is nie net somme nie, dis logika en redenasie. As jy verstaan hoekom iets werk, hoef jy minder te memoriseer. Wanneer ’n leerder verstaan waarom ’n sekere stap belangrik is, word die vak sommer makliker. Miki Maths wys leerders hoe om verskillende metodes te gebruik totdat hulle die een kry wat vir húlle werk. Dit maak wiskunde minder intimiderend en baie meer “doable”.
Leer uit jou foute
Niemand hou daarvan om foute te maak nie, maar dis eintlik die vinnigste manier om te leer. As jy weet waar jy verkeerd gegaan het, kan jy dit regstel voor die eksamen. So, moenie moed verloor as ’n antwoord verkeerd is nie, dis net jou brein wat oefen. Die belangrikste is om te verstaan hoekom dit verkeerd was, en om weer te probeer.
Ken jou Maaltafels
Dis nie ou skool om tafels te leer nie, dis slim. Die meeste wiskundeprobleme het iets te doen met maal, deel of breuke. As jy jou tafels ken, spaar jy tyd (en sweet) tydens toetse. Dis soos ’n cheat code vir vinniger denke.
“Mock” Eksamen in Potchefstroom
Vir diegene wat wil toets hoe goed hulle voorberei is, is daar ’n “mock” eksamen met hulp vir laerskoolleerders op 15 November 2025 in Potchefstroom.
Graad 4, 5 en 6: 09:00 – 13:00 (Graad 7 op aanvraag)
Koste: R450 per klas (met hulp) of R200 vir net die oefenpakkie
Beperkte plekke, so bespreek betyds by Nico – 082-377-7490
Wiskunde is nie ’n monster nie, dis meer soos ’n legkaart. Jy hoef net die regte strategie te kry en bietjie te oefen. Met die regte voorbereiding (en dalk ’n bietjie hulp van Miki Maths), kan elke leerder ’n selfversekerde eksamenskrywer wees.










Comments