Ferdies Skitter by Star Kampioenskappe!
- Yolandi Botes

- Jun 11
- 1 min read
💫 💃🏼🕺💫 💃🏼🕺 💫 💃🏼🕺💫 💃🏼🕺
Op 7 Junie 2025 het Ferdies se talentvolle dansers behoorlik die verhoog aan die brand gedans by die SADF Star Kampioenskappe. Met elke tree, draai en sprong het hulle gewys wat toewyding, oefening en passie regtig beteken, en ons is trots op elkeen van hulle! 🎉

🌟 Uitslae vol Sterre: Shantey van Zyl
Shantey van Zyl het ‘n indrukwekkende reeks plekke behaal in verskillende style, van Bhangra tot Jazz!
🥇 1ste plek: Bhangra, Disco, Hip Hop
🥈 2de plek: Freestyle, Slowdance
🥉 3de plek: Afro Fusion, Jazz, Salsa, Cha-Cha, Jive
7de plek: Contemporary
🌟 Volgende in Ritme: Shaney van Zyl
Shaney van Zyl het ook mooi gevaar en gewys sy is nie bang vir die dansvloer nie:
5de plek: Salsa
4de plek: Cha-Cha, Jive
🌟 Elrise Pretorius se Stappies Sorg Vir Spog
Elrise Pretorius het uitgestaan met ‘n hele paar podiumplekke:
🥇 1ste plek: Freestyle, Disco
🥈 2de plek: Bhangra
🥉 3de plek: Afro Fusion, Solo Latin (3-dans afdeling)
Ander plekke: 4de tot 5de in Salsa, Slowdance, Hip Hop, Jazz en Contemporary

Image:Hoërskool.Ferdinand Postma.High School
🕺 Ferdies Dans Met Hart
Elke deelnemer het hul hart op die dansvloer gelos. Dit was duidelik dat ure se oefening en ‘n liefde vir dans hier vrugte afgewerp het. Ferdies sê baie geluk, julle het nie net gedans nie, julle het gestraal! 🌟 Hou aan beweeg, hou aan glo, en hou aan dans, want Ferdies is agter julle elke tree van die pad.









Comments