Fochies Junior Atlete Herskryf Geskiedenis!
- Yolandi Botes

- Nov 17
- 1 min read
🏃♂️🏃♀️💥🏃♂️🏃♀️💥🏃♂️🏃♀️💥
Saterdag se voor-seisoenbyeenkoms by ACNW was een vir die rekordboeke, en Fochville het gewys waarom ons trots die Blougolf-vlag laat waai!

Twee van Hoërskool Fochville se jong ster-atlete het die atletiekwêreld behoorlik laat regop sit met hul uitsonderlike prestasies. Albei het SAQ-kwalifiserende tye behaal vir 2026,’n mylpaal wat selfs meer indrukwekkend is as mens hul ouderdom in ag neem: net 15 jaar oud!
🥇 Laluje Viljoen
🔹 100m: 12,35 sek (elektroniese tyd)
🔹 SAQ gekwalifiseer vir u/18, u/20 én u/23
🔹 Vinnigste 100m deur ’n Fochie in dié ouderdomsgroep tot op hede
🥇 Juandre Graaff
🔹 400m: 49,05 sek
🔹 SAQ gekwalifiseer vir u/18, u/20 én u/23
🔹 Tyd vinniger as Hoërskool Fochville se oudste rekord (u/19 – opgestel in 1979 deur Siebies)
Hierdie prestasies is nie net fenomenaal vir hul ouderdom nie, dit plaas hulle op die nasionale radar as atlete met ware Olimpiese potensiaal.
👏 ’n Woord van Dank
Ons wil hul afrigters, Skrik Botha en Jacques van der Westhuizen, bedank vir hul onwrikbare toewyding, mentorskap en ondersteuning. Sonder hul insig sou dié buitengewone suksesse nie moontlik wees nie.
Fochies is ongelooflik trots op Laluje en Juandre, julle is ware ambassadeurs van uitnemendheid, karakter en deursettingsvermoë!









Comments