Gimmie Hokkie – ’n Droom Word Waar!
- Yolandi Botes

- 3 hours ago
- 1 min read
🏑 🏑 🏑 🏑🏑 🏑 🏑 🏑 🏑 🏑
Astro-projek vordering bring groot opwinding
By Potchefstroom Gimnasium is daar letterlik groot grondverskuiwings aan die gang, en dit bring ’n golf van opwinding saam!

Net vier weke gelede het die eerste grondwerke vir die splinternuwe astro-hokkiebaan afgeskop, en vandag is dit ongelooflik om te sien hoe vinnig dinge vorder. Die terrein verander daagliks, met elke vrag grond wat skuif en elke nuwe laag fondasie wat gelê word, ‘n droom wat stadig maar seker vorm aanneem.
Hierdie projek is nie net ’n fisieke bouwerk nie, maar simboliseer ook die groei, visie en ambisie van Gimmies se sportontwikkeling. Die atmosfeer op die terrein is gelaai met energie en verwagting, en die hokkiegemeenskap kyk saam met trots en afwagting na elke fase van hierdie merkwaardige transformasie.

Baie dankie aan ALS Group South Africa en Trompie Sport vir hul ondersteuning en betrokkenheid by hierdie toekomsgerigte projek. Julle is ‘n deel van ons Gimmie-gesin, en ons waardeer die rol wat julle speel in die opbou van sportgeleenthede vir ons leerders.
🎥 Kyk gerus na die video hier: Facebook Video
Hou dié spasie dop – die beste is nog op pad!









Comments