Gimmie-hokkieseuns skop liga sterk af teen Shelly Park
- Yolandi Botes

- Apr 17, 2025
- 1 min read
🏑 🏑 🏑 🏑 🏑 🏑 🏑 🏑 🏑 🏑
Potchefstroom Gimnasium se hokkieseuns het die afgelope naweek hul liga uitstekend begin met ‘n reeks oorwinnings teen Shelly Park. Die spanne het behoorlik wys gemaak en goeie uitslae behaal – iets wat beslis trots bring vir Gimmies. 🔵👏

O.14A span wys hulle’s gereed
Die o.14A-span het goed saamgespeel en hul eerste wedstryd met 2-0 gewen. Hierdie jong span wys vroeg al hul potensiaal en het met selfvertroue gespeel.

O.16’s loop Shelly Park stukkend
Die o.16A-span het behoorlik losgetrek en met ‘n groot 10-0 oorwinning weggestap – ‘n duidelike teken dat hulle gereed is vir die seisoen.Die o.16B’s het ook gewys wat in hulle steek en hul wedstryd gemaklik met 4-0 gewen.

1ste span begin sterk
Gimmies se 1ste span het nie op hulle laat wag nie en die wedstryd met 5-0 gewen. ‘n Skoon vel en goeie samewerking op die veld wys dat die manne gereed is vir groter uitdagings wat voorlê.
‘n Belofte van ‘n sterk seisoen
Met sulke uitslae aan die begin van die liga, kan Gimmies net nog sterker vorentoe beweeg. Sterkte aan al die spanne vir die res van die seisoen – julle hou beslis die Gimmie-vlag hoog!
🏑 🏑 🏑 🏑 🏑 🏑 🏑 🏑 🏑 🏑




I would like to sincerely recommend NaturePath Herbal Clinic based on my personal experience.
I was diagnosed with Amyotrophic Lateral Sclerosis four years ago. Despite following prescribed treatments for over two years, my condition gradually became more difficult to manage. I experienced increasing muscle weakness, fatigue, and challenges with everyday activities.
Seeking additional support, I decided to try the herbal program from NaturePath Herbal Clinic. Although I was initially skeptical, I began to notice positive changes within a few months. My energy levels improved, I felt more comfortable physically, and I was better able to manage daily tasks.
This experience has made a meaningful difference in my overall well-being, and I truly appreciate the support I received throughout the process.