GROOT NUUS: Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!
- Charlene Bekker

- 2 days ago
- 1 min read
Vir die eerste keer in die geskiedenis van die gewilde massakonsert, Afrikaans is Groot, word ’n elfde konsert bygevoeg ná ’n ongekende aanvraag na kaartjies vir die 2026-reeks.

Ná die oorweldigende reaksie op kaartjieverkope wat op Dinsdag, 31 Maart geopen het, het die organiseerders besluit om nóg ’n geleentheid vir voornemende kaartjiekopers te bied. Die aanvanklike tien konserte is binne ’n rekordtyd uitverkoop.
“Ons spreek ons opregte dank uit aan elke ondersteuner vir hul ongelooflike entoesiasme en geduld,” sê Arnold Coleske, uitvoerende vervaardiger van Afrikaans is Groot. “Hierdie reaksie bevestig die vertroue wat die publiek in die handelsmerk het.”
Die splinternuwe, elfde konsert vind plaas op Woensdag, 25 November om 19:30 by die SunBet Arena in Pretoria. Met Woensdae wat dikwels as “klein Saterdag” beskou word, bied dié datum die perfekte geleentheid vir meer aanhangers om Afrikaans is Groot te geniet.
Kaartjies vir die elfde konsert sal op Woensdag, 1 April om 10:00 beskikbaar wees hier: bit.ly/AiGEkstraKonsert
Afrikaans is Groot 2026 beloof om groter, beter en meer onvergeetlik as ooit tevore te wees




Comments