top of page

The Gazette

Hoezit Samelewing bring "5 Vrouens en Ek" na Potchefstroom - 6 September

Op Saterdag, 6 September 2025, gaan dinge weer roer by die Oase van Hoop AGS in Bailliepark, Potchefstroom. Francois Boyce se produksie, 5 Vrouens en Ek, is hier met stories, musiek en ʼn bietjie van alles tussenin, net vir die dames.


Hier’s wat jy kan verwag

Francois Boyce, bekend vir sy gemaklike styl en skerpsinnige humor, gesels in hierdie 90 minute lange vertoning oor vyf vrouens wat ʼn groot invloed op sy lewe gehad het. Hierdie is nie celebs of supersterre nie, dis gewone vrouens met ongewone stories. Elke storie bring ʼn ander lewensles, maar natuurlik met daai tipiese Francois-draai wat jou laat wonder, giggel en dalk so bietjie sniff.


Hy sing ook hier en daar deur die vertoning, en volgens vorige bywoners kry hy selfs die manne en die dames op hulle voete. Dis ʼn bietjie inspirasie, ʼn bietjie drama, en ʼn hele klomp lag.


Praktiese Info

  • Datum: Saterdag, 6 September 2025

  • Tyd: 09:30

  • Plek: Oase van Hoop AGS, 18 Wynne Straat, Bailliepark, Potchefstroom

  • Kaartjies: R160 per persoon

  • Besprekings: Mariette Nortje – 079 340 1925


Daar is geen onderbrekings in die vertoning nie, so bring jou waterbottel en los die kinders by die huis, dis net vir die dames.


Hoezit Samelewing – Dis nie net ‘n vertoning nie

Die produksie val onder die #hoezit samelewing reeks, ʼn platform wat met humor en eerlikheid gesels oor dinge wat saak maak. Dis nie preek nie, dis nie teater nie, dis ʼn mix van alles wat eg is.


Dis ‘n geleentheid om bietjie uit die huis te kom, te lag, te dink, en dalk ʼn traan te pink, almal in een oggend. Potchefstroom gaan nie dieselfde wees na 5 Vrouens en Ek nie.

ree

Comments

Rated 0 out of 5 stars.
No ratings yet

Add a rating

Our Socials

  • Twitter
  • Youtube
  • Instagram
  • Facebook
  • TikTok

Rights Reserved - The Go-To Guy © ™ (Pty) Ltd 2018 - 2024

Site design and built by Digital Guy

Trademarks Registered CIPC 

Download Our App

google-play-badge-zc_edited_edited_edite

Contact Us: theguy@thegotoguy.co.za

Mia meent, Unit 5

17a Palmiet Street, Potchefstroom

A Few of Our Clients

WhatsApp Image 2024-11-27 at 09.28.30.jpeg
WhatsApp Image 2024-07-19 at 12.28.51.jpeg
369731994_707654494713529_3891009674814759362_n.jpg
438173397_853872976759746_4868760365258440028_n.jpg
328944114_494721249527544_808944456258605501_n (1).jpg
464089070_1055669206348560_5104816180158623830_n.jpg
378890902_217177861350232_4639266243132568662_n (1).jpg
Untitled design (23).png
326134127_1115296055820979_3465257108086407162_n (1).jpg
WhatsApp Image 2025-06-19 at 14.18.02.jpeg
305575021_489423449860897_35481771562383
365626055_697893672359203_3798341232106295039_n.jpg
289627124_437869745011710_8405690850303357096_n.jpg
414474461_779812977493972_2731317494775231884_n.jpg
360157162_763917828863271_4926442861230007361_n.jpg
301963526_491307046333575_4220339095931269264_n.png
420200119_10161581655332603_8341872840245886307_n.jpg
301115582_2022615814592943_5205340550469896770_n (1).jpg
bottom of page