Hoffie-Trots op die Tennisbaan!
- Yolandi Botes

- 2 hours ago
- 1 min read
🎾🌟🎾🌟🎾🌟🎾🌟🎾🌟🎾🌟
Riandy en Mieke gekies vir Noordwes o/13 IPT-span
Laerskool La Hoff is ongelooflik trots op Riandy Booyse en Mieke Kriel, wat hierdie naweek hul talent op die tennisbaan ten toon gestel het tydens die Noordwes Tennis Proewe.

Met vasberadenheid, fokus en uitstekende spel het hulle hul plek losgespeel in die o/13 Noordwes Interprovinsiale Toernooi-span – ’n prestasie wat net die beste van die beste behaal.
🏆 Hierdie span sal La Hoff en die Noordwes provinsie verteenwoordig by die TSA Interprovinsiale Skole Toernooi, wat van 7 tot 11 Januarie 2026 in Bloemfontein plaasvind.
Ons weet julle gaan voortgaan om met trots, deursettingsvermoë en Hoffie-gees te speel. Geniet elke oomblik van hierdie besondere geleentheid – julle verdien dit!
🎉 Baie geluk, Riandy en Mieke! Laerskool La Hoff staan agter julle elke tree van die pad.









Comments