top of page

The Gazette

JACOBUS skryf liedjie vir die meisie wat sy hart vinniger laat klop!

Net ’n jaar nadat hy sy eerste treë in die Afrikaanse musiekbedryf gegee het, is JACOBUS

besig om homself as een van die genre se opwindendste nuwe kunstenaars te vestig. Ná die wegholsukses van “Mila” keer dié talentvolle sanger, liedjieskrywer en opkomende wynmaker nou terug met “Verby Dans” – ’n vars liefdeslied wat beloof om nóg groter te wees.


Foto : Coleske Groep
Foto : Coleske Groep

Foto Krediet : Ben Mienie

JACOBUS het sy debuut in 2025 gemaak met “Gat In Jou Sak”, gevolg deur “Wag Dat Jy Terugkeer”. Hoewel die eerste twee vrystellings hom aan luisteraars bekendgestel het, was dit “Mila” wat sy loopbaan na nuwe hoogtes geneem het.


Dié liedjie het op die dag van vrystelling die nommer-een-posisie op Apple Music se Afrikaanse ranglys ingeneem en is steeds een van die platform se gewildste Afrikaanse liedjies. Daarby het “Mila” ook die nommer 13-posisie op Spotify se Viral 50 – South Africa-ranglys bereik – ’n prestasie wat JACOBUS se groeiende gewildheid bevestig.


Met “Verby Dans” bou hy voort op die moderne popklank waarmee hy reeds ’n sterk indruk gemaak het. “‘Verby Dans’ is geskryf omdat ek ’n oomblik wou vasvang wat ek met iemand baie spesiaal gedeel het,” vertel JACOBUS.


“Dit gaan oor verlief raak ná die eerste dans en alles wat daartoe aanleiding gee.” Volgens hom was dit belangrik om die musikale identiteit wat mense op “Mila” leer ken het, verder uit te bou.


“Ek het baie gehou van ‘Mila’ se sound en ek dink ons wou daarby bly omdat dit vasvang wat ek na die musiekbedryf wil bring.” Die eindresultaat is ’n ligte, aansteeklike popliedjie wat volgens hom gemaak is om mense saam te laat sing.


“Ek hoop mense dans en luister lekker na die liedjie. Hierdie is een om by ’n braai te speel.” Die musiekvideo is by Festa in Wellington verfilm. Hoewel die winterkoue behoorlik sy tande gewys het, sê JACOBUS die ervaring was een wat hy altyd sal onthou.


“Dit was ongelooflik koud, maar die span – met Ben Minnie as videograaf – was fantasties. Dit het die hele dag ongelooflik lekker gemaak. Ek is bitter opgewonde vir die wêreld om hierdie video te sien.” Die video dra ook besondere persoonlike betekenis.


Vir die eerste keer verskyn die vrou wat sy hart gesteel het saam met hom op die skerm. Sy eie meisie vertolk die hoofrol teenoor hom – gepas, aangesien die liedjie juis vir háár geskryf is. “Dit was so spesiaal om daardie ervaring saam met haar te deel.


Sy was ongelooflik in die video. Ons het basies net op ’n date gegaan terwyl ons afgeneem is. Dit was baie natuurlik en baie spesiaal. Hierdie liedjie is vir haar geskryf, so ek is baie bly sy kon ook deel wees van die video. Sy is net die beste.”


Met “Verby Dans” bewys JACOBUS dat die sukses van “Mila” geen toeval was nie. Sy unieke kombinasie van eerlike storievertelling, moderne Afrikaanse pop en opregte emosie maak hom ’n kunstenaar om dop te hou – en as die reaksie op sy vorige vrystelling enigiets is om op te gaan, kan “Verby Dans” heel moontlik sy grootste treffer nóg word. JACOBUS - Verby Dans (Amptelike Musiekvideo)

Volg Jacobus Facebook : Kliek Hier Instagram : Kliek Hier TikTok : Kliek Hier YouTube : Kliek Hier

Our Socials

  • Twitter
  • Youtube
  • Instagram
  • Facebook
  • TikTok

Rights Reserved - The Go-To Guy © ™ (Pty) Ltd 2018 - 2026

Site design and built by Digital Guy

Trademarks Registered CIPC 

Download Our App

google-play-badge-zc_edited_edited_edite

Contact Us: 

guy@thegotoguy.co.za

Mia meent, Unit 5

17a Palmiet Street, Potchefstroom

Proudly Supporting

437534739_949282600536083_5430138278526729757_n.jpg
Copy of Copy of Dark Blue Minimalist Rugby Match Instagram Post (1).png
480508683_613349784788292_687399541913790447_n.jpg

A Few of Our Clients

WhatsApp Image 2024-11-27 at 09.28.30.jpeg
462851564_122176550930146076_5897628943819649802_n.jpg
369731994_707654494713529_3891009674814759362_n.jpg
438173397_853872976759746_4868760365258440028_n.jpg
328944114_494721249527544_808944456258605501_n (1).jpg
464089070_1055669206348560_5104816180158623830_n.jpg
378890902_217177861350232_4639266243132568662_n (1).jpg
360157162_763917828863271_4926442861230007361_n.jpg
326134127_1115296055820979_3465257108086407162_n (1).jpg
WhatsApp Image 2025-06-19 at 14.18.02.jpeg
305575021_489423449860897_35481771562383
365626055_697893672359203_3798341232106295039_n.jpg
289627124_437869745011710_8405690850303357096_n.jpg
574454283_122093287503106135_1417410876318841312_n.jpg
Copy of Copy of Dark Blue Minimalist Rugby Match Instagram Post (2).png
301963526_491307046333575_4220339095931269264_n.png
420200119_10161581655332603_8341872840245886307_n.jpg
301115582_2022615814592943_5205340550469896770_n (1).jpg
bottom of page