Kom ons praat oor kraal, knope en sonlig in Potch
- Amanda Bekker

- Sep 1
- 2 min read
In Potchefstroom is daar hierdie September weer kans om jou kreatiewe kant te wys. Crafter Soul Studio reël twee handwerk-werksessies waar almal welkom is, of jy nou al jare lank met kraletjies peuter of nog nooit ’n knoop aan ’n draad gesit het nie. Dis nie ’n kompetisie nie, net ’n kans om saam te lag, ’n bietjie te leer en iets mooi huis toe te vat.
Sonvanger-plesier
Op 13 September 2025 hou Crafter Soul Studio ’n Sun Catcher Workshop by Romy’s Habby, 44 Buskusstraat, Bailliepark, Potchefstroom. Van 10:00 tot 13:00 kan mense hul eie sonvanger maak, daardie mooi glas- of kristalstukkies wat sonlig vang en dit in klein reënboë verander.
Die koste is R220 per persoon, en alle materiaal word voorsien. Aldi van Crafter Soul Studio gee stap-vir-stap leiding, so niemand hoef bang te wees hulle het nie genoeg “craft skills” nie. Dis basies net om jouself te bring (’n bietjie sonlig en ’n goeie humeur kan natuurlik ook help).

Knope, knope en nog knope
Vir diegene wat hou van kleur en tekstuur, is daar ook die Knope Kuns Workshop op 27 September 2025, ook by Romy’s Habby, dieselfde tyd van 10:00 tot 13:00. Hier kan deelnemers hul eie kunswerk saamstel met ou en nuwe knope. Enige knope van die huis af is welkom, maar daar sal genoeg wees om mee te werk.
Hierdie sessie kos R200 per persoon en gee mense die kans om iets unieks en persoonlik te skep. Daar is nie ’n reg of verkeerd manier om knope te rangskik nie, dit gaan oor speel, probeer en sien wat uitkom.

Hoe om jou plek te bespreek
Beide werksessies word aangebied deur Crafter Soul Studio. Bel of WhatsApp vir Aldi by 083-381-6222 om jou plek te bespreek. Daar is beperkte plekke beskikbaar, so dit werk op ’n first come, first served basis.
Wat albei werksessies gemeen het, is dat dit ’n manier is om ’n paar ure lank weg te breek van die gewone gejaag. Of dit nou die blink lig van ’n sonvanger is of die kleurvolle chaos van knope op ’n bord, daar’s iets lekker ontspannend daarin om met jou hande te werk. En ja, jy stap uit met iets wat jy self gemaak het, wat jy dan met trots by die huis kan ophang of neersit.









Comments