Kreatiwiteit en Genesing Saamgebind in Potchefstroom - 21 Junie
- Amanda Bekker
- 7 days ago
- 2 min read
Op 21 Junie 2025 word die Snowflake-venue in sentraal Potchefstroom weer die tuiste van 'n besonderse byeenkoms, gereël deur Woordkafee.
Hierdie jaar se tema? “Healing through Creativity”, en dis presies wat jy daar gaan kry: 'n kombinasie van kreatiwiteit en geestelike verdieping, sonder die druk of formaliteite.
'n Stilte tussen klei, seep en scrapbooking
Dis nie sommer net nog ‘n kunsmark of kerkbyeenkoms nie. Die dag is ontwerp om mense stil te maak, te laat luister, en te ontdek, in ‘n veilige ruimte waar jy net weer kan “reset”.
Verskillende kreatiewe aktiwiteite sal beskikbaar wees, onder leiding van ervare kreatiwiteits-begeleiers, woordbedienaars en gebedsleiers. Onder die opsies is:
Kleiwerk
Gemengde media op mengmediapapier
Piouter-kuns
Notebook scrapbooking
Seepkerf
Kruise versier met gedroogde blomme
En 'n spesiale sessie getiteld: “Genesing van 'n gefragmenteerde hart”
Dis die soort dag waar jy dalk vuil hande kry, maar met 'n ligter hart huis toe gaan.
Wat’s die damage?
Kaartjies kos R380 per persoon. Dié bedrag sluit 'n ligte middagete in, en koffie is vanaf 08:00 beskikbaar (daar’s ook ’n koffiewinkel oop die hele dag vir daai ekstra bietjie cafeïne of iets soets).
Die geleentheid loop van 08:30 tot 14:00, en daar sal genoeg tyd wees om by verskillende werksessies in te loer, of net in stilte te sit.
Praktiese Info
Datum: 21 Junie 2025
Tyd: 08:30 tot 14:00
Plek: Snowflake, 2 Kockstraat, Potchefstroom
Prys: R380 per persoon
RSVP: Yolande – 079 418 6670 of saguesto@gmail.com
Nie net vir arty types nie
Hierdie is nie net vir mense wat kan teken of 'n scrapbook kan laat lyk soos Pinterest nie. Dis vir almal wat voel hulle moet net weer connect, met hulself, met God, en met ander.
Dis die vyfde keer wat Woordkafee dié dag aanbied, by Snowflake Venue, en soos altyd is dit nie net 'n geleentheid nie, dis ‘n geskenk. ’n Kans om jouself op ‘n ander manier te ervaar. Want ja, ons is gemaak na God se beeld, en Hy is mos skeppend en heel.
Sou jy belangstel in meer van dié tipe geleenthede, of dalk iemand ken wat dit nodig het, stuur hulle gerus aan. Geen filter nodig nie, net opdaag met ‘n oop hart (en dalk 'n voorskoot).

Comments