Kunsuitstalling by Snowflake: Potch kry weer kleur - 19 Junie
- Amanda Bekker

- Jun 17
- 1 min read
Potchefstroom se bekende Snowflake Venue gaan Donderdagaand, 19 Junie, weer bruis van kreatiwiteit en kleur. Dis wanneer die nuwe kunsuitstalling amptelik afskop, en jy’s genooi. Die openingsgeleentheid begin 18:00, en toegang is, ja jy’t reg gelees, gratis.
Wie's op die doek?
Die uitstalling wys studente se werke van Kuns Sirkel en Lydia Agenbag Kunsskool, twee instansies wat nie skaam is om talent op die planke te sit nie. Jy gaan alles sien van hiperrealistiese portrette tot sagte waterverf-interpretasies van ons plaaslewe. Of jy nou 'n vrou in rooi, 'n ou omie met stories in sy plooie, of 'n chicken wat vir niemand bang is nie, soek, dit gaan daar wees.
Die basics
🗓 Datum: Donderdag, 19 Junie 2025
🕕 Tyd: 18:00
📍 Plek: Snowflake Venue, 2 Kockstraat, Potchefstroom, 2531
🎟 Toegang: Mahala
🖼 Uitstalling loop: 19 Junie tot 4 Augustus 2025
Vir wie's dit?
Vir almal wat 'n oog het vir mooi goed, of selfs net 'n glas wyn en ‘n geselsie soek. Dis nie net 'n kunsuitstalling nie, dis 'n community hangout met 'n kreatiewe twist. Potch het baie talent, en dié uitstalling wys dit sommer vir jou reguit.
Daar’s nie baie dinge in die lewe wat gratis is én jou kultuur-spiere oefen nie. Hierdie is een van hulle. Gaan loer in, dalk inspireer dit jou om self weer ‘n kwas op te tel.










Comments