Laerskool La Hoff-Hengelaars Blink Uit op Nasionale Verhoog
- Yolandi Botes

- 2 hours ago
- 1 min read
Laerskool La Hoff bars van trots oor die uitmuntende prestasies van hul hengelaars tydens die Nasionale Hengelkampioenskappe wat in Desember 2025 by Bloemhof plaasgevind het.

Vier van die skool se kranige vissermanne en -vroue, Gary Petler, Gian Petler, Bertie Rautenbach en Ladune Jooste, het hul staal gewys tydens hierdie strawwe kompetisie. Gary Petler was deel van die o/13 B-span wat na drie dae se harde hengel ’n skitterende tweede plek behaal het, hulle was net een punt agter die wenspan van die Vrystaat!
Nasionale Proewe en Keurings
Na afloop van die SA Kampioenskappe het die sukses voortgeduur tydens die Nasionale Proewe. Verskeie Hoffies is gekies om Suid-Afrika op nasionale vlak te verteenwoordig:
Gary Petler: Opgeneem in die o/13 B SAVOFF-span.
Ladune Jooste: Gekies vir die o/13 Jongedames SAVOFF-span.
Gian Petler: Gekies vir die o/10 SA Skole-span.
Meghan Schoeman: Gekies vir die o/13 Jongedames SA Skole-span.
Vooruitsigte vir die SAVOFF-toer
Hierdie uitsonderlike groep leerders berei hulle nou voor vir die volgende groot uitdaging op hul sportkalender. Hulle sal in September 2026 aan die amptelike SAVOFF-toer deelneem. Dit is ’n merkwaardige prestasie om soveel nasionale verteenwoordigers uit een skool te hê, en Laerskool La Hoff wens hulle alle sterkte toe met die voorbereidings vir die toer.









Comments