top of page

The Gazette

Liza Nel vang herinneringe vas met nuwe liedjie ‘Bottel en Bêre’

Ná die suksesvolle uitreikings van “My Bok”, “Rooi” en “Moes Maar Ek Moenie”, keer Liza Nel terug met ’n splinternuwe enkelsnit wat sy sonder huiwering as haar beste werk tot dusver beskryf. “Bottel En Bêre” is ’n nostalgiese, moderne liedjie wat handel oor die verlange om die kosbaarste oomblikke van die lewe vir altyd te bewaar.


Foto : Coleske Group
Foto : Coleske Group

Foto Krediet : Hendri Fourie

Dié liedjie se oorspronklike konsep is deur Emil Paul geskryf, maar Liza het dit oor die jare verder ontwikkel totdat dit uiteindelik die emosionele diepte en klank gekry het waarna sy gesoek het. “Ek het met die idee na Emil Paul toe gegaan en ons het begin skryf, maar die liedjie het nooit regtig lewe gekry nie.


’n Paar jaar later het ek weer daarna teruggekeer, aan die woorde geskaaf en met die melodie gespeel totdat dit vir my reg gevoel het,” vertel Liza. Die inspirasie agter “Bottel En Bêre” lê diep in haar kinderjare. “Toe ek klein was, het my oumagrootjie en oumas alles wat hulle kon ingelê en gebottel sodat dit nie bederf nie.


Ek het nog altyd gewens daar was ’n manier om die mooiste herinneringe ook te kon bottel en bêre – om dit later weer oop te maak, daardie gevoel te ervaar, daardie reuk te ruik en daardie oomblik weer te beleef.”


Hierdie beeld vorm die hart van die liedjie – ’n universele verlange om liefde, geluk en kosbare herinneringe vas te vang voordat tyd dit laat vervaag.


Nóg ’n besondere aspek van die projek is dat Liza vir die eerste keer saam met haar man, Ricus, in die ateljee gewerk het. Hy het die vervaardiging van die liedjie behartig en volgens haar ’n vars, moderne klank geskep wat die nostalgiese lirieke perfek aanvul.


“Ek wou nog altyd gehad het Ricus moet vir my ’n liedjie vervaardig. Dis die grootste voorreg om te kan sê dat hy dit uiteindelik gedoen het. Daar is iets baie spesiaal daaraan om saam met jou man te werk. Ricus het regtig magic gemaak in die ateljee.”


Liza glo die liedjie gaan aanklank vind by luisteraars van alle ouderdomme. “Hierdie is ongetwyfeld my beste liedjie tot dusver. Ek glo mense gaan daarmee kan vereenselwig, want almal wens soms hulle kon ’n spesiale oomblik weer beleef.


Boonop is die melodie ongelooflik aansteeklik.” Die musiekvideo, wat deur Hendri Fourie vervaardig is, bring die emosionele verhaal visueel tot lewe. “Soos altyd was dit ongelooflik lekker om saam met Hendri te werk. Hy is professioneel en laat my altyd op my gemak voel.


Die idee wat ek vir die video in my kop gehad het, het hy perfek laat realiseer.” Volgens Liza onderskei “Bottel En Bêre” haar van haar vorige uitreikings deur die unieke kombinasie van moderne produksie en tydlose nostalgie. “Ek dink wat hierdie liedjie anders maak, is die unieke klank wat Ricus geskep het.


Dit vertel ’n nostalgiese storie, maar op ’n moderne manier. Ek sien ook hoe al hoe meer jong mense weer begin bottel en bêre – of dit nou kos, herinneringe of eenvoudige oomblikke is. Dit voel asof ons almal weer die waarde van daardie klein dinge ontdek.”


Met “Bottel En Bêre” bewys Liza Nel weereens haar vermoë om eerlike stories in musiek te omskep. Dit is ’n liedjie wat luisteraars herinner om die mense, plekke en oomblikke wat werklik saak maak, vas te hou – al is dit net in hul harte.

Liza Nel - Bottel En Bêre (Amptelike Musiekvideo)



Volg Lize Nel YouTube : Kliek Hier Facebook : Kliek Hier

Instagram : Kliek Hier TikTok : Kliek Hier

Comments

Rated 0 out of 5 stars.
No ratings yet

Add a rating

Our Socials

  • Twitter
  • Youtube
  • Instagram
  • Facebook
  • TikTok

Rights Reserved - The Go-To Guy © ™ (Pty) Ltd 2018 - 2026

Site design and built by Digital Guy

Trademarks Registered CIPC 

Download Our App

google-play-badge-zc_edited_edited_edite

Contact Us: 

guy@thegotoguy.co.za

Mia meent, Unit 5

17a Palmiet Street, Potchefstroom

Proudly Supporting

437534739_949282600536083_5430138278526729757_n.jpg
Copy of Copy of Dark Blue Minimalist Rugby Match Instagram Post (1).png
480508683_613349784788292_687399541913790447_n.jpg

A Few of Our Clients

WhatsApp Image 2024-11-27 at 09.28.30.jpeg
462851564_122176550930146076_5897628943819649802_n.jpg
369731994_707654494713529_3891009674814759362_n.jpg
438173397_853872976759746_4868760365258440028_n.jpg
328944114_494721249527544_808944456258605501_n (1).jpg
464089070_1055669206348560_5104816180158623830_n.jpg
378890902_217177861350232_4639266243132568662_n (1).jpg
360157162_763917828863271_4926442861230007361_n.jpg
326134127_1115296055820979_3465257108086407162_n (1).jpg
WhatsApp Image 2025-06-19 at 14.18.02.jpeg
305575021_489423449860897_35481771562383
365626055_697893672359203_3798341232106295039_n.jpg
289627124_437869745011710_8405690850303357096_n.jpg
574454283_122093287503106135_1417410876318841312_n.jpg
Copy of Copy of Dark Blue Minimalist Rugby Match Instagram Post (2).png
301963526_491307046333575_4220339095931269264_n.png
420200119_10161581655332603_8341872840245886307_n.jpg
301115582_2022615814592943_5205340550469896770_n (1).jpg
bottom of page