Lofmark keer terug – Fochville maak reg vir ’n fees van handwerk en koek - 23 Julie - 2 Augustus
- Amanda Bekker
- Jul 16
- 2 min read
Die AGS Kerksaal aan die hoek van Losberg Laan en 9de Straat gaan van 23 Julie tot 2 Augustus 2025 weer bruis van lewe.
Dis daardie tyd van die jaar waar die gemeenskap en uitstallers mekaar ontmoet vir ’n lekker kuier vol kreatiwiteit en koek, ja, daai een van Lofmark se koffiewinkel waarvan almal praat.
Wat is Lofmark nou eintlik?
Lofmark is nie sommer net ’n mark nie, dis ’n bymekaarkomplek waar plaaslike en uit-die-dorp uitstallers (van so 45!) hul handgemaakte en Christelike produkte kom uitstal. Dis die veertiende keer dat die Lofmark aangebied word, en dit het nogal ’n storie, dit het begin in ’n gewone huis en toe stadig maar seker gegroei tot waar dit nou jaarliks die AGS Kerksaal vol maak.
Vir tien dae lank word die saal oorgeneem deur handgemaakte items, kuns, crafts en alles wat ’n mens se huis en hart bietjie mooier maak. Van houtwerk tot geborduurde linne, tuisgemaakte speserye tot geloofsitems, daar’s iets vir almal.
Maar wag, daar’s meer: Die koffiewinkel
Mens kan mos nie heeltyd net inkopies doen nie, daarom is die koffiewinkel een van die groot trekpleisters. Hier word daai once-a-year tipe koeke verkoop wat mens nie sommer weer kry nie. Dié gebak is so gewild, dis amper soos om vir jou gunsteling-tannie se geheime resep ’n happie te kry. En dis nie net lekker nie, dis ’n ervaring op sy eie.
Waar en wanneer?
Venue:
AGS Kerksaal, h/v Losberg Laan & 9de Straat, Fochville
Datum:
23 Julie – 2 Augustus 2025
Toegang:
Dis gratis, so jy’t geen verskoning nie. Bring die kinders, die oumas, en selfs die bure.
Ure:
Maandag tot Vrydag: 9h00 – 17h30
Saterdag: 8h30 – 14h00
Sondae: Gesluit (selfs die koek bakker moet rus)
Hou Lofmark se blad dop
Dis altyd ’n goeie idee om hul Facebook-blad dop te hou vir updates oor nuwe produkte, spesiale aanbiedinge of daai dag waarop die sjokolade-karamel koek uit die oond kom. Jy wil nie daardie een misloop nie.
Lofmark is ’n kans om jou dorp se mense te ondersteun, nuwe goed te ontdek, en dalk bietjie te veel koek te eet, maar dis okay, dis net een keer ’n jaar.

Comments