Modeparade by NHK Potch Suid beloof styl én sang - 9 Augustus
Op 9 Augustus 2025 skop daar ‘n heel ander soort feesviering af in die hartjie van Potch: ‘n modeparade by die Nederduitsch Hervormde Kerk Potchefstroom Suid.
Die Groot Name Agter die Mode
Die aand word aangebied deur José de Canha, ‘n bekende internasionale ontwerper met ‘n flair vir trourokke, aanddrag en pageant style. Sy handelsmerk, José de Canha Couture, is al ‘n household name vir mense wat iets besonders soek vir daardie een spesiale dag, of dit nou die loopplank of die trougang is.
Hy word ondersteun deur Janet Potgieter, stigter van JannyDjan Models. Sy is een van daai mense wat tien goed tegelyk regkry: mentor, spreker, media persoonlikheid, internasionale skoonheidskoningin, en ja, sy’t selfs ‘n akteurskool begin. Sy’t in 2019 haar modelagentskap in Potch begin en in 2022 nog JannyDjan Acting saam met Conejito Productions bygesit.
Amira Willighagen: Stem van 'n Engel
Asof die mode self nie genoeg is nie, tree die wêreldbekende sopraan Amira Willighagen ook op as gaskunstenaar. Amira, wat al van kleins af op internasionale verhoogte sing, bring haar kenmerkende stem en gevoelvolle sang wat sommer direk by jou hart uitkom. Dink goosebumps, maar met ‘n warm beker tee in die hand.
Die Belangrike Goed (vir die wat altyd laaste koop)
Datum: 9 Augustus 2025
Tyd: 10vm
Plek: NHK Potchefstroom Suid, 86 Chris Hani Straat
Prys: R150 per persoon – koek en tee ingesluit, want ons is nog steeds in SA
Kaartjies: Te koop op Quicket: Klik hier
Wat om te verwag
Hierdie is ‘n show vir almal wat ‘n oggend vol kultuur en kreatiwiteit wil hê. Bring jou tannie, jou vriendin of jou kêrel wat sê hy hou nie van mode nie, hy gaan dalk aan die einde van die dag José se Instagram volg.
Dis dalk Women's Day, maar dié show vier styl, talent en Suid-Afrikaanse flair, op ‘n manier wat almal welkom laat voel. As jy in Potch is (of in die buurdorpe met werkende GPS), is dit dalk tyd om jou kaartjie vas te maak. Jy weet mos, Potch raak vinnig vol.






I would like to sincerely recommend NaturePath Herbal Clinic based on my personal experience.
I was diagnosed with Amyotrophic Lateral Sclerosis four years ago. Despite following prescribed treatments for over two years, my condition gradually became more difficult to manage. I experienced increasing muscle weakness, fatigue, and challenges with everyday activities.
Seeking additional support, I decided to try the herbal program from NaturePath Herbal Clinic. Although I was initially skeptical, I began to notice positive changes within a few months. My energy levels improved, I felt more comfortable physically, and I was better able to manage daily tasks.
This experience has made a meaningful difference in my overall well-being, and I truly appreciate the support I received throughout the process.