Moedersdag Ete by Die Pienk Huis bring hart en humor saam op een bord - 11 May
- Amanda Bekker
- May 6
- 2 min read
Die Pienk Huis trek weer die harte (en magies) van Potchefstroomers
Moedersdag is om die draai, en Die Pienk Huis het weer gesorg vir 'n plan wat meer as net blomme en 'n "ek-het-jou-laaste-minuut-by-Pick-n-Pay-raakgeloop" geskenk behels. Hierdie jaar se Moedersdag ete vind plaas op Sondag, 11 Mei 2025, om 12:00 vir 12:30 by 190 Peter Mokaba Straat, en dis belowe om 'n ware feast te wees, sonder dat Ma haar hande in die kombuis hoef vuil te maak.
Met kaartjies teen R395 per volwassene en R180 vir kinders onder 12, is dit dalk een van die min kere wat jy 'n driegang maaltyd kan kry sonder dat jy self iets hoef af te was.
Wat’s op die menu?
Hier is waar dinge regtig interessant raak. Die spyskaart lees soos Ma se droom, trooskos op ‘n ander vlak.
Voorgereg:
Biltongsop
Broccoli, cheddar en bacon sop met vars ciabatta en kruie botter
(Let's be honest, wie sê nee vir biltongsop?)
Hoofgereg:
Beesstertbredie met rooiwyn
Romerige hoender porsies met sondroog tamatie en roosmaryn
Gammon met soet mosterd
En dis nie al nie, daar’s 'n ry kantgeregte wat klink soos ouma se resepteboek in buffet-formaat:
Paatarol
Pampoenkoekies met karamelsous
Groenteskottel met kaassous
Groenboontjies en aartappel
Spinasie en feta quiche
Pilaf rys
Baba aartappels met parmesaan en knoffel
Nagereg:
Dis die tipe finale klap waar Ma seker twee keer gaan skep:
Kaaskoek
Lemon meringue
Wortelkoek
Sjokolade poeding
Pavlova met vars vrugte en room
Dis letterlik ‘n poeding tafel. Ja, hulle’t nie net een nagereg gekies nie, hulle’t sommer almal gedoen.
Praktiese goed: hoe kry jy jou plek?
Bespreek sommer vinnig via WhatsApp: 081-344-1822
‘n Fees sonder fuss
Die Pienk Huis se motto is duidelik: “Ons hekkie staan oop, julle kan net opdaag.” Maar vir Moedersdag is dit slim om tog te bespreek, Ma’s hou nie van teleurstelling nie.
Hierdie geleentheid is nie net ‘n ete nie. Dis 'n kans om die belangrikste vrou in jou lewe te bederf met iets besonders, sonder dat jy hoef aan te brand of Google vir 'n resep hoef te vra. En met ‘n plek soos Die Pienk Huis wat self die bordjies opdis, is al wat jy moet bring ‘n goeie humeur en dalk ‘n ekstra broeksknoop.
En dis dit, Moedersdag 2025 in Potch. Jy bring die Ma, Die Pienk Huis bring die magic.

Comments