NG Welsyn Skop Los met Skuurskoffel op Lekwena - 12 September
- Amanda Bekker

- Jul 31
- 2 min read
Updated: Sep 4
Op Vrydag, 12 September 2025, gaan daar gedans word dat die stof staan, op die dansvloer by Lekwena Wildlife Estate, net buite Potchefstroom. Dis tyd vir die Skuurskoffel, 'n fondsinsamelingsaand ten bate van NG Welsyn, en dis beslis nie 'n event wat jy wil mis nie.
Wat om te verwag
Die tema is eenvoudig: vat die dorp, plaas toe. Met musiek, sokkie, kos en ‘n kontantkroeg, is dit basies alles wat jy nodig het vir ‘n goeie Vrydagaand. Die hek maak oop 18:30, en kaartjies is net R120 per persoon. Kinders tussen 2 en 12 jaar oud betaal net R50, en tieners tussen 14 - 18 R60 en daar’s sommer ‘n speelarea ook.
En vir die honger maag? Daar’s kos beskikbaar teen R40 tot R60, en ietsie vir die dors. Net ‘n friendly reminder: dis ‘n kontantkroeg, so bring daai kontant saam, of sorg dat jy ‘n buddy het met kontant, en jy’s sorted.
Diens van NG Welsyn
NG Welsyn is nie net nog ’n organisasie nie. Dis ‘n geregistreerde niewinsgewende maatskappy van die Nederduitse Gereformeerde Kerk, wat welsynsdienste in Noordwes en dele van Gauteng lewer. Hulle werk sluit in kindersorg, gesinsondersteuning en versorging van ouer persone.
Met die Skuurskoffel hoop hulle om ekstra fondse in te samel om hierdie dienste aan die gang te hou, en natuurlik, om mense op die dansvloer te kry.
Waar, wanneer, hoeveel?
Datum: 12 September 2025
Tyd: 18:30
Plek: Lekwena Wildlife Estate, Potchefstroom
Adres: N12, Potchefstroom, 2531
Kaartjies:
R120 per volwassene
R50 per kind (2–12 jaar)
WhatsApp: 083-631-4253 vir besprekings
Beperkte kaartjies beskikbaar – eerste kom, eerste dans.
So, as jy hou van goeie musiek, ‘n bietjie langarm en wil weet wat om met ‘n Vrydagaand te doen, dis waar jy moet wees. Vellies? Check. Sokkies? Klaar aan. See you op die dansvloer!










Comments