Nuwe wiele vir Gimmies-rugby
- Yolandi Botes

- Nov 13, 2025
- 1 min read
🚙 💥🚙 💥🚙 💥🚙 💥🚙 💥
Laerskole en jong rugbytalente van 2026, maak gereed om verras te word! Potchefstroom Gimnasium is trots om aan te kondig dat ons Rugby-Direkteur, Mnr. Regardt Kleingeld, binnekort in styl by skole regoor die streek gaan opdaag in ’n nuwe, moderne spog-bakkie.

Hierdie indrukwekkende voertuig is nie net ’n praktiese hulpmiddel vir die skool se sportontwikkeling nie, maar ’n simbool van die vennootskap en vertroue tussen Potchefstroom Gimnasium en Eastvaal Multi. Die bakkie sal Mnr. Kleingeld help om skole meer gereeld te besoek, jong talent op te spoor, en ’n positiewe impak te maak op toekomstige Gimmie-rugbyspelers.
Eastvaal Multi se bydrae is ’n bevestiging van hulle verbintenis tot die bevordering van sport op skoolvlak. Sonder vennote soos hulle sou hierdie tipe ondersteuning aan ons jeug nie moontlik wees nie.
Ons bedank Eastvaal Multi vir hul getroue ondersteuning en visie vir sportontwikkeling, en sien uit na ’n kragtige 2026 met nog meer geleenthede en groei.
📍 Hou jou oë oop, Mnr. Kleingeld en sy spog-bakkie mag dalk volgende by jou skool opdaag!
🚙 💥🚙 💥🚙 💥🚙 💥🚙 💥









Comments