Ons is 'n Amptelike Media Vennoot van Aardklop 2026 đźŽ
- The Go-To Guy Quintin

- May 6
- 2 min read
Ons is vereer om aan te kondig dat ons 'n amptelike Media Vennoot van Momentum Aardklop 2026Â is. Dit is vir ons 'n besondere voorreg om deel te wees van een van Suid-Afrika se mees geliefde kunstefeeste, en ons kan nie wag om hierdie reis saam met julle te deel nie.
Momentum Aardklop 2026Â vind plaas van 29 September tot 4 Oktober 2026 (Feesterrein tot 3 Oktober 2026)Â in die hart van Potchefstroom en ons sal reg daar wees om dit alles vir julle te wys.

Wat Kan Jy Hier Verwag?
Ons Aardklop-kategorie sal die volgende dek:
📢 Nuus & Aankondigings
Sodra nuwe inligting oor Aardklop 2026 vrygestel word soos kunstenaar aankondigings, program-byvoegsels, kaartjiebeskikbaarheid en feesnuus, sal jy dit hier eerste lees. Ons hou jou op hoogte, elke stap van die pad.
🎬 Program & Skedule
Die volledige program vir Aardklop 2026 is nog nie vrygestel nie, maar sodra dit bekend is, sal ons dit hier met jou deel. Van teater en musiek tot komedie, ons dek die hele fees.
🎤 Kunstenaarsprofile & Uitvoerders
Wie tree op? Wie moet jy beslis gaan sien? Ons deel joernalist onderhoude en bekendstellings van die kunstenaars wat Aardklop 2026 sĂł spesiaal gaan maak.
🎥 Agter die Skerms
Ons neem jou saam agter die skerms van fees beplanning en verhoogopstelling tot die stil oomblikke voor die verleegte ligte aanflik. Die stories wat jy nie elders sal kry nie.
📸 Foto's & Video's
Beelde sĂŞ meer as duisend woorde. Ons sal foto's en video's van die fees deel, van die groot konserte tot die klein, spesiale oomblikke wat Aardklop so uniek maak.
🗺️ Praktiese Fees Inligting
Beplan jy 'n besoek aan Potchefstroom vir die fees? Ons sal praktiese inligting deel oor parkering, verblyf, kaartjies, en alles wat jy moet weet om jou fees-ervaring onvergeetlik te maak.
Moenie 'n Oomblik Mis Nie
Die program en kunstenaarslys word in die komende maande bekend gestel, en ons sal elke aankondiging reg hier met jou deel.
Volg ons bladsy. Boekmerk ons Aardklop-kategorie en Skakel in.
Want hierdie fees gaan een wees om te onthou en ons sal sorg dat jy elke oomblik beleef, waar jy ook al is.
Soos't moet wees. đźŽ

Comments