Potch Dienssentrum se Welwees Basaar bring kos en kuier onder een dak - 19 Augustus
- Amanda Bekker
- Aug 15
- 1 min read
Die Potchefstroom Dienssentrum hou op Dinsdag 19 Augustus 2025 hul jaarlikse Welwees Basaar by 90 Chris Hani Straat, Potchefstroom. Die deure is oop van 09:00 tot 13:00 en toegang is gratis.
Wat’s op die spyskaart
Vir die honger mae is daar ’n paar bekende gunstelinge:
Pannekoek teen R6 elk.
Kerrie en rys teen R45 per porsie.
Basaartipe poeding vir R20 – vir die wat nie sonder iets soets kan klaarmaak nie.
Meer as net kos
Behalwe vir eet en drink, gaan daar ook ’n verskeidenheid uitstallers wees. Dis die tipe stalletjies waar ’n mens gewoonlik langer staan as wat jy beplan het, want iemand het altyd iets snaaks of slim om te wys.
Verder is daar ’n gratis gesondheidstoets beskikbaar, vir die wat wil weet hoe hulle bloeddruk staan ná die derde pannekoek.
Die sentrum nooi almal uit om in te loer, ’n bietjie te eet, en miskien nog iets nuuts te leer by die uitstallers.

Comments