Potch Geesfees 2025: Feesviering met 'n Hart vir die Gemeenskap
- Amanda Bekker

- Jul 29
- 2 min read
Die Potch Geesfees kom weer Potchefstroom toe, dié keer met die tema “Ploeg terug!” Dié fees, wat op 29 en 30 Augustus 2025 by Lekwena buite die dorp plaasvind, is al vir vier jaar ’n stewige deel van die dorp se kalender. Maar dit gaan nie net oor musiek en kos nie, die fees het ’n sterk gemeenskapsfokus. In 2024 is daar R120 000 aan die Potchefstroom Sakekamer geskenk vir projekte wat die dorp mooier maak.
Besighede word genooi om saam te ploeg
In 2025 is daar weer verskeie maniere vir besighede om betrokke te raak, en dit gaan nie net oor advertensies nie. Dit gaan oor betrokkenheid en investering in Potch se mense. Hier’s hoe jy kan inspring:
1. Losie Donateurs – R10 000 elk
Besighede kan een van slegs 20 eksklusiewe losies bekom. Hierdie losies gee jou nie net 12 kaartjies, VIP-toegang en privaat kroeggeriewe nie, maar ook sigbaarheid deur bemarkingsmateriaal op die terrein en op die groot skerm. Daar is ook 'n lekker bonus, afslag op “The Go-To-Guy” se bemarkingspakkette.
Kunstenaars, Sangkompetisie en Wyn
2. Borg ‘n Kunstenaar – R25 000 tot R50 000
Hier kry jou besigheid kans om jou naam te koppel aan ’n spesifieke kunstenaar. Jou logo verskyn op sosiale media, op die fees se webblad en op die verhoog. Besighede kry ook ’n onderhoud met The Go-To-Guy, en tot 20 kaartjies vir die naweek. Sommige kunstenaars is al geboek, maar daar is nog ’n paar beskikbaar.
3. Sangkompetisie Naamborg – R30 000
Inskrywings vir hierdie plaaslike talentkompetisie is oop van 14 tot 28 Julie 2025. Die Top 8 gaan op 30 Augustus live optree en ’n wenner word gekies. Die naamborg kry onder meer groot sosiale media blootstelling, logo-plasing, bemarking rondom die verhoog en toegang tot 40 kaartjies. Dis ’n lekker platform om jou besigheid met plaaslike talent te koppel.
4. Wynroete Verhoog Naamborg – R20 000
Die wynroete was ’n groot treffer in 2024, en keer terug in 2025. Die verhoog bied ligte musiek en wynproe, perfek vir ’n meer ontspanne feeservaring. Die borg kry sy naam gekoppel aan die verhoog en word prominent vertoon op skerms, sosiale media, en op die terrein. Die pakket sluit ook kaartjies vir gaste in.
Vir BBP’s en Verblyfvennote
5. BBP-Area Borg – R35 000
Hierdie premium-ruimte is vir kunstenaars, gemeenskapsleiers en VIP’s. As borg kry jy uitgebreide sigbaarheid, toegang tot 10 BBP-kaartjies, en kan jy met invloedryke mense netwerk. Dit sluit ook jou logo op bemarkingsmateriaal en toegang tot ’n privaat kroeg in.
6. Verblyfborg
Kunstenaars het verblyf nodig, en as jy ’n gastehuis of hotel het, kan jy jou plek beskikbaar stel. In ruil daarvoor kry jy promosie op sosiale media, die fees se webtuiste en op die grootskerm.
Weggeepryse en Koopbewyse
En laastens, daar is ook geleenthede vir besighede om pryse of koopbewyse te skenk. Hierdie pryse word deur kompetisies aan feesgangers uitgedeel, wat weer goeie bemarking vir jou besigheid beteken.
Kontak en Inligting
Vir meer inligting of om betrokke te raak, kan jy vir Elbé Visagie kontak by 082-555-5766 of elbe@iemarketing.co.za.
Potch Geesfees is nie net ’n fees nie, dis ’n manier om regtig iets terug te ploeg in die dorp. Hier’s ’n kans om ’n verskil te maak, mense te ontmoet, en sommer ook ’n lekker tyd te hê.








Comments