top of page

The Gazette

Potch Geesfees 2025 nooi plaaslike besighede om terug te ploeg

‘n Fees vir die gemeenskap, deur die gemeenskap


Die Potch Geesfees is weer op pad en beloof om van 29 tot 30 Augustus 2025 by Lekwena net buite Potchefstroom, 'n fees te wees wat nie net vermaak bring nie, maar werklik ‘n verskil maak in die dorp. Hierdie sal die vierde jaar wees wat die fees aangebied word, en volgens die organiseerders bou dit elke jaar sterker bande tussen plaaslike besighede, inwoners en gemeenskapsprojekte.


Terugploeg in plaas van net feesvier

In 2024 het die fees R120 000 aan die Potchefstroom Sakekamer geskenk as deel van die “Verfraai ons dorp”-tema. Dié fondse is gebruik vir verskeie projekte om die dorp visueel en funksioneel te verbeter. Vanjaar is die tema “Ploeg terug!”, met ‘n duidelike fokus op plaaslike betrokkenheid en investering.


Die fees word nie net gesien as ‘n vermaaklikheidsgeleentheid nie, maar as ‘n platform waar Potchefstroom se mense en besighede saamstaan om die dorp ‘n beter plek te maak. As bewys hiervan is die Potch Geesfees ook aangewys as die #ProPotch Ondersteuner van die Jaar tydens die Potchefstroom Sakekamer se jaarvergadering.


Losie Donateurs: ‘n geleentheid om jou merk te wys én te gee

Plaaslike ondernemings kry weer die kans om as Losie Donateurs op te tree. Vir R10 000 kry ‘n besigheid toegang tot ‘n losie (3m x 6m, waarvan 3m x 3m onder ‘n gazebo is) waar hulle hul handelsmerk kan wys en kliënte kan onthaal.

Insluitings by die losie:

  • 12 naweekkaartjies vir volwassenes

  • Privaat kroeg met kelners vir losiegebruikers

  • Tafel en bankies binne die losiespasie

  • Reg om bemarkingsmateriaal te vertoon (tot 6 “teardrop” vlae)

  • Genoem as Donateur op sosiale media en groot skerms tydens die feesprogram



‘n Bonus vir donateurs: bemarkingshulp van The Go-To Guy

Losiedonateurs kry ook eksklusiewe afslag op bemarkingspakkette van The Go-To Guy, met afslag van tot 20% per maand vir ‘n jaar op hul “Growth” en “Premium” pakkette. Besighede wat net ‘n bemarkingsvideo soek, kan dit kry teen R1600 (ook met 20% afslag)


Borgskap en deelname: maklik en reguit

Daar is net 20 losies beskikbaar, en besighede wat belangstel kan hul borgskapvorm invul en terugstuur aan die koördineerder, Elbé Visagie. Sy is bereikbaar by 082-555-5766 of elbe@iemarketing.co.za


Die Potch Geesfees is nie net ‘n fees nie, dis ‘n beweging. Een waar vermaak, samehorigheid en gemeenskapsontwikkeling hand aan hand loop. Vir besighede wat glo in Potchefstroom en iets wil terugploeg, is dié losie-geleentheid ‘n regte investering.


ree

Comments

Rated 0 out of 5 stars.
No ratings yet

Add a rating

Our Socials

  • Twitter
  • Youtube
  • Instagram
  • Facebook
  • TikTok

Rights Reserved - The Go-To Guy © ™ (Pty) Ltd 2018 - 2024

Site design and built by Digital Guy

Trademarks Registered CIPC 

Download Our App

google-play-badge-zc_edited_edited_edite

Contact Us: theguy@thegotoguy.co.za

Mia meent, Unit 5

17a Palmiet Street, Potchefstroom

A Few of Our Clients

WhatsApp Image 2024-11-27 at 09.28.30.jpeg
WhatsApp Image 2024-07-19 at 12.28.51.jpeg
369731994_707654494713529_3891009674814759362_n.jpg
438173397_853872976759746_4868760365258440028_n.jpg
328944114_494721249527544_808944456258605501_n (1).jpg
464089070_1055669206348560_5104816180158623830_n.jpg
378890902_217177861350232_4639266243132568662_n (1).jpg
Untitled design (23).png
326134127_1115296055820979_3465257108086407162_n (1).jpg
WhatsApp Image 2025-06-19 at 14.18.02.jpeg
305575021_489423449860897_35481771562383
365626055_697893672359203_3798341232106295039_n.jpg
289627124_437869745011710_8405690850303357096_n.jpg
414474461_779812977493972_2731317494775231884_n.jpg
360157162_763917828863271_4926442861230007361_n.jpg
301963526_491307046333575_4220339095931269264_n.png
420200119_10161581655332603_8341872840245886307_n.jpg
301115582_2022615814592943_5205340550469896770_n (1).jpg
bottom of page