Potch Geesfees 2025 – Ploeg Saam vir Pret en Musiek
- Amanda Bekker
- Aug 12
- 2 min read
Die Potch Geesfees is weer terug in 2025 en dis weer by Lekwena Privaat Wildreservaat net buite Potchefstroom. Op 29 en 30 Augustus gaan dit twee dae wees van musiek, kos, kuier en aktiwiteite vir die hele gesin.
Wanneer en Waar
Datums: 29 – 30 Augustus 2025
Plek: Lekwena Privaat Wildreservaat, Potchefstroom
Die 𝙋 𝙍 𝙊 𝙂 𝙍 𝘼 𝙈 is beskikbaar!📬
Vrydag – 29 Augustus
14:00 – Hekke maak oop
16:30 – Janine Oelofse
17:30 – Leah
18:45 – Ivan Roux
20:00 – Juanita du Plessis
Saterdag – 30 Augustus
09:00 – Hekke maak oop
10:00 – Plaaslike sangers
12:00 – ATKV Sangkompetisie
14:15 – Stephan Fourie & wenner aankondiging
15:00 – Oppi Stoep Dansorkes
16:15 – JP Dix
17:30 – Deon Groot
18:45 – Ruhan du Toit
20:00 – Bok van Blerk
Wat gaan aan behalwe musiek?
Hier gaan dit nie net oor die groot name op die verhoog nie. Daar’s heelwat om te doen tussen optredes:
Produkte stalletjies en kosstalletjies vir wanneer jy iets wil eet of koop.
Boogskiet en gesigverf – ja, selfs vir grootmense wat dink hulle’s te oud.
Koöperasie Kuier Tuin – vir die wat net ’n lekker sitplek soek met ’n koue iets in die hand.
Wynproe vir die wynliefhebbers.
Plaaslike sangers en natuurlik die ATKV sangkompetisie.
Kaartjies en pryse
Tickets is beskikbaar via Tixsa.
Vrydag: Volwasse – R80 | Kinders (6–18) – R40
Saterdag: Volwasse – R120 | Kinders – R60
Naweekpakket: Volwasse – R185 | Kinders – R65
As iemand Potchefstroom ken, weet hy mos, die mense hier kuier nie halfpad nie. So as jy lus is vir twee dae vol musiek, kos, en ’n klomp dinge wat jy waarskynlik nie elke dag doen nie, is Geesfees 2025 waar jy gaan wees. Pak jou kampstoel, trek jou vellies aan en kom kuier soos net Potch kan.

Comments