Potch Geesfees 2025: Slegs 'n paar losies en stalletjies nog beskikbaar
- Johané

- Aug 14
- 1 min read
Updated: Aug 15
Soos Bok van Blerk sing “En of jy hier is vir die gees, of hier is vir trofees”, is daar by vanjaar se Potch Geesfees soveel meer as net gees, veral vir uitstallers en besighede (of individue) wie ‘n losie ‘koop’.

Groot name vir ‘n groot jol
Oor bietjie meer as twee weke betree van Afrikaans se grootste name die verhoog by Lekwena Wildreservaat vir die jaarlikse Potch Geesfees. Van dié name sluit in Ivan Roux, Leah en plaaslike talent, Janine Oelofse om slegs ‘n paar te noem. Daar gaan ook stalletjies wees om van te kies en keur, asook losies om die naweek daar te spandeer.
Wikkel, spasie is beperk!
Alhoewel daar alreeds ‘n hele paar uitstallers is, is daar net nog tien stalletjies beskikbaar vir die hele naweek. Daar is ook slegs tien losies beskikbaar vir diegene wie ‘n bietjie privaatheid en eksklusiwiteit soek.
Bespreek jou stalletjie of losie
Indien jy of jou besigheid belangstel om óf uit te stal óf ‘n losie te ‘koop’ die naweek van 29 & 30 Augustus, kom gerus in kontak met die Potch Geesfees span.
Elbé: +27 82 555 5766
Leanie: +27 82 570 2910
E-pos: geesfeespotch@gmail.com
Ons hoop julle is reg vir ‘n gróót jol by Lekwena! Sien julle die naweek van 29 & 30 Augustus; onthou om julle skoffel-skoene aan te trek.

____________________________
Johané van Dyk - Potchefstroom









Comments